Jeep Wrangler 3.7, 3.8 en 3.6 Petrol

Post Reply
User avatar
Smittie86
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Thu Jan 25, 2018 11:24 am

Jeep Wrangler 3.7, 3.8 en 3.6 Petrol

Post by Smittie86 »

Goeie Middag,

Ek is in die proses om my kamp geriewe bietjie te verander. Die vrou wil graag van die bakkie en tent opsie na SUV en trailer opsie beweeg. Die trailer is ek mee uitgesorteer.

Die vraag is, wie het vir my eerlike raad en advies rondom die Jeep Wranglers. Ek sal graag bietjie oor die foon wil gesels en raad kry rondom die voertuig. Ek het een gaan toetsbestuur en was aangenaam verras, maar wil graag die feite ook weet. Verkoopsmense is nie altyd so eerlik in verband met die voertuig nie.

Enige hulp en raad sal waardeer word, en as daar iemand is wat bereid is om bietjie oor die foon te gesels, PM my asseblief.

Groete,
Smittie. ;D
User avatar
Xplicitly
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm

Re: Jeep Wrangler 3.7, 3.8 en 3.6 Petrol

Post by Xplicitly »

Smittie86

Stuur my 'n pm dan stuur ek jou my nommer. Ons kan vanaand gesels. Ek het beide die 3.8 asook die 3.6 gehad oor die laaste 2 jaar. Baie gaan 4x4 en gespeel en kan dalk ervarings en opinies met jou deel.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
Post Reply