Gemsbokjag met 30-06
- ddt
- Newbie

- Posts: 30
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:26 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Iemand al prakties die 190gr Nosler Accubond Long Range met 165gr Nosler Accubond vergelyk? Volgens data (+-50 000psi druk) van Quick Load/Quick Target is Momentum en wind defleksie beter en trajek omtrent dieselfde. BC Std ICAO: 0.475 vs 0.640
Danie
Krieghoff 9.3 x 74R
Sauer 202 30-06
Krieghoff 9.3 x 74R
Sauer 202 30-06
- Messor
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am
Re: Gemsbokjag met 30-06
Ek sien baie mense wat hul ladings goed ken, en die teikens mooi raakskiet in die vitals op die skietbaan.
Dan kom dit skiet tyd van agter op die bakkie, en die manne kwes rof en blameer die koeels en die trajek en wat ookal.
Jy moet eerstens onthou dat op die skietbaan jou afstand bekend is, tweedens moet jy onthou dat n bakkie nie ‘n benchrest is nie. Die bakkie skud en beweeg soos die wind hom waai, die posisie sit heel anders as ‘n skietbaan, en klomp ander faktore wat mense nie aan dink nie.
Enige jag-koeel in die 165gr klas uit ‘n 30-06 is genoeg vir ‘n gemsbok, dis nou maar net die waarheid, die trick is net om raak te skiet.

-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
AmenMessor wrote: Enige jag-koeel in die 165gr klas uit ‘n 30-06 is genoeg vir ‘n gemsbok, dis nou maar net die waarheid, die trick is net om raak te skiet.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Gemsbokjag met 30-06
Om terug te kom na jou oorspronklike post toe. Ek sal liewers die bonded roete gaan, maw Accubond in jou geval (natuurlik Woodleigh, Swift Scirocco of A-frame, Interbond etc etc ook) as die normale nie gebonde SGK. Op die regte plek gaan beide doodmaak, maar loop jy wel n gemsbok op 80m raak gaan jou SGK meer vleis mors. Dit was in elk geval my ervaring met gamekings in so n paar kalibers. As jy been tref is dit morsig.Skietstoel wrote:Naand almal,
Ek wil bietjie hoor wat julle mening is oor die gebruik van 165g Nosler Accubonds in my 30-06 op Gemsbokke in die Kalahari? Watter dryfmiddels werk die beste? S365 of S355? Hoe werk 168g Sierra Game Kings? Ek het besluit op 165/168g punte sodat mens redelik plat kan skiet op verder skote.
Ek hoor graag wat julle dink.
Ek noem doelbewus niks oor monos nie, want dit het nie betrekking op jou vraag nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Dankie vir die insette gelewer!
Ja-nee in die veld werk dinge anders, dis skietstokke, bewegende bakkies, 'n lyf wat moeg gestap is, asemhaling en hartklop wat vinnig is en o ja laastens: bokkoors. Dis maar 'n wrede siekte daai....
Ek het gewonder hoe sal die groeperings lyk van Scirocco's.

Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Skietstoel, Sciroccos is temprementeel om akkuraatheid te kry en jy gaan redelik platsak uitstap om 'n mooi groep te kry.
Jy byt vas op die loodkern koele. My raad sou wees om 'n 150gr mono te kies en hy sal verseker met goeie skootplasing die nodige doen. Barnes en GMX is duur maar werk uitstekend. Krieke is plaaslik en dan ook GS en Frontier wat ek al gebruik het. Titan en Peregrine is ander wat gebruik kan word. Alhoewel die koele duur is, spaar hulle vleis - daar kan jy al die koeël se prys opmaak - een kg gespaar is R25+.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Tripod,
Ek het ook al Sciroccos probeer in my 243 en kon net nie daarin slaag om n lekker groepering te kry nie. Gedink dat die twist iets daarmee te doene gehad het.
Die vraag met die monos is of dit nie regdeur die bok sal gaan sonder om “die kante te raak” nie? Pb het sekerlik meer vleis huistoe gebring as Cu?
Ek het nie n idee wat om te verwag van monos nie en weet ook nie mooi waar om te begin met herlaai nie. Watter punt werk die beste op my geweer, watter ladings werk, wat moet die jump wees, en dan ook die vraag: hoeveel skote gaan ek gebruik om die regte kombinasie te kry? Ek voel gemaklik om met die Accubonds te werk. (Ek het al n geslaagde jag op n takbok gehad daarmee maar nog nie op n tawwe bok soos n BWB of Gemsbok nie) Ek is nog nie tevrede met die lading wat ek daarnee ontwikkel het nie en ek voel ek moet nog meer werk doen.
Ek het ook al Sciroccos probeer in my 243 en kon net nie daarin slaag om n lekker groepering te kry nie. Gedink dat die twist iets daarmee te doene gehad het.
Die vraag met die monos is of dit nie regdeur die bok sal gaan sonder om “die kante te raak” nie? Pb het sekerlik meer vleis huistoe gebring as Cu?
Ek het nie n idee wat om te verwag van monos nie en weet ook nie mooi waar om te begin met herlaai nie. Watter punt werk die beste op my geweer, watter ladings werk, wat moet die jump wees, en dan ook die vraag: hoeveel skote gaan ek gebruik om die regte kombinasie te kry? Ek voel gemaklik om met die Accubonds te werk. (Ek het al n geslaagde jag op n takbok gehad daarmee maar nog nie op n tawwe bok soos n BWB of Gemsbok nie) Ek is nog nie tevrede met die lading wat ek daarnee ontwikkel het nie en ek voel ek moet nog meer werk doen.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Ek het 'n vriend van my se 375 H&H, 250 Barnes TSX en S355 as voorbeeld. Agt skote en ons het sy lading gehad wat MOA geskiet het. Hy het reeds 3 bokke die seisoen daarmee laat bakkie ry. Almal een skoot doodskote.
Pb het miskien jare se voorsprong, maar as jy luister na verwikkelinge is Cu en legerings daarvan miskien die enigste koeëls wat vir toekomstige jag gebruik gaan word. Lees maar dit wat op Google beskibaar is. Gaan kyk ook Youtube videos oor koperkapelle se effektiwiteit.
Pb het miskien jare se voorsprong, maar as jy luister na verwikkelinge is Cu en legerings daarvan miskien die enigste koeëls wat vir toekomstige jag gebruik gaan word. Lees maar dit wat op Google beskibaar is. Gaan kyk ook Youtube videos oor koperkapelle se effektiwiteit.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Messor
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am
Re: Gemsbokjag met 30-06
Skietstoel
Jou brein hardloop nou rond reg oor die plek.
Mono’s oor die algemeen is baie maklik om te laai, omdat hulle meestal baie uniform is.
Jy sorg dat jy hulle mooi stabiliseer, en dat jy 2mm van die lande is, en daar gaan jy.
Ek gebruik cup and core, bonded en mono punte, alles het sy plek.
Op die internet sal jy ‘n paar MPBR calculators kry, toets jou kombinasies daarop en maak seker dat jy weet tot op waste afstand jy net in die middel van die bors kan mik. Maak ook seker hoe vêr die wind daai punt van jou waai.
En dit is maar dit.

Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Gemsbokjag met 30-06
100% oom Tripod. ..tripodmvr wrote:Skietstoel, Sciroccos is temprementeel om akkuraatheid te kry en jy gaan redelik platsak uitstap om 'n mooi groep te kry.
Jy byt vas op die loodkern koele. My raad sou wees om 'n 150gr mono te kies en hy sal verseker met goeie skootplasing die nodige doen. Barnes en GMX is duur maar werk uitstekend. Krieke is plaaslik en dan ook GS en Frontier wat ek al gebruik het. Titan en Peregrine is ander wat gebruik kan word. Alhoewel die koele duur is, spaar hulle vleis - daar kan jy al die koeël se prys opmaak - een kg gespaar is R25+.
As daai my skieter was sou ek hom n 168gr Barnes di-eet gevoer het.
Vêr skote ...naby skote.. skote op snaakse hoeke, jy het n punt wat dit kan hanteer.
Just smile and wave boys 
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Skiet net die bok. As die lood voor uitkom sal hy val
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Gemsbokjag met 30-06
My 165gr Sciroccos skiet mooi. Solank die dop vol S335 is en ek half vol Glenlivit as ek laai gee hulle minder as n duim op 100m. Die geweer is n Tikka .308, so dis dalk waar die geheim lê.
Skiet jou Accubonds wat jy het. Dis n goeie koeël. Ek kan jou amper wet as jy 100 skote oefen op bokteikens met goedkoper koeëls en jy toets weer die accubonds gaan jou groepe halveer. Die beste inser in beter groepe bly maar tyd agter die sneller. As hulle op is besluit dan waarmee jy daarna jag.
Skiet jou Accubonds wat jy het. Dis n goeie koeël. Ek kan jou amper wet as jy 100 skote oefen op bokteikens met goedkoper koeëls en jy toets weer die accubonds gaan jou groepe halveer. Die beste inser in beter groepe bly maar tyd agter die sneller. As hulle op is besluit dan waarmee jy daarna jag.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Loodpille is dodelik! Hehe!
Vertel asb meer oor hoe julle te werk gegaan het om die 1 moa groepering te ontwikkel met net 8 skote?
Vertel asb meer oor hoe julle te werk gegaan het om die 1 moa groepering te ontwikkel met net 8 skote?
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Dankie vir daardie stukkie inligting Tripod! Ek sien jy werk met QL en met enkelskoot ladings, baie interessante leesstof! Jy meld dat jy al op die skietbaan gesien het dat 71g op die node was? Waarna kyk jy?
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Huiswerk. Kyk onder die Quick Load hofie en lees ook wat Wouter oor QL skryf.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=12312
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=12312
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Messor
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am
Re: Gemsbokjag met 30-06
Moet sê, as ek een van daai goed (30-06) gehad het, menende as daar RERIG iets fout met my was(
), dan sou ek nie 165gr geskiet het nie.
Die rondte het genoeg poeier om ‘n 180gr punt baie mooi te skiet, en moderne 180gr bondeds het bitter goeie BC’s. So daai dae as die wind erg pla dan het jy ekstra versekering, and daai 180gr punt is swaar en sterk genoeg om alles plat te maak sonder veel vleis skade.
Ek self skiet bitter baie 180gr punte in my 308 op 500m, sommer rustig, om trajek uit te werk is baie maklik, maar wind lees is die eienskap van ‘n goeie skut.
Die 180gr in die ou ses druk maar bietjie die skouer, maar in ‘n jag aspek voel mens nie sommer die recoil nie, so ek sou dit sterk oorweeg.
Die rondte het genoeg poeier om ‘n 180gr punt baie mooi te skiet, en moderne 180gr bondeds het bitter goeie BC’s. So daai dae as die wind erg pla dan het jy ekstra versekering, and daai 180gr punt is swaar en sterk genoeg om alles plat te maak sonder veel vleis skade.
Ek self skiet bitter baie 180gr punte in my 308 op 500m, sommer rustig, om trajek uit te werk is baie maklik, maar wind lees is die eienskap van ‘n goeie skut.
Die 180gr in die ou ses druk maar bietjie die skouer, maar in ‘n jag aspek voel mens nie sommer die recoil nie, so ek sou dit sterk oorweeg.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Ek het n vol pak 180grein Partitions maar sukkel om n goeie groepering daarmee te kry. Dit lyk egter vir my asof ek makliker gaan regkom met die 165g Accubonds. Ek dink dat die nul-ses beter gerat is vir 180 greiners as die 308 maar ek weet ook dat hy heel gelukkig voel oor 165-168 grein punte, waarmee ek nou bietjie mee wil speel - met die hulp van al die inligting wat ek hier en elders inwin.
Sodra ek die kans kry, gaan ek terug skietbaan toe om meer ladings te meet en dan alles bymekaar maak vir QL berekeninge om die nodes te kry.
Sodra ek die kans kry, gaan ek terug skietbaan toe om meer ladings te meet en dan alles bymekaar maak vir QL berekeninge om die nodes te kry.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Hoekom maak jy hierdie stelling? Hoekom 180 gr beter in 30-06 as in 308?Skietstoel wrote:Ek het n vol pak 180grein Partitions maar sukkel om n goeie groepering daarmee te kry. Dit lyk egter vir my asof ek makliker gaan regkom met die 165g Accubonds. Ek dink dat die nul-ses beter gerat is vir 180 greiners as die 308 maar ek weet ook dat hy heel gelukkig voel oor 165-168 grein punte, waarmee ek nou bietjie mee wil speel - met die hulp van al die inligting wat ek hier en elders inwin.
Sodra ek die kans kry, gaan ek terug skietbaan toe om meer ladings te meet en dan alles bymekaar maak vir QL berekeninge om die nodes te kry.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Die twee gewere oorvleul baie maar die 30-06 is meer die 180 grein geweer en die 308 is weer meer die 150 gr se maat - in bree trekke. Natuurlik sal die 308 n 180 gr punt goed kan afstuur.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Skietstoel, my laaste oor hierdie onderwerp, maar ek soek nog jou redes vir jou stelling.Skietstoel wrote:Die twee gewere oorvleul baie maar die 30-06 is meer die 180 grein geweer en die 308 is weer meer die 150 gr se maat - in bree trekke. Natuurlik sal die 308 n 180 gr punt goed kan afstuur.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Meeste scopes het nie genoeg verstelling vir n 24" loop 308 om n 180gr koel te skiet nie.....en dis mos oneties om die bok reg bo op sy kop te skiet as hy nie eers weet die koel val uit die wolke uit nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Lichtenburg-filosofie!Capt. Oblivious wrote:Meeste scopes het nie genoeg verstelling vir n 24" loop 308 om n 180gr koel te skiet nie.....en dis mos oneties om die bok reg bo op sy kop te skiet as hy nie eers weet die koel val uit die wolke uit nie
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Die Lichtenburgers weet baie goed hehe!
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
“Moet sê, as ek een van daai goed (30-06) gehad het, menende as daar RERIG iets fout met my was(
), dan sou ek nie 165gr geskiet het nie.”
My opmerking oor 308 was gemik op hierdie aanhaling deur n vorige skrywer...