Navara 2.3 ervarings

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by tau »

Nou net kwotasie by Nissan gekry. Hulle praat heeltyd met my oor prys en toe gedrukte een kom toe is dit sonder vat gewees :)

Nou op 'n enkelkajuit of supercab,extracab wat jy met jou besigheid vat kan terug eis verstaan ek, maar op privaat koop dubbelkajuit verstaan ek nie hoekom hulle so praat nie. So ek buig die knie die nuwe Navara sal my nie sien nie my beursie is helemal te vlak.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by BenJacobs »

Hulle sê die Hilux is net soos die ranger net vir mans.
Op 'n ernstige noot oom. My meisie se oom ry 'n nivara en hy sê dit was die grootste fout van sy lewe. Die bakkie gee hom probleme van dag een af.
Groete Ben
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Harambe »

tau wrote:Hierdie draad is nou 'n tipiese voorbeeld oor hoe ons klomp lees.

Ek vra oor ervarings oor die nuwe Navara 2.3 bakkie en dan vertel een man my ek moet 'n stasiewa koop wat soos 'n 2002 Carolla binne lyk en 'n ander klomp vertel my oor Toyota.

Lees in my eertse pos. EK het reeds 'n Toyota en het ervaring met my Pa se nuwe Toyota. Ek weet klaar van die Toyota.

Kom ek vra so is hier enige iemand wat al die nuwe 2.3 Navara gery het verder as om die blok by jou handelaar?

Julle maak my so kwaad ek koop sommer weer 'n Ford.....
Die navara is fantasties. Koop hom.
Of so iets
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by tau »

Harambe wrote:

Nee wat jy beveel 'n Subaru aan vir iemand wat 'n nuwe bakkie soek so ek gaan eerder Toyota koop as jy nissan aanbeveel. :laugh:
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Harambe »

tau wrote:

Sien, my boere-sielkunde werk. Ek het mos aan die begin al gese jy moet Toyota gaan.
Of so iets
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Chevvy SS »

Tau, alle bakkies doen beter met 'n "after-market' suspensie. Wees net versigtig, want party van hulle laat ry die voertuig harder. Dit gaan jou R20 000 kos, maar jy gaan resultate kry.

Daar bly vir jou eintlik net 'n vlakvark (lees Toyota) oor. As jy nie so gepla is oor inruilwaarde nie, gaan ry met die Triton soos hier al aanbeveel is.
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Joe13 »

Wat van die V6 Amarok, jy sê jy soek ekstra perde, hulle het verseker baie NM.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Wouter Roets »

Whoa Joe! Jy span nou hopeloos te veel perde voor ou Tautjie se wa. Hel die 2l maak hom al klaar bang.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Gawie(13mm) »

Wouter Roets wrote:Whoa Joe! Jy span nou hopeloos te veel perde voor ou Tautjie se wa. Hel die 2l maak hom al klaar bang.
Die enigste rede hoekom hy sku is vir daai Willerok is omdat vroulief die stokke vat en sy ken net een spoed en daai is top spoed. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by tau »

Chevvy SS wrote:Tau, alle bakkies doen beter met 'n "after-market' suspensie. Wees net versigtig, want party van hulle laat ry die voertuig harder. Dit gaan jou R20 000 kos, maar jy gaan resultate kry.

Daar bly vir jou eintlik net 'n vlakvark (lees Toyota) oor. As jy nie so gepla is oor inruilwaarde nie, gaan ry met die Triton soos hier al aanbeveel is.
Uncle Chevy my Pa se Toyota is ge Oldman Emu voor tot agter en is undrukwekkend in die veld en ry ook bietjie beter as my extracab op teer, ek is stief as dit by extra's kom en koop net kappie en spotlights vir my bakkies.

Snaaks vir iemand wat resies ry en mal is oor spoed en engines, hou ek van 'n standaard wit bakkie met niks extra's op nie. Ek wil net gaan toer in Namibia en so bietjie offroad ry.
Gawie(13mm) wrote:
Wouter Roets wrote:Whoa Joe! Jy span nou hopeloos te veel perde voor ou Tautjie se wa. Hel die 2l maak hom al klaar bang.
Die enigste rede hoekom hy sku is vir daai Willerok is omdat vroulief die stokke vat en sy ken net een spoed en daai is top spoed. >:D
My kinders van 5 en 7 spot al hulle wil ook in Namibie lisensie kry soos mamma, want dit moet maklik gewees het en daar is baie minder mense wat jy kan raak ry.

Sy soek ook 'n AUTO terwyl ek nog die 6 spoed ratkaste geniet vir sleep. Ons ry min sonder die kampwa of bikes op wa so sleep is nogals vir my belangrik. Nie net die krag nie, maar brandstof verbruik ook.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by tau »

Wouter Roets wrote:Whoa Joe! Jy span nou hopeloos te veel perde voor ou Tautjie se wa. Hel die 2l maak hom al klaar bang.

Ek was gister by Rola VW, hulle het nie een Amarok op die vloer nie. Almal reeds verkoop aan Jappies van JHB... :laugh:

joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by joe rocket »

Daai V6 Amarok het verskriklik baie krag, van al die bakkies is die Amarok wat die lekkerste ry.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Capt. Yoda »

tau wrote:Hierdie draad is nou 'n tipiese voorbeeld oor hoe ons klomp lees.

Ek vra oor ervarings oor die nuwe Navara 2.3 bakkie en dan vertel een man my ek moet 'n stasiewa koop wat soos 'n 2002 Carolla binne lyk en 'n ander klomp vertel my oor Toyota.

Lees in my eertse pos. EK het reeds 'n Toyota en het ervaring met my Pa se nuwe Toyota. Ek weet klaar van die Toyota.

Kom ek vra so is hier enige iemand wat al die nuwe 2.3 Navara gery het verder as om die blok by jou handelaar?

Julle maak my so kwaad ek koop sommer weer 'n Ford.....

lmga
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Wouter Roets »

tau wrote:
Wouter Roets wrote:Whoa Joe! Jy span nou hopeloos te veel perde voor ou Tautjie se wa. Hel die 2l maak hom al klaar bang.

Ek was gister by Rola VW, hulle het nie een Amarok op die vloer nie. Almal reeds verkoop aan Jappies van JHB... :laugh:
Yuppies van Pretoria ook. ;)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by PWV »

joe rocket wrote:Daai V6 Amarok het verskriklik baie krag, van al die bakkies is die Amarok wat die lekkerste ry.
Amal-met-rokke ry lekker! ;) ;)
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Riaan Kriel »

PWV wrote:
joe rocket wrote:Daai V6 Amarok het verskriklik baie krag, van al die bakkies is die Amarok wat die lekkerste ry.
Amal-met-rokke ry lekker! ;) ;)
Daar bo in die midde-ooste dra die mans ook rokke >:D ++>:
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Malan123 »

tau wrote:Middag Manne

Enige iemand met die nuwe 2.3 Navara.
Ek is nou so gatvol vir my 3.2 ek wil nooit weer Ford of Mazda sien nie. 120 000km en my koppelaar wat op 98 000km vervang is is weer oppad uit, wel hy was nooit reg na hy vervang is nie, maar Ford het met my gestrei en ek het hom nou gery totdat hy so ruk agv. van pressure plate backlash of servo wat weer foutief is hy hop hop so.

Turbo is al vervang en die vents se ratjies strip in die dash dan klap hy heeltyd en drywer kant het net koue lug geen verhitting nie en ook nie op demist vir windscreen nie. Hy gaan nou dat hulle dit kan herstel voor waarborg 31 Maart verval en dan moet hy maar groet.

My Pa het 'n Toy 2.8 auto DC 4x4 wat my baie beindruk, net te klein agter seats vir my en my werks bakkie is 'n Toy 2.4 extra cab so ek ry genoeg hard :laugh: . Eintlik is dit tussen nuwe Navar en die 2.4 Toyota vir my tans.

Ek het lank 'n 2.5 Navara gery en my Pa ook en ons het baie goeie diens van hulle gekry en die ry gerief was tops.

Die Navara sal mamma se daaglikse ryding wees en dan gaan kamp en teor ons met hom.

Sien Nissan doen helse trade-in assistance en ja ek hou van Nissan.

Ek ry net sand as dit offroad/ 4x4 is en laai nie die bakkie dood nie, maar sleep gereeld sleepwa en dit is waar my 2.4 Toyota bietjie swaar kry en die Toyota 2.8 het ook nie my 3.2 se sleep vermoe nie, maar hy breek darem ook nie elke tweede trip nie.

Is die coils agter werklik 'n probleem?

Oja en die drukfin effek op die agterklap is lelik!!!

Tau, jammer dis so bietjie van die punt af, maar op hoeveel km het jy die 1ste keer brieke verander? My 3.2 is vanoggend in vir 40 000km en die manne se vir my brieke is klaar! Ek het nog nooit gehoor dat 'n kar se brieke so vinnig verander moet word nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by tau »

Malan123 wrote:

Ek het nou op 118 000km vervang voor nie agter nie.

My Navara het elke 25 000km voor gekry en my vorige werksbakkie voor die Navara was 'n 3.0 Ford supercab wat ook elke 40 000km brieke gekry het.

My beskeie opinie is van die goed se load sensing valves nie reg en vreet hy brieke, maar ek kan dit nie bewys nie.

Ons het 'n 2.2 Ford Supercab wat ons breakdown bakkie wat permanente swaar gelaai is met tools en parte is en hy het op 60 000km nog nie brieke gekry nie.

Doen self jou brieke of laat doen by Speedy as FOrd se prys rof is. Onhou ook met 15 000km service intervals moet hulle sekermaak jy haal jou volgende diens met die bestaande briek skoene.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Malan123 »

Dankie, waardeer die inligting. Ek gaan dit iewers anders laat doen, maar ek het die manne mooi laat verstaan dat parte op so duur voertuig nie net 40 000km kan hou nie. Hierdie is nou die 3de keer wat ek op verskillende Fords briek probleme optel.
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Stefan Fourie »

Volg.

Hopelik lewer iemand 'n slag kommentaar oor die oorspronklike onderwerp...
Smit@50
