Hatsan At 44

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Hatsan At 44

Post by Ratel »

Ouens ek kan 'n Hatsan At 44 -10 tien skoot PCP windbuks koop met knaldemper, teleskoop, duiksilinder, en pomp vir R6000. Ek ken die persoon van wie ek dit koop baie goed en as hy se hy het slegs 'n paar rondtes met die geweer geskiet glo ek hom. Die man is 'n perfeksionis as dit kom by die oppas van sy gewere.

My vraag is. Wat is julle opine van die geweer en sou julle se dis 'n goeie prys om te betaal. Ek het nie baie kennis van PCP windbukse nie.
Maak 'n verskil
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Hein22 »

Die geweer alleen is die prys werd. Dit is 'n goeie deal.

Ek het so een en ruil hom vir niks. As hy nog standaard is skiet hy baie vinnig met die ligter koeeltjies en gaan jy tien teen een die beste akkuraatheid met swaarder koeels soos die 10.34gr kry. Ek het myne laat verander vir field target (R1500 gekos) sou ek eendag besluit om in die sport te wil deelneem. Hulle het sy spoed nou afgebring na 780fps met 8.44gr koeels en ek kan nou vuurhoudjie koppe afskiet heel dag lank op 15m. As jy hom gaan gebruik vir jag sou ek hom net so los en 10.34gr skiet.

Koop maar met 'n geruste hart, lekker gewere daardie. Ek sou selfs so ver gaan en se hulle is die Howas van die windbuks wereld.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Ratel »

Dankie Hein
Ek skiet tans die 10gr Gamo koeeltjies in my Gamo CF 30 springer. Ek wil die geweer vir eers gebruik om die Mynas by te kom in my tuin. Hulle neem oor en verjaag al die ander voels soos blou sysies ens van die waterbak af. Ek gaan vir eers nie sport skiet daarmee nie maar kan dalk later.

Miskien 'n dom vraag maar waar hervul 'n mens die duik silinder?
Maak 'n verskil
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Hein22 »

Hier is 'n duik skool naby my wat dit vir my doen, ek weet nie wie in Rustenburg dit sal doen nie. Koop sommer van die begin af JSB koeels, hulle is duurder maar die moeite werd.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Ratel »

Dankie Andries ek maak so. Gaan die roertjie more haal.
Maak 'n verskil
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: Hatsan At 44

Post by Ammion »

Die prys is goed vir wat jy kry. Hatsan AT44 sal jy nie in enige vorm van sportskiet kan deelneem nie - maar vir mynas in jou tuin sal hy werk.

Dink 'n duiksilinder alleen deesdae kos al R6000.00 nuut.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Plaashaas »

Jy kan die mynah's op 70m roer. Ek het n duif op 90m geskiet. Baie lekker geweertjie.

Crossman Premier se 13gr werk die beste vir my. Kan heeldag 1" groepe skiet op 50m.

Die 13gr gaan deur n haas se kop op 30m
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Plaashaas »

Kry vir jou n silencer.Ek het sommer n .22 een opgeskroef. Maak n groot verskil
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Barry Loock »

Plaashaas wrote:Kry vir jou n silencer.Ek het sommer n .22 een opgeskroef. Maak n groot verskil
Koop my maat dis n bargain

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Martin Marais »

Ek is baie tevrede met my Hatsan. Myne is baie akkuraat,die mynah's kan hiervan getuig.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Ratel »

Plaashaas wrote:Kry vir jou n silencer.Ek het sommer n .22 een opgeskroef. Maak n groot verskil
Dankie. Gaan hom vanoggend haal. Hy kom met sy silencer by.
Maak 'n verskil
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Zuku »

@ Ratel. Ek sal jou ten sterkste afraai om dit te koop. Gee my die koper se nommer en ek sal dit oorkoop en jou baie plesier spaar LOL
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Ratel »

;D
Zuku wrote:@ Ratel. Ek sal jou ten sterkste afraai om dit te koop. Gee my die koper se nommer en ek sal dit oorkoop en jou baie plesier spaar LOL
Jaja ek hoor jou. Nee die roer met silinder en alles le klaar in my kar. ;D

Weet julle wat is k#k. Ek gaan nou in meetings in en kan die roer nie skiet nie. Eers vanmiddag. Soos om nuwe speelding te he wat jy nie dadelik mee kan speel nie.
Maak 'n verskil
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Plaashaas »

Ratel wrote:;D
Zuku wrote:@ Ratel. Ek sal jou ten sterkste afraai om dit te koop. Gee my die koper se nommer en ek sal dit oorkoop en jou baie plesier spaar LOL
Jaja ek hoor jou. Nee die roer met silinder en alles le klaar in my kar. ;D

Weet julle wat is k#k. Ek gaan nou in meetings in en kan die roer nie skiet nie. Eers vanmiddag. Soos om nuwe speelding te he wat jy nie dadelik mee kan speel nie.
Se jy het n chicken garage pie geeet en voel nou nie so goed nie. Gaan dan huis toe en speel lekker met jou nuwe speelgoed :laugh:
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Ratel »

Plaashaas
Jy kan seker gedagtes lees. Want ek het in etenstyd gou huis toe gery (gelukkig baie naby) en daai roertjie geskiet met die 10gr Gamo koeeltjies. Die vet weet die mynas moet solank 'n ander buurt kry. Op 30 meter smeer die lood eintlik teen 'n beton muur. Ek glo as hulle se 1070 fps.
Maak 'n verskil
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Plaashaas »

Ratel wrote:Plaashaas
Jy kan seker gedagtes lees. Want ek het in etenstyd gou huis toe gery (gelukkig baie naby) en daai roertjie geskiet met die 10gr Gamo koeeltjies. Die vet weet die mynas moet solank 'n ander buurt kry. Op 30 meter smeer die lood eintlik teen 'n beton muur. Ek glo as hulle se 1070 fps.
Ha ha ha. Ek kan nie gedagtis lees nie maar weet ons is almal net soos kinders as dit by die nuwe speelgoed kom.

As ek reg onthou skiet ek die 13gr op 850fps. Baie lekker groepe. 280bar.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Ratel »

Ek het gaan oplees en omdat die standard spoed hoog is het ek JSB Monster 13, iets gr koeeltjies gekoop om die spoed bietjie laer te maak. Ek hoop dit gaan akkurater skiet as die Gamo T10. Ek sien jy kry die JSB Beast ook wat meer as 16gr is.

Laaste vraag aan die boffins. Die o rings wat op die silinder voor kom wat jy uitskroef, is dit 'n spesifieke grootte en kan 'n mens gewone o rings se maar by midas koop as spaar. Ek sien op die oorsese forums dat die o rings soms hard en bros raak en mens dit dan kan vervang wanneer die silinder dalk lek voor. die kleiner o rings het ek 'n paar saam gekry.
Maak 'n verskil
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Plaashaas »

Smeer hul net bietjie Vaseline
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Ratel »

Dankbaar. Hier is nou 'n nuwe gogga wat my gebyt het. Hoeveel refils kry mens uit 'n standard grootte duiksilinder uit. (ek weet dit sal net min of meer wees maar ek het geen idee nie)
Maak 'n verskil
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Zuku »

Sluit aan by die airgun forum vir alle inligting
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Ratel »

Zuku wrote:Sluit aan by die airgun forum vir alle inligting
Weet jy hoeveel refils ek kry uit 'n duiksilinder? Ek vra dan juis die vraag hier onder windbukse. ::)
Maak 'n verskil
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Hein22 »

Hierdie calculator sal help
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Hatsan At 44

Post by LUAN »

Ratel wrote:
Zuku wrote:Sluit aan by die airgun forum vir alle inligting
Weet jy hoeveel refils ek kry uit 'n duiksilinder? Ek vra dan juis die vraag hier onder windbukse. ::)
Hoeveel bar is jou duiksilinder? Hoeveel bar is die geweer se silinder?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Carl »

Ratel,
Jy kan die mynah's op 70m roer. Ek het n duif op 90m geskiet. Baie lekker geweertjie.
Gaan na Tiger Wheel en vul daai silinder met Nitro! Dan kan jy die mynahs (algemeen bekend as Guptas) op 202m roer. AS jy nog die koele in silikon week oornag druk jy maklik 281m uit hom. Die wind maak hulle ook niks want hulle is snot glad so die BC is onberekenbaar.

Geluk met die nuwe speelding!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hatsan At 44

Post by Ratel »

LUAN wrote:
Ratel wrote:
Zuku wrote:Sluit aan by die airgun forum vir alle inligting
Weet jy hoeveel refils ek kry uit 'n duiksilinder? Ek vra dan juis die vraag hier onder windbukse. ::)
Hoeveel bar is jou duiksilinder? Hoeveel bar is die geweer se silinder?
Ek sal moet gaan kyk hoeveel bar is die duiksilinder. Geweer hervul tot 200 bar.
Maak 'n verskil
Post Reply