Izak H
Daai resep van jou is een wat ek al gehoor het by manne wat dit so gebruik. Het dit egter ook nog nie probeer nie. Klink vir my heel eenvoudig en sonder sportbeserings.
Caller
Doppe
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Doppe
Izak H en Ja3 - die oond metode werk - en as jy net die nekke of boonste dele wil sag maak, laat staan die doppe in bietjie water, as hy wil dryf, sit bietjie sand onder in elke dop. Jy kan die doppe maar vinnig afkoel ook - stamp hulle net om in die water in. Miskien is daar 'n tegniese rede hoekom die manne wil he hy moet stadig afkoel - al wat ek weet is hy word ook sag al koel jy hom in die water af. Nadeel is natuurlik dat jy nou die doppe baie mooi moet droogmaak binne......
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Doppe
Jy kan by Safari outdoors 'n vloeistof koop waarvan jy een derde van die slagdopkant 'n druppel sit en dan die dop se nek verhit tot die druppel verkleur of so iets waarna die dop dadelik afgekoel moet word. Die rede vir die afkoel is om die nekgedeelte sag re maak maar die slagdopkant moet hard bly vir die uittrek slag en die primerpocket se onthalwe. Hulle verkoop ook 'n dop houer wat soos 'n kort stukkie staalpyp lyk wat jy voor aan 'n elektr. skroewedrywer sit en sodra die druppel verkleur dop jy net die dop uit in die water. Behoort maklik te werk. Die proses word ook net een maal gedoen en die re?l is dat brass nie soos staal van hardheid verander nie. As dit eers saggemaak is is dit sag.beyersgrt wrote: Ek soek raad met die sagmaak van doppe. Hoeveel van die dop maak mens warm?
Hoe warm maak jy hom en hoe koel jy hom af?
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Doppe
Christo, jammer om te moet verskil, maar brass word wel weer hard - dit sal selfs "work harden" - bloot die feit dat jy hom deur die matrys (die) druk maak hom klaar hard. Jy kan maar toets - maak 'n brass staaf sag en buig hom om te voel hoe sag hy is - maak hom nou weer sag en tik hom so paar keer op die werks bank of met 'n hamer en buig hom nou weer - jy kan sommer voel hy is klaar baie harder. Of buig hom heen en weer - die eerste keer of selfs tweede is maklik, maar daarna verhard hy. Wat wel waar is, is dat as jy staal reg verhit en vinnig afkoel in olie of water word hy harder - brass doen nie - hy bly sag - tot jy met hom werk, dan verhard hy weer.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Doppe
Izak
Jou metode is reg die temp en tyd is net te laag
Brass sal teen 257?c begin versag maar so min dat dit net met 'n mikroskoop gemeet kan word ,die verandering in struktuur kan waargeneem word.So 200?c teen 15 min sal geen uitwerking h? nie.
315?c vir 60 min sal die ding doen ,verwyder die slagdoppe plaas die dop in water tot by die skouer,maak seker die water binne die dop is ook tot die skouer.Voorverhit oond tot 320?c maak seker die waaier is af anders vedamp die water as baie kort doppe gebruik word is dit nodig om dalk weer water op te top gedurende die proses.
Onthou dit is 'n proses van hitte en tyd.
Raynie

One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed