ERX "Die Saver" getoets

Post Reply
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

ERX "Die Saver" getoets

Post by JPS »

Hi Manne,

Ek het so die Saver by ERX hier op die Forum gekoop, siende dat ek 'n .30-06 doppie gehad het wat so was soos (jy weet wat) aan 'n Wolkombers vasgesit het. NIKS wat ek gedoen het kon die doppie uitkry nie. So toe koop ek maar een van die Die Savers want die "die" waarin die Doppie vasgesit is my goeie vriend sin en wou nou nie die "die" te seermaak nie, glo my dit was baie naby....
JAMMER VIR DIE SWAK KWALITEIT FOTOS, WAS IN AAND GENEEM EN MET FOON.

Soos julle al gesien het kom die die Saver mooi verpak:

[img width=560 height=420]http://i1092.photobucket.com/albums/i40 ... 8-1426.jpg[/img]

Binne in is 'n Boor bit, Tapscrew, Alan Key, Alan skroeffie en so silindriese stukkie yster wat oor die "die" pas en waarin die alan skroefie in pas.

Eerstens moet jy die "Die" waarin die brass vassit in "Vice" vasmaak onderste bo sodat jy gaaitjie kan boor in die primer pocket van die brass wat vassit met die bit wat verskaf word. Dan Tap jy hom met die Tap screw wat ook verskaf word:

[img width=560 height=420]http://i1092.photobucket.com/albums/i40 ... 8-1427.jpg[/img]

As dit klaar is haal die tapscrew uit en hy lyk so:

[img width=560 height=420]http://i1092.photobucket.com/albums/i40 ... 8-1428.jpg[/img]

Hierna sit jy die silindriese stukkie yster oor die doppie, dit pas mooi oor op die rand van jou die:

[img width=560 height=420]http://i1092.photobucket.com/albums/i40 ... 8-1429.jpg[/img]

Die Alan skroefie wat saam gegee word skroef nou in van bo die silindriese yster in jou brass doppie in, nou moet jy die alan key gebruik en so bietjie "elbow grease" gebruik om die skroefie in te draai in die Brass doppie wat vassit. Soos wat jy die skroefie indraai so kom brass doppie wat vasssit uit, dit raak swaarder om die alan key te draai sos wat jy hom inskroef, Hier is hy so halpad uit:

[img width=560 height=420]http://i1092.photobucket.com/albums/i40 ... 8-1430.jpg[/img]

En dan as hy heeltemal uit is:

[img width=560 height=420]http://i1092.photobucket.com/albums/i40 ... 8-1432.jpg[/img]

al wat jy nou doe is die Brass se agterkant af te saag en siedaar jou pilot rod is uit en jy sit net weer jou "Die" aanmekaar sonder dat die "Die" seergekry het.

Erx, Dankie die produk werk sommer bakgat.

Manne die stukkie gereedskap wat Erx verskaf kan mens seker self aanmekaar slaan in jou garage maar ek is bly ek het die een gekoop by Erx.

Net ook 'n voorstel as jy net een "Die" het per kaliber waarvoor jy laai sou ek eerder so een in my kas het net vir ingeval as wat ek nie een het nie en nie verder kan laai nie. Julle manne weet mos hoe werk murphy ;)

Groete
JP
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by Francois Marais »

JPS

....en as daar dan nou n lewendige slagdop nog vassit???? Vra ma net........

Dankie maat, goeie write-up, goeie produk, gebruik een al jare, net van RCBS, sou al paar dies moes weggooi sonder hom......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by JPS »

FM,

Jong ek weet nie ??? as daar nog 'n slagdoppie vssit nie? Neem maar aan dat jy hom sal uitduk met die "die", hy sit mos gewoonlik vas wanneer jy die brass heeltemal in het en dan is die slagdoppie uit? Kan ook verkeerd wees dis maar net my ondervinding.

Groete daar bo in Nam.

JP
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by Francois Marais »

JPS

Ek vat sommer bietjie gat met jou, ek het toevallig vanmore n dop vir iemand uitgehaal wat nog n lewendige slagdop in gehad het......ma gelukkig nie n decapping rod nie, toe kon ek maklik die slagdop met n 22 decapping rod uitslaan.....hoe meer dae, hoe meer dinge se hulle....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by baboonstalker »

FM, Die greenies gebruik "hoe meer dae, hoe meer dinge (jakkalse, hase, ens ...)" Jy kan sommer s? hoe meer dae, hoe meer roere!  ;D ;D
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by JPS »

Francois Marais wrote: JPS

Ek vat sommer bietjie gat met jou, ek het toevallig vanmore n dop vir iemand uitgehaal wat nog n lewendige slagdop in gehad het......ma gelukkig nie n decapping rod nie, toe kon ek maklik die slagdop met n 22 decapping rod uitslaan.....hoe meer dae, hoe meer dinge se hulle....

Mooi loop
Francois
FM, Daai is nie pyne nie, laat ons altyd so bietjie dink.

Van dink gepraat. Het so bietjie staan en dink oor die vragie bo: As die decapping rod in is soos myne was en daar is nog lewindige primer in dan tik jy hom mas maar net uit van bo of hoe? ;D

Groete
JP
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by Jaco Swart »

JPS.

Ek het vir myself sommer so tool gebou.

15mm Staal pypie wat so 20mm afgesaag is.

Sit dan net washers agter die pypie en draai bout in gat wat jy getap het. Hy werk maar op dieselfde manier as die een van ERX.

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by Francois Marais »

JPS
As die decapping rod in is soos myne was en daar is nog lewindige primer in dan tik jy hom mas maar net uit van bo of hoe?
Doodreg......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by erx »

Hi JPS

Biae dankie vir die stukkie mater, ek is baie bly dat jy kon getuig van die kwaliteit asook die werking van die produk.
Soos die manne se, daar is ander maake ook op die rak wat presies dieselfde doel dien, myne maar opgesit met die hoop dat ons manne eerder die plaaslike mark sal ondersteun as om die buitelanders vol geld te stop. Ek kan ook se dat my produk nie een tree sal terug staan wanneer dit by kwaliteit kom nie.

Groete
erx
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by FE »

Ek weet die gesprek is al koud. Maar moet net s? dat Erx se die saver my gat nou al 'n paar keer gered het. Vir een of ander rede sukkel ek so nou en dan met die 30 06 doppe in my Lyman "die". Dit is al manier wat ek die "die" kon red, sonder te veel moeite. Die die saver werk oop baie maklik.
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by Pvdw »

ERX ek moet gou vir jou krediet gee hier. Ek moes inderhaas so tool bou op die draaibank en ek moes s? dat jy 'n bul van 'n plan hier gemaak het.

Manne as jy nie self een kan bou nie sou ek aanbeveel jy koop een van die. Die patent werk soos 'n droom.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by erx »

Hi Peet

Baie dankie vir die komentaar.
Soos ek altyd vir my kliente se, ek hoop nie jy kry die tool vinnig nodig nie, maar wees gerus dat dit sal werk vir daai dag wat jy dit nodig het.
Beginners, en gesoute herlaaiers kry maar erens die foutjie, ek het dit self ondervind met 'n die wat vuil was en genoeg lube op die doppie.

Groete
erx
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by Monrique (SJ) »

Ek het ook so n "Die Saver" van ERX op die forum en moes dit ook al 2 keer gebruik. Julle kan gerus die forum lid ondersteun met hierdie goeie produk, hy werk baie goed.


Groetnis
Pottie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Mon Feb 21, 2011 7:27 pm

Re: ERX "Die Saver" getoets

Post by Pottie »

Die maklikste manier om n lewendige primer te deactivate is om dit in petrol of tinners te laat le, dit werk glo met lewendige ammo ook, jy moet dit net n rukkie langer daarin los. Altyd n baie handige wenk vir n herlaaier, dis bietjie baie meer gerusstellend om te weet n problematiese rondte se tande is getrek.
Post Reply