Einde van 'n ou legende...
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Einde van 'n ou legende...
Goeie middag...
So twee jaar gelede het ek op een van my kameras gereeld die groot bul met die eenhoring gesien by een spesifieke suiping op die plaas...
Om en by 'n maand later het ek een middag so 'n halfuur voor sononder deur die veld gestap en gevoel iets hou my dop, maar die soort van ding gebeur mos net op televisie en so paar meter verder kry ek nat en warm kudu mis en ek weet iewers moet 'n kudu vir my staan en kyk uit die skaduwee van 'n Kameelboom of Wag -'n - Bietjie. Die plantegroei op hierdie spesifieke plek was dik en nie baie vêr van die water af nie. Die volgende oomblik staan die ou bul plankdwars vanaf my op omtrent tagtig meter ...hy staan en kyk my stip in die oë en ek weet tel ek nou die geweer op is hy weg maar agter hom staan twee kudu koeie en ek voel beter...maar die keer loop hy weg en die koeie bly staan en ek draai om bakkie toe met die son wat alreeds gesak het. So het die tyd verby gegaan sonder dat ons weer in mekaar vasgeloop het, maar hy was gereeld op die kamera en ek kon sien hy verloor vinnig kondisie.
Een middag besluit ek om met Ruger 'n draai te gaan stap en vir 'n vark te kyk...ek het die kenmerkende spoor van 'n kudu gekry met lang hoewe aan die voorpote, Ruger was op hierdie stadium nie aan die leiband nie en ek kon aan sy optrede sien iets maak hom onrustig en hy het dadelik met sy neus op die grond 'n rigting ingeslaan en na 'n paar sekondes het ek sy kenmerkende blaf gehoor wanneer hy besig is met 'n dier. Ek kon aan sy blaf hoor dat hy na my regterkant toe beweeg en op 'n stadium kon ek hoor hy staan stil op een plek. Ek het stadig nader gestap en die horings van 'n kudubul bo die bosse gesien en hoe nader ek gekom het kon ek sien dis die ou eenhoring wat besig was om wild te swaai na Ruger met die een horing. Ek was nou al op vyftig meter maar kon nie my hond sien nie en was bang om te skiet...op 'n kol het die ou bul met sy bors na my gestaan...die bul het nie van my geweet nie en ek kon my hond aan sy linkerkant sien en ek het geskiet en als was dadelik stil. Ek het nader geloop en die lewelose blou grys ou liggaam gekry met sy agterbene wat vir oulaas styf span. Half verslae het ek daar by die ou man gestaan en maar net staan en kyk na 'n dier wat 'n meester van die dikbos was tot op die einde en hier lê hy nou leweloos. Vir die eerste keer beleef ek nou hier 'n ietwat anderste gevoel sedert ek die eerste keer begin jag het, definitief 'n gevoel van respek en jammerte gemeng. Hy was baie maer met nie 'n tand in sy bek nie. Toe ek opkyk kon ek die kraal sien waar hy soms gaan suip het en ek het gewonder of ek die regte ding gedoen het om hom te skiet en ek het vir oulaas na hom gekyk en aan die verweerde ou horing gevat , my hoed afgehaal en krip toe gestap om my hande te gaan was.
Groetnis

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Nee wat Ben jy het die ou n guns gedoen,die winter sou n lang seisoen vir hom gewees het en hy sou 10/1 n lang uitgerekte dood gehad het. Hyt dam sy tyd gehad
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Capt. Oblivious wrote:Nee wat Ben jy het die ou n guns gedoen,die winter sou n lang seisoen vir hom gewees het en hy sou 10/1 n lang uitgerekte dood gehad het. Hyt dam sy tyd gehad
Stem, om van honger te vrek is lank en swaar, jy was hom genadig ek dink hy sou self dit ook so verkies het.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Ek stem saam....hy sou iewers gaan lé het en baie swaar gekry het.
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Wel gedaan Ben. Soos Cappie sê; die bul het n lang (en seker goeie) lewe gehad....lyk of hy n prag bul op sy tyd was.
Goeie keuse om hom genade dood te gee.
Goeie keuse om hom genade dood te gee.
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Hy was twee jaar gelede ñ mooi bul....met ñ mooi dik nek..
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Sal met 'n man soos jy kan klaarkom in die jagveld en daarbuite!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Einde van 'n ou legende...
Baie mooi
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Einde van 'n ou legende...
respek!
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Stem....pik 'n traan....PWV wrote:Sal met 'n man soos jy kan klaarkom in die jagveld en daarbuite!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

- Sean3006
- Sr. Member

- Posts: 477
- Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Ben
Jy vertel n storie darem mooi hoor
Ek kry somme n knop in die keel.
Waar is jy woonagtig?
Groete
Sean
Jy vertel n storie darem mooi hoor
Ek kry somme n knop in die keel.
Waar is jy woonagtig?
Groete
Sean
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Hallo Sean...
Eks hier in Kuruman.
Eks hier in Kuruman.
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Respek Ben.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
So loop hy maar. Ek lig my hoed vir jou.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Einde van 'n ou legende...
Tereg 'n oomblik van verwondering met trane . . . Dis beter dat jy hom verlos het.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4790
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Mooi storie Ben, dis hoe dit is met die ou manne wat ons al "ken". Ek wens so die anti-jagters kan hierdie tipe deurnis en liefde vir die diere sien. En sommige manne wat jag kan ook dieselfde
anderste gevoel voel as hulle 'n dier se lewe neem. Ons moet nooit afgestomp raak nie.Vir die eerste keer beleef ek nou hier 'n ietwat anderste gevoel sedert ek die eerste keer begin jag het
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Carl...
Dis baie waar wat jy sê...gewoonlik maak ek die bok sommer net daar op die plek oop, maar hierdie keer het ek hom net daar gelos vir die natuur...ek kon nie daai ou man met 'n mes sny nie. Hy was bitter maer...net vel en been.

- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1182
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
soos die engels sê "bittersweet"...
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Dankie vir mooi storie Ben. Virseker die gevoel om almal wat oor jag voel soos jy 'n knop in die keel te gee.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Einde van 'n ou legende...
Baie mooi gedoen.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1534
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Amper pik ek 'n traan. Dankie vir die deel. Ek sou hom ook waarskynlik geskiet het, dan met hoed in my hand, knop in my keel en trane in my oë daar langs hom gaan sit het. Iets besonders, bitter soet, wat jy beleef het.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Krobb
- Full Member

- Posts: 177
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Ben, dit is die lewe.
Die predatoor het n ou swak dier uitgehaal en dit is soos dit moet wees.
Hou asb aan om jou en jou seun se jag eksukursie in te stuur. Ek geniet dit baie.
Die predatoor het n ou swak dier uitgehaal en dit is soos dit moet wees.
Hou asb aan om jou en jou seun se jag eksukursie in te stuur. Ek geniet dit baie.
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Einde van 'n ou legende...
Respek
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1698
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: Einde van 'n ou legende...
Ben, jyt hom n nederige genade dood gegee. Well done!
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk