Hi Almal
Kan iemand help met vlakvarkjag so 3/4 ure maksimum van Johannesburg af. Weet van 'n paar plekke, maar ek dink hulle vlakvarke het in goud verander die afgelope seisoen.
Dankie
Vlakvark jag
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Vlakvark jag
Dagse Strydom,Strydom wrote:Hi Almal
Kan iemand help met vlakvarkjag so 3/4 ure maksimum van Johannesburg af. Weet van 'n paar plekke, maar ek dink hulle vlakvarke het in goud verander die afgelope seisoen.
Dankie
By voorbaat welkom om ons kampvuur.
Die manne hier is meer as gewillig om te help solank nuwelinge net by die werf-reels hou.
Gaan stel jouself gerus voor http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=126 en vertel ons so bietjie meer oor jou skietgoed en jagvoorkeure.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Vlakvark jag
Tog interessant hoe maklik lees mens "vlakvark" raak.
Dis net so opvallend/oorverdowend soos wanneer die dominee almal aan die slaap gepreek het en per ongeluk "f#k" sê...
Dis net so opvallend/oorverdowend soos wanneer die dominee almal aan die slaap gepreek het en per ongeluk "f#k" sê...
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Vlakvark jag
Daardie dominee het vark verkeerd gespel !!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Strydom
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Wed Nov 08, 2017 8:26 am
Re: Vlakvark jag
Dankie FHM
Het myself gaan voorstel. Nou kan ons gesels oor hierdie goue valkvarke
Dalk help iemand my nog met 'n paar wat nie van gioud gemaak is nie.
Het myself gaan voorstel. Nou kan ons gesels oor hierdie goue valkvarke
Dalk help iemand my nog met 'n paar wat nie van gioud gemaak is nie.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Vlakvark jag
Vlakvarke is maar 'n moeilike besigheid, een jaar smeek die boer jou om te kom skiet, soveel so dat hy selfs die ammo sal koop en die volgende jaar is dit R1000 per vark. Manne wat plekkies het, pas dit soos goud op en sal nie maklik uitpraat nie. Beste is maar om voelers uit te steek na boere met gesaaides/groente in "vlakvark besmette" areas en dan beslis te gaan as die boer bel en vir hulp vra, want as jy nie kom nie, bel hy die volgende ou...Strydom wrote:Dankie FHM
Het myself gaan voorstel. Nou kan ons gesels oor hierdie goue valkvarke![]()
Dalk help iemand my nog met 'n paar wat nie van gioud gemaak is nie.
Aim small, miss small
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
-
Strydom
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Wed Nov 08, 2017 8:26 am
Re: Vlakvark jag
Dankie Manne
Ek hou maar aan soek. Weet nie eers waar om mielieboere te begin kontak nie.
Ek gee nie om om te betaal nie, maar later werk dit sommer R 1200 'n vark uit, wat vir my bietjie erg is.
Ek weet daar is boere wat dit as pes beskou, maar soos reeds gese, daardie is blykbaar net vir vriende bedoel.