Gong grootte vir verskillende afstande
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Gong grootte vir verskillende afstande
Watter grootte gonge word gebruik vir die verskillende afstande - 500m ? 1000m?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
So 1.5 tot 2 MOA is seker ok?
Vat 30 mm en maal met 1.5 of 2 vir elke 100 m.
Bv. 1.5 MOA op 600 m = 1.5 x 30 x 6 = 270 mm.
(p.s. Ek weet 30 mm is net meer as 'n MOA op 100m, dit werk net lekker vinnig).
Vat 30 mm en maal met 1.5 of 2 vir elke 100 m.
Bv. 1.5 MOA op 600 m = 1.5 x 30 x 6 = 270 mm.
(p.s. Ek weet 30 mm is net meer as 'n MOA op 100m, dit werk net lekker vinnig).
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Die streep tussen uitdagend en frustrerend kan baie nou wees. Ek wil dus graag hoor van die manne wat die lang afstande gooi wat het prakties sover gewerk. Sigbaarheid en sukses is tog maar dit wat jou weer terug lok om volgende keer te probeer verbeter. Is dit egter te maklik dan kan jy netsowel iets op 100m probeer raakskiet met die .22.
Die MOA berekeninge is nie 'n probleem - ek het gisteraand sommer met 3 MOA gespeel. Ek het selfs na die Bisley teikengroottes gaan kyk.
2MOA klink nie sleg nie synde dit 'n 1 MOA geweer kans gee vir afwyking.
400 = 233mm
1300 = 756mm.
Die sandwalle agter die teikens behoort dan te help met die aanpassing op die teleskoop.
Die MOA berekeninge is nie 'n probleem - ek het gisteraand sommer met 3 MOA gespeel. Ek het selfs na die Bisley teikengroottes gaan kyk.
2MOA klink nie sleg nie synde dit 'n 1 MOA geweer kans gee vir afwyking.
400 = 233mm
1300 = 756mm.
Die sandwalle agter die teikens behoort dan te help met die aanpassing op die teleskoop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Beyers C
- Newbie

