6mm Dasher 1 in 9" twist

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Chris@6
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Thu Dec 18, 2014 7:22 am

6mm Dasher 1 in 9" twist

Post by Chris@6 »

Goeie Naand,

Ek is in die proses om 'n 6mm Dasher te bou en laat my met die volgende vrae, sal ek die 105gr/107gr koels gestabiliseer kry in die 1 in 9" twist, loop sal seker 28" wees?
En is daar manne wat reeds die 105gr/107gr koele suksevol skiet uit 'n 1in9" twist?

Groete

Chris
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: 6mm Dasher 1 in 9" twist

Post by Rudie »

Baie manne skiet met groot sukses die 105 gr Amax en Nosler CC in 10 twist lope. Ek self skiet hulle in 'n Howa 10 twist 6SLR met groot sukses. Ek kan geen rede in sien hoekom hulle nie in 9 twist sal werk nie.

Ek is wel in die Hoëveld en dit help so bietjie.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 6mm Dasher 1 in 9" twist

Post by joe rocket »

105gr uit n 1:10 twist loop by die kus gaan nie werk nie. Kry eerder 1:8 twist loop.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6mm Dasher 1 in 9" twist

Post by Capt. Yoda »

Jy kan en sal hulle 10/1 skiet uit n 1/9 twist. Die probleem kom in wanner jy hom nie 100% stabiliseer nie gaan jy n % van jou BC verloor, hier waar ons 4500+ voet bo die see is help dit ook om lang koels in bq stadiger twists te stabiliseer. Dit is nie n groot probleem as jy net op een plek in seker omstandighese skiet nie want dan verloor jy n % van jou koel se BC maar dit is "konstant" as al jou omstandighede konstant is, jou probleem kom in sodra jou temp, humidity en hoogte bo seevlak verander gaan jy bloei om 1st round hits op verder afstande te skiet agv daai koel se BC wat nou met n paar punte elke keer verander. As jy net veldskiete en daai klas kompetiesies skiet tot op 350m is dit seker nie n groot probleem nie. Meer spoed agter die koel help ook om die koel beter te stabiliseer, soos n tol wat jy vinniger gooi dat hy vinniger spin.
Amax sal n goeie koel wees om te skiet veral by die see, die amax se rooi tip help om die koel se lengte "kort vir sy gewig" te hou wat help dat die koels in 1/10 twists ook stabiliseer.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: 6mm Dasher 1 in 9" twist

Post by Heinz Petersen »

Ek skiet die 105gr met 1-9 twist suksesvol na baie skoolfonds en hulp van Marius en ander manne hier.
Ek wou by 3080v/sek uitkom, maar onsuksesvol. 2970v/sek is waar ek nou is, en dit werk
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Chris@6
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Thu Dec 18, 2014 7:22 am

Re: 6mm Dasher 1 in 9" twist

Post by Chris@6 »

Baie dankie vir al die terugvoer en pm's, sal jul meer kom vertel as di projek voltooi is.
Post Reply