Watter Windbuks?
-
Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
Watter Windbuks?
More Almal,
Ek sit met n bietjie van n tameletjie. My kleinseuns 4,5en 6 vra aanmekaar "Oupa, wanneer gaan ons ook kan skiet?"
Ek het besluit op n windbuks, want ek wil nie he hulle moet n vrees vir skiet ontwikkel nie. Hulle moet dit regtig opwindend en lekker vind en graag daarna weer wil skiet.
My probleem is dat ek laas in die 1960's met n windbuks te doen gehad het. Dit was n Gecado 25 en ek weet nie eens meer wat sy uiteinde was nie.
Watter windbuks sal julle aanbeveel wat nie te duur is nie en darem n balon op 15m kan raak skiet?
Ek is seker daar is heelwat lede wat in dieselfde bootjie was en my goeie raad kan gee.
Groete Bennie

9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Watter Windbuks?
Gamo en Hatsan is van die gewildste "springers" wat ek sou voorstel vir sulke jong manne. PCP windbukse is baie meer gevorderd en 'n basiese veer of "gas ram" windbuks dink ek sou beter werk. Slaan Google en kyk wat is alles beskikbaar.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Watter Windbuks?
Die seuns raak vinnig groot, ek sal kyk na n .22 of 223. Koop sommer al drie dan is jy die beste oupa in die wêreld. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Ammion
- Hero Member

- Posts: 571
- Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am
Re: Watter Windbuks?
Weihrauch HW30S of Weihrauch HW50S
- Ammion
- Hero Member

- Posts: 571
- Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am
Re: Watter Windbuks?
Walther LGV
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 611
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Watter Windbuks?
Vind uit wie in jou omgewing werk aan windbukse en aan wat se soort en vervaardiger. Kry dan die 1 wat gediens/herstel kan word deur die plaaslike persoon
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: Watter Windbuks?
Hierdie is die windbukse waar mens eintlik moet begin koop. Hulle het hout kolwe, skiet akkuraat en is met duitse ingenieurswese aan mekaar gesit.Ammion wrote:Weihrauch HW30S of Weihrauch HW50S
Hulle gee nie voor om die spoed of daai spoed te skiet en is meer gefokus op konstante spoed, skoot vir skoot, wat meen akkuraatheid kom bo barbaarsheid.
Hulle het van die lekkerste snellers wat ek al gevoel het...of ek is maar net oor jare se gebruik verlief gemaak
Hulle kos nuut R5000-R6000 maar kan opgetel word vir tussen R2500-R3500 as u geduldig op die internet kyk.
HW30 is bietjie skaars op die oomblik en ek self soek een vir sus se kind. Hy is bietjie kleiner as die HW50 en hy sal kinders beter pas maar ek glo die HW50 is klein genoeg vir 'n seun van 8-10 om heel dag mee te loop.
Ons het al lang gesprekke gehad oor PCP windbukse maar ek self voel 'n kind leer nie skiet met so wapen...of n teleskoop. Dit kom eers later. Sy fondamente moet op 'n knaknek windbuks met oopvisiere gebou word.
Groete
U
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Watter Windbuks?
Luister na wat Ammion se
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Watter Windbuks?
Ek moet eintlik ook een kry en stem 100% saam met die keuse!Ammion wrote:Weihrauch HW30S of Weihrauch HW50S
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Watter Windbuks?
Ja, jong. Dis mos nou maar een van die nadele van in die 3de wereld bly. Dis ook waarom ek 'n Glock gekoop het eerder as 'n CZ. Want ek het geweet ek sou nie hoef te sukkel met parte en herstelwerk nie. Maar dit moet nou nie in daai afgesaagde argument ontaard nie, ek is heel gelukkig met die ding.Klein Chris wrote:Vind uit wie in jou omgewing werk aan windbukse en aan wat se soort en vervaardiger. Kry dan die 1 wat gediens/herstel kan word deur die plaaslike persoon
Of so iets
-
johannvdg
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am
Re: Watter Windbuks?
Goeie advies, behalwe dat die 50 dalk te groot gaan wees vir die manneties, my seun was maar 'n lang skraal laaitjie, en ek het vir hom die HW25L gekry op 5 jarige ouderdom, en noudat hy hom uitgeroei het, sal sy sesjarige sussie hom oorvat.Ammion wrote:Weihrauch HW30S of Weihrauch HW50S
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Watter Windbuks?
Ek sal vir jou so se: Die windbuks waarmee ek nog die beste kon skiet was so klein Dianatjie gewees. Ek het op 10 meter bossies raakgeskiet wat dunner as die pellet was. Ek het nou die dag na meer as 25 jaar weer een in die hand gehad en hy skiet nog net so lekker sag en raak. Dis nou wel 'n kleinerigie geweertjie en hy lyk ook nie juis fancy nie. Maar hy skiet 'n nathou.
Of so iets
-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: Watter Windbuks?
Die Weirauch HW 35 het ek. Wat baie oulik van hom is, is die "locking device" wat maak dat die loop in posisie bly en nie rond beweeg nie, dus skiet hy bitter akkuraat met n teleskoop op. Dan ook n outomatiese veilgheidsknip wat veroorsaak dat jy met elke skoot dit eers moet druk voor die skoot sal afgaan.
Een groot voordeel van die Weirauch is dat jy geen plastiekvisier het nie, alles is yster en dit hou ek baie van.
Een groot voordeel van die Weirauch is dat jy geen plastiekvisier het nie, alles is yster en dit hou ek baie van.
Groete, Willie
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Re: Watter Windbuks?
StemAmmion wrote:Weihrauch HW30S of Weihrauch HW50S
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
-
Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
Re: Watter Windbuks?
Hallo Almal,
Baie dankie vir julle insette. Ek het nou heelwat informasie wat my kan help met my besluit.
Groete Bennie
Baie dankie vir julle insette. Ek het nou heelwat informasie wat my kan help met my besluit.
Groete Bennie
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: Watter Windbuks?
Harambe het net so lekker idee. In die dae toe ons nog bacon kon kry vir R4 was daar net twee name wat my gepla het. Diana en BSA.
My ouers het daai tyd 'n gelukkie gevang en daar het bietjie geld gekom vir iets wat ek wou he. Dit was toe dat ek my eerste geweer gekry het.
Die kooperasie hier in Oudtshoorn het twee wapens in ons prysklas gehad en altwee was net die beste. Ek het op die ou einde maar die goedkoper een gekry wat n BSA meteor was maar die Diana was van dieselfde kwaliteit met mooier kolf en beter visiere. Daar was eenvoudig niks om oor te kla met enige van daai twee.
As hulle nogsteeds so mooi is soos daai tyd sal ek enige tyd weer een neem.
Harambe my kunsie was om suurlemone op die stronk te skiet van 10 meter.

BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Watter Windbuks?
Middag oom. Ek het so drie jaar terug 'n Crosman phantom persent gekry. Baie lekker geweer, lig en hy skiet noggal vinnig. Ek het al alles van 'n mossie tot 'n haas met hom geskiet. Hy is ook die mees akkuraatste windbuks (springer) wat ek nog mee geskiet het.
Groete Ben
Groete Ben
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Watter Windbuks?
Meteor wrote:Harambe het net so lekker idee. In die dae toe ons nog bacon kon kry vir R4 was daar net twee name wat my gepla het. Diana en BSA.
My ouers het daai tyd 'n gelukkie gevang en daar het bietjie geld gekom vir iets wat ek wou he. Dit was toe dat ek my eerste geweer gekry het.
Die kooperasie hier in Oudtshoorn het twee wapens in ons prysklas gehad en altwee was net die beste. Ek het op die ou einde maar die goedkoper een gekry wat n BSA meteor was maar die Diana was van dieselfde kwaliteit met mooier kolf en beter visiere. Daar was eenvoudig niks om oor te kla met enige van daai twee.
As hulle nogsteeds so mooi is soos daai tyd sal ek enige tyd weer een neem.
Harambe my kunsie was om suurlemone op die stronk te skiet van 10 meter.
Ja nee jong. Ek het myne se spring later so pap geskiet dat die bosduiwe net bedonnerd geraak het as ek hulle raakskiet. My pa het hom dan maar gevat en iets aan die spring gedoen en dan was hy weer reg vir so halwe jaar. Ek wens ek weet wat van die dingetjie geword het.
Of so iets
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: Watter Windbuks?
Solank hy net nie naby 'n amnestie periode verdwyn het 
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word