1988 Hilux onderstel kraak/breek

Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

1988 Hilux onderstel kraak/breek

Post by Kalahari »

Hallo almal

Ek soek raad asb, ons plaas bakkie ( 2.2 4y Hilux) se onderstel het in die week op twee plekke gebreek presies regoor mekaar onder die kajuit.
Op die regterkant kan ek die kraak voel aan die bokant en die linker is daar twee skeur plekke onder en dan op tot bo, maar nie deur die bokant nie.
Ek het reeds twee domkragte onder gesit en opgetel sodat die kajuit die regte spasie het na die tralies se kant en met die lyk of alles "op gelyn" is.

Manne dit is al plaas voertuig wat ek het.... ek het nie 'n keuse as om te sweis en probeer regmaak nie.

Ek het reeds 10mm dik plaat op hande.
Enige raad en hulp sal waardeer word. Ek kan nie die voertuig by regte mense kry nie, 270km vêr van my.

Dankie
Johan
Vaalbos
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Thu Feb 27, 2014 11:32 am

Re: 1988 Hilux onderstel kraak/breek

Post by Vaalbos »

Verkieslik nie met ARC welder sweis nie. die temp is te hoog en die staal kristaliseer naby die sweis naat.

Gebruik a wirefeed/gas sweis stel wat laer temp handhaaf.

Clamp die plate vas langs die chassis en sweis hulle vas 100mm beide kante van die kraak hoort OK te wees.
Plaat so breed moontlik om drakragte te versprei.
10mm dikte is regtig dik. Jy sal met 5 tot 6mm ook regkom.
jean 7mm
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 71
Joined: Sun Nov 02, 2014 10:01 pm

Re: 1988 Hilux onderstel kraak/breek

Post by jean 7mm »

Hoop jy kom reg dit gaan nie baie lank hou nie dit kraak maar gewoonlik weer langs die swys plek af .ek sou hom ook eers ook bietjie warm maak da en dan swys maar ek kan verkeerd wees hoor maar wat se die slim manne.lekke aand

Sent from my SM-G532F using Tapatalk
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: 1988 Hilux onderstel kraak/breek

Post by Martin Marais »

Sweis eers die krake toe,gebruik dan 'n angle grinder om die sweisnaat mooi gelyk met die onderstel te grind. Klamp nou die plate waarmee jy die onderstel wil versterk oor die sweisnaat vas,100mm weerskante van die kraak af sal genoeg wees. Sweis nou hierdie plate aan die onderstel vas,maar sweis slegs aan die bokant en aan die onderkant. Moenie aan die agterkant en die voorkant sweis nie. Jy sweis dus slegs die twee horisontale nate. Jy sweis nie die vertikale nate nie omdat die sweisproses stres op die materiaal plaas,en daarom kraak die onderstel gewoonlik reg langs die sweisnaat. In sweisterme noem ons hierdie verskynsel die "heat effected zone". Jy kan jou gewone arc welder met vitemax 6013 elektrode gebruik.
Ek hoop jy kom reg.

Groete
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 1988 Hilux onderstel kraak/breek

Post by Kalahari »

Dankie vir almal se raad, waardeer.

Dit kos maar om die werkie te doen, ek is nog nie heeltemal klaar nie, maar eerder ordentlik werk as om more weer te staan.

Ek het die plate gesny en ook binne in die plaat 'n diamant vorm uitgesny en die punte "skerp" gemaak. Nou sweis ek al die nate, hopelik hou dit omrede daar geen vertikale nate is nie, slegs die skuins en horisontale nate bo en onder.

Voorspoed
Johan
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2204
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 1988 Hilux onderstel kraak/breek

Post by Ds J »

Het vandag die raad gekry om die onderstel met lae-koolstof-stafies te sweis.
Post Reply