- Posts: 32
- Joined: Thu Apr 14, 2016 12:20 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Driepoot gaan kyk bietjie wat doen die manne en dames van Silhouette skiet.
100 m .22 enkelskoot pistool en .22 skoop en oopvisier langgeweer
100 m .22 enkelskoot pistool en .22 skoop en oopvisier langgeweer
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Oom Marius,tripodmvr wrote:Die streep tussen uitdagend en frustrerend kan baie nou wees. Ek wil dus graag hoor van die manne wat die lang afstande gooi wat het prakties sover gewerk. Sigbaarheid en sukses is tog maar dit wat jou weer terug lok om volgende keer te probeer verbeter. Is dit egter te maklik dan kan jy netsowel iets op 100m probeer raakskiet met die .22.
Die MOA berekeninge is nie 'n probleem - ek het gisteraand sommer met 3 MOA gespeel. Ek het selfs na die Bisley teikengroottes gaan kyk.
2MOA klink nie sleg nie synde dit 'n 1 MOA geweer kans gee vir afwyking.
400 = 233mm
1300 = 756mm.
Die sandwalle agter die teikens behoort dan te help met die aanpassing op die teleskoop.
Wat vir my baie lekker gewerk het in die begin, is Jungle julian se gonge waar die insert uitgesny is met die backing square om hom. Ek het 'n 600 x 600 met die 200 insert van hom wat ek mee begin het n hulle werk baie lekker veral in die begin wanneer die wind stoot. Op 700m is hy heel uitdagendin die begin.
Julian het ook 450 met 100 of 150 insert wat ook lekker sa werk so effe nader.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Ek stem saam met Jan. Alhoewel 'n 4" gong sekerlik haalbaar is op 500m, gaan jy aanvanklik baie doppe maak as die wind effens waai of jou DOPE nog nie gequalify is nie. Ek het byvoorbeeld op 500m 'n 250mm gong en 'n 100m gong langs mekaar. Sodat jy eers kan seker maak op die groot gong, voor jy die kleintjie begin skiet. Ek sou sê kry 'n lekker groot gong, sommer dalk 500mm x 500mm en verf net 'n moa groote kol in die middel. Dan kan jy fyn mik, maar jy kan sien as jy nie presies reg is nie.
Aim small, miss small
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Dankie, vir die aanbevelings sover. Ek het baie jare laas gongs geskiet en jul idees help baie as 'n man nou iets nuuts moet aanpak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Marius, tot op 350 / 400 meter, werk ronde plate heel goed, maar verder sal ek sterk aanbeveel dat jy na vierkantige teikens kyk. Soos van die manne reeds genoem het en jy ook kan bevestig, lei dit tot erge frustrasie as jy telkemale die gong, net-net mis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8000
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
XSSSA se gonge is +- 2MOA
naby (500-650m)~ 300x300mm
middel (650-1000m)~ 500x500mm
vêr (anderkant 1km) ~ 700x700mm
Hierdie werk heel goed vir ons en maak jou nie heeltemal moedeloos nie. Hulle is ook met 'n doel vierkantig ...
naby (500-650m)~ 300x300mm
middel (650-1000m)~ 500x500mm
vêr (anderkant 1km) ~ 700x700mm
Hierdie werk heel goed vir ons en maak jou nie heeltemal moedeloos nie. Hulle is ook met 'n doel vierkantig ...
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Wat sal die doel wees Arnold?Arnold wrote: Hulle is ook met 'n doel vierkantig ...
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8000
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Hulle is makliker om raak te skiet so dit maak mens nie so gou moedeloos nie 
Last edited by Arnold on Wed Aug 31, 2016 10:00 pm, edited 1 time in total.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13565
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Klink my ek moet my gonge almal vierkantig sny
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Jou eie kan dalk pynlik weesCapt. Oblivious wrote:Klink my ek moet my gonge almal vierkantig sny
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Skiet jy hulle dan baie mis.................?Capt. Oblivious wrote:Klink my ek moet my gonge almal vierkantig sny
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13565
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
swc-tr wrote:Skiet jy hulle dan baie mis.................?Capt. Oblivious wrote:Klink my ek moet my gonge almal vierkantig sny
haha toe ek dit post toe dink ek ek gaan daai een kry
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- JPL
- Full Member

- Posts: 187
- Joined: Thu Feb 04, 2016 4:04 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170406/87bb64cfc0b5db4f426e62d3969978f1.jpg
Hierdie 500mm diameter gong word telkemale gemis...glo as hy vierkantig was was dit effe makliker. Hy maak mens noggals mismoedig...of maak dat jy al jou ammo uitskiet oor jy hom wil tref. 30mph wind help ook nie regtig vir die .308 nie. Hehe
Sent from my iPhone using Tapatalk

My kinders:
.308Win Howa Varminter
6.5mm Creedmoor Howa
.270Win Musgrave Lyttelton RSA
.22LR Brno Mod2
.38SPL-.357Mag Rossi Lever Action
9mm CZ75 P07 Duty
.38 Special S&W CTG
.308Win Howa Varminter
6.5mm Creedmoor Howa
.270Win Musgrave Lyttelton RSA
.22LR Brno Mod2
.38SPL-.357Mag Rossi Lever Action
9mm CZ75 P07 Duty
.38 Special S&W CTG
-
Bushpig7
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Mon Dec 23, 2013 7:33 am
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Doen net die som van die opevlaktes en iy sal verbaas wees.
Ronde na Vierkant =25% meer opevlakte
300 ronde gong na 400 ronde gong 75 % meer opevlakte
Hang n Vierkant soos n Diamant en skiet oor die Hoeke, maar het leker mikpunt.
Arnold se grootes werk baie lekker.
Groete
Bushpig 7

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
herlewing. ...lol...watter tipe staal vir 700m + afstande werk lekker?
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Hoor by Arnold watter staal is die XSSSA plate. Dink dis vrn500. Groot gewere skiet nog steeds sagter staal stukkend op langer afstande.ruaanb wrote:herlewing. ...lol...watter tipe staal vir 700m + afstande werk lekker?
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Gong grootte vir verskillende afstande
Dankie ek het intussen reggekom.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk