Musgrave Mod 90 Mini kolf

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 929
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Musgrave Mod 90 Mini kolf

Post by Philip J »

Hallo almal

Net n vinnige vragie vir die manne wat dié tipe van goed ken.

Watter "aftermarket" kolf, het min of meer dieselfde "inletting" as die Musgrave Mod 90 Mini aksie?

Die rede vir my vraag, is omdat ek net vandag weer gesien het hoe maklik n geweerkolf krappies en merkies op kry as dinge begin rof raak tydens oeswerk.

Nou sê daai stemmetjie in my agterkop vir my dat ek dalk 'n werks kolf op my geweer moet sit en die mooi houtkolf bêre. Iets soos een van die baie Howa Hogue SA kolwe wat met gereelde ritme te koop aangebied word. Alhoewel, dit sal seker n mini aksie kolf moet wees nê?
Ek wil nie duisende rande spandeer op n jammerkry kolf nie. Ek soek n kolf wat maar kan krap en stamp sonder dat dit elke keer voel of ek self die krap en stamp kry.

Is daar dalk iemand wat weet of mens bg sal kan maak werk? Of krap ek nou weer waar dit nie jeuk nie?

Ek sal enige en alle raad en advies waardeer.
Groetnis
Philip
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Musgrave Mod 90 Mini kolf

Post by Jake1 »

Ek sit met selfde probleem met cz m8ni aksie kolf, een krappie of duikie bederf my hele dag
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply