87greiners vir 243
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
87greiners vir 243
Naandse al die manne met 243’s. Ek wil bietjie hoor wat julle ervaring is met 87gr V-Max punte en watter ladings vir julle goeie resultate gee. Die groot vraag is ook hoe groot die jump moet wees? Soos ek verstaan is dit meer n varmint punt of sou julle ook n Springbok daarmee jag?
Ek hoor graag van julle!
Ek hoor graag van julle!
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: 87greiners vir 243
Ek neem aan jy praat van 87gr Vmax'e. Enige klein bok 250m en nader mors hy maar. Bly weg van bladbene dan is die vleisskade nie so erg nie. Groot bokke 250m en nader gaan jy nie penetrasie kry as jy op die knoppe skiet nie. Koeël gaan opbreek. Kopskote werk mooi, "popeye" bokke. 300m plus op springbokke agter die blad raak vleisskade minder. Akurate koeël wat bekostigbaar is. Vmax'e loop op hoër node 3360V/sek in my 243 Ackley. Moet nie mik om hierdie spoed te ewenaar nie.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: 87greiners vir 243
Hoe sal daai Vmax maak teen 2780fps trompspoed?joe rocket wrote:Ek neem aan jy praat van 87gr Vmax'e. Enige klein bok 250m en nader mors hy maar. Bly weg van bladbene dan is die vleisskade nie so erg nie. Groot bokke 250m en nader gaan jy nie penetrasie kry as jy op die knoppe skiet nie. Koeël gaan opbreek. Kopskote werk mooi, "popeye" bokke. 300m plus op springbokke agter die blad raak vleisskade minder. Akurate koeël wat bekostigbaar is. Vmax'e loop op hoër node 3360V/sek in my 243 Ackley. Moet nie mik om hierdie spoed te ewenaar nie.
Vleisskade gewys?
Lus om hulle in die 6x45 te probeer.
Jammer vir die hijack
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: 87greiners vir 243
Skiet agter die blad deur die ribbes vermy groot bene dan sal die vleisskade minder wees teen hierdie spoed. Ek het dit al gesê en ek gaan dit weer sê, ek het nog nooit gesteur aan vleisskade nie. Gooi eerder n kg vleis weg en maak seker van jou skoot, as wat jy n kwesbok in die veld loop soek. Apie jou 6x45 is mos eintlik n kopskoot roer. V'max se bc is ook lekker hoog. Hy sal mooi loop in jou roer. Sal ook kyk na 75gr vmax'e.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 87greiners vir 243
Sjoe! Dis n mooi spoed wat jy daar kry met die AI! Wonder net wat ek kan kry op my std Sako?
Glo ek sal so 3150 kan kry?
Glo ek sal so 3150 kan kry?
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: 87greiners vir 243
Laai 5 koele met 38gr S365 en skiet oor kronograaf. Gee data deur op quickloads draad en ek is seker Dale en oom Tripod sal help.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 87greiners vir 243
Ek het al baie lekker in die Karoo gejag met 87gr Berger VLD Hunting punte en moet se die vleisskade was heel aanvaarbaar op die klompie Springbokke wat ek platgetrek het. Dis egter heelwat duurder as die 87 gr V-Max punte en daarom my vraag oor hoe goed die V-Max sal vergelyk met die Bergers? My skote le gewoonlik tussen 200 en 300 meter.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 87greiners vir 243
Wonder of ek dieselfde ladings op die V-Max kan gebruik as op die VLD Huntings?
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 87greiners vir 243
Herlaai is nie soos koekbak waar resepte uitgeruil word nie. Jou geweer is 'n unieke platform met sy eie eienskappe. Behandel hom so en gebruik beginladings om te sien wat die verskillende komponente in hom doen. Gaan lees meer oor herlaai voorstelle by die skakel http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=47882 en die ander 3 onder dit. (Quick Load Herlaai).Skietstoel wrote:Wonder of ek dieselfde ladings op die V-Max kan gebruik as op die VLD Huntings?
Vmax koeëls is ontwerp om wegskram uit te skakel wanneer ongediertes (varmints) naby beboude gebiede geskiet word. Dit is dus ontwerp om op te breek.
Die VLD is ontwerp om vinnig oop te maak en dan bymekaar te hou om die nodige penetrasie te verseker.
Barnes TSX/TTSX is jagkoeëls wat uitsluitlik vir daardie doel ontwerp is. Hulle het al weens hul unieke eienskappe 'n verdiende reputasie opgebou - as jagkoeël en nie vir die skiet van ongediertes nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- JuanVE
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am
Re: 87greiners vir 243
87 Gr Vmax werk uitstekend vir ongediertes asook op springbokke indien jy kopskote skiet. Wanneer 'n Vmax 'n bok se been tref is daardie kwart onbruikbaar. Hulle mors met vleis.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 87greiners vir 243
Dankie vir almal se insette, waardeer dit ten seerste!
My vraag is of iemand al met beide 87grein V-Max sowel as VLD’s gespeel het en ooreenkomste of verskille in ladings waargeneem het op dieselfde geweer? Ek het besluit om die V-Max op papier te gooi en die VLD’s in die jagveld aan te wend. Gaan maar oor kostes...
My vraag is of iemand al met beide 87grein V-Max sowel as VLD’s gespeel het en ooreenkomste of verskille in ladings waargeneem het op dieselfde geweer? Ek het besluit om die V-Max op papier te gooi en die VLD’s in die jagveld aan te wend. Gaan maar oor kostes...
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: 87greiners vir 243
Skietstoel,Skietstoel wrote:Dankie vir almal se insette, waardeer dit ten seerste!
My vraag is of iemand al met beide 87grein V-Max sowel as VLD’s gespeel het en ooreenkomste of verskille in ladings waargeneem het op dieselfde geweer? Ek het besluit om die V-Max op papier te gooi en die VLD’s in die jagveld aan te wend. Gaan maar oor kostes...
Ek het beide die vmaxe en vld hunting 87gr in my 243 AI probeer. Na meer as `n 100 vmaxe was ek steeds nie tevrede nie. Fout gaan soek en vmaxe begin weeg. Afwyking tussen punte was skokkend vir my.
Oor na Berger en tevrede van die eerste lading/groep af. Akkuraatheid wat ek nou kry met die Bergers sal jou oë laat traan. Net vir interssantheid die Bergers ook geweeg. Almal presies dieselfde massa. Bergers is duurder, maar verseker in `n ander klas.
Met `n vleisie...
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 87greiners vir 243
Dankie vir daardie inligting Mellies!
Het jy ook gevind dat jy die VLD’s naby die lands moes bring vir goeie akkuraatheid? My COL is 70 mm met hulle.
Het jy ook gevind dat jy die VLD’s naby die lands moes bring vir goeie akkuraatheid? My COL is 70 mm met hulle.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 87greiners vir 243
bulletin.accurateshooter.com/2009/03/berger-tips-for-loading-vld-bullets/
Gaan koekeloer op Google rakende TPL en sprong vir die VLD koeëls. Daar is heelwat waardevolle kommentaar op verskeie forums.
Gaan koekeloer op Google rakende TPL en sprong vir die VLD koeëls. Daar is heelwat waardevolle kommentaar op verskeie forums.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: 87greiners vir 243
Yes. Jump is naby aan 0. Of dis wat ek probeer het. TPL is 69.50mm met Bergers.Skietstoel wrote:Dankie vir daardie inligting Mellies!
Het jy ook gevind dat jy die VLD’s naby die lands moes bring vir goeie akkuraatheid? My COL is 70 mm met hulle.
Met n vleisie...
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 87greiners vir 243
Skietstoel wrote:Dankie vir daardie inligting Mellies!
Het jy ook gevind dat jy die VLD’s naby die lands moes bring vir goeie akkuraatheid? My COL is 70 mm met hulle.
Ek het die 87gr VLDs in n 6mm by die 4mm laat jump en hulle het baie mooi geskiet, as jy hom naby of self teen die lands kan begjn is die kans goed dat hulle daar sal skiet maar moenie bang as jou freebore van so aard is dat jy hulle moet jump nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: 87greiners vir 243
My .243AI hou vd 87Vmax, al so paar springbokke kop of hoe nekskote geskiet en was gelukkig dat bokke oneshot kills was.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 87greiners vir 243
Ek sal veiliger voel met die Berger VLD’s want ek glo nie ek sal altyd vir die kop kan gaan nie. Tog dink ek n ou kan lekker met die V-Maxe speel. Lyk my die V-Max is minder sensetief vir jump.
Dankie vir daardie verwysing oor die jump vd Bergers, Tripod! Maak sin wat hulle daar se oor die verwantskap tussen druk en hoe diep die punt in die dop geplaas word as mens met die jump wil speel.
Ek gaan n paar V-Maxe laai en kyk of ek n goeie groepering kan kry daarmee. Dan wil ek maar bietjie skiet om oefening te kry op 200 en 300 meter afstande.
Dankie vir daardie verwysing oor die jump vd Bergers, Tripod! Maak sin wat hulle daar se oor die verwantskap tussen druk en hoe diep die punt in die dop geplaas word as mens met die jump wil speel.
Ek gaan n paar V-Maxe laai en kyk of ek n goeie groepering kan kry daarmee. Dan wil ek maar bietjie skiet om oefening te kry op 200 en 300 meter afstande.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 87greiners vir 243
38 grein klink bietjie lig maar ek sal dit doen sowel as om n paar met 40grein te laai en chrony.joe rocket wrote:Laai 5 koele met 38gr S365 en skiet oor kronograaf. Gee data deur op quickloads draad en ek is seker Dale en oom Tripod sal help.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: 87greiners vir 243
40gr met 1mm jump sal werk. Pasop.net vir warm S365 lotte, koele naby lande en maksimum lading dan spike die druk.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 87greiners vir 243
Ek sien daar is manne wat die punt tot so naby as 0.3mm vanaf die lande af bring, maar ek sal eers met 1mm begin soos jy voorstel.joe rocket wrote:40gr met 1mm jump sal werk. Pasop.net vir warm S365 lotte, koele naby lande en maksimum lading dan spike die druk.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 87greiners vir 243
Ek was intussen 2x skietbaan toe met groot verwagtinge dat ek pragtige geoeperings gaan kry met een van my toetsladings. My gemoedstoestand is nou sommer heeltemal depressief want ek kon niks kry wat enigsins die moeite werd is nie. Ek het met ladings gespeel van 39grein tot 42.7grein (S365) en snelhede gekry van 2938’/s tot 3237’/s . Ek was 1mm van die lands af die eerste sessie en 0.5mm daarvandaan die tweede sessie. Kon nie binne 1” groepeer op 100m nie.joe rocket wrote:40gr met 1mm jump sal werk. Pasop.net vir warm S365 lotte, koele naby lande en maksimum lading dan spike die druk.
Lyk my ek moet dalk nog nader aan die lande probeer en ook verder as 1mm weg vd lands af toets. Dalk ander primers as CCI 200’s probeer. Anders moet ek besluit om n ander tipe punt te toets...
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: 87greiners vir 243
1. Loop lengte
2. Dop volume van 1 keer gevuurde dop.
3. Primer gebruik
4. Maksimum TPL
5. Gelaaide TPL
6. Gemiddelde spoed van ladings ( 40gr.), kronograaf presies 5m weg van kroon of demper.
7. Tipe poeier en lot nr.
8. Temperatuur op dag en lugdruk
9. Fabrikaat van koeel.
Gee hierdie inligting deur op die quickload draad en ek is seker oom Tripod en Dale sal jou help om op n akurate node te kom.
2. Dop volume van 1 keer gevuurde dop.
3. Primer gebruik
4. Maksimum TPL
5. Gelaaide TPL
6. Gemiddelde spoed van ladings ( 40gr.), kronograaf presies 5m weg van kroon of demper.
7. Tipe poeier en lot nr.
8. Temperatuur op dag en lugdruk
9. Fabrikaat van koeel.
Gee hierdie inligting deur op die quickload draad en ek is seker oom Tripod en Dale sal jou help om op n akurate node te kom.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: 87greiners vir 243
Dankie! Ek sal die QL data bymekaarmaak en indien.
Geoetnis!
Geoetnis!
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.