Middag almal,
Ek benodig asb jul hulp, raad en gedagtes. Ek het vir my van die 250gr Berger Elite Hunters aangeskaf om langafstand te jag. Wat ek egter nou vind is dat my geweer se keel baie lank is en met die klein bearing surface van die Bergers is daar baie min greep van die dop se nek op my koel.
My totale kamerlengte tot teen die lande is 94.94mm. Dit gee egter net 2,50mm se greep op die koel se bearing surface. Die Bergers kan temperamenteel wees wat jump aanbetref so nou wil ek by jul hoor wat die minimum greep kan wees wat die nek van die dop op die koel uitofen? Ek wil dus uitwerk wat my minimum jump kan wees om genoeg seating op die koel te he.
Ek het so 3 ladings gelaai op n jump van 3mm en onder is my resultate as iemand meskien op quickload kan help. Ek het nie goeie groepe gekry nie.
338 Winmag
676mm loop
S365 lot 86
CCI 200 primer
Dopkapasiteit - 90.08gr H2O
Punt - 250gr Berger Elite Hunter
Dop lengte - 63.38mm
TPL - 92.90mm
Kamerlengte - 94.94mm
66.7gr - 2693; 2674
67gr - 2690; 2698
67.5gr - 2675; 2688; 2690
67.9gr - 2691; 2690; 2631
Enige raad? Enige ander kruit wat beter sal werk of moet ek maar opgee op hierdie koels?
338 win mag 250gr Berger Elite hunter hulp!
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Re: 338 win mag 250gr Berger Elite hunter hulp!
Net n korreksie op lading 67.9gr is die laaste spoed 2731 nie 2631 nie. Afstand van chrony is klaar ingewerk.
- Messor
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am
Re: 338 win mag 250gr Berger Elite hunter hulp!
Watse chrony is die?Eight wrote:
66.7gr - 2693
67gr - 2690
67.5gr - 2675
Want jy laai al hoe meer kruit en skiet al hoe stadiger.
As jy QL wil gebruik sal die spoedlesings meer sin moet maak.
Ook, vergeet eers van jump, kry eers genoeg greep op die koeel.
Bergers is nou en dan moeilik, maar ek skiet dieselfde punte teen enige jump wat ek wil.
Met sulke lang punte in so groot kaliber is runout seker meer belangrik as jump, jy moet net 'n konstante kontak met die lands maak.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 338 win mag 250gr Berger Elite hunter hulp!
Die node lyk asof dit by 2685vps trompspoed is.
Ek stem saam met Messor dat 'n TPL van 89mm meer sinvol is en dan kan 65,8gr dalk werk.
Ek stem saam met Messor dat 'n TPL van 89mm meer sinvol is en dan kan 65,8gr dalk werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Re: 338 win mag 250gr Berger Elite hunter hulp!
Baie dankie oom Tripod. Ek sal bogenoemde probeer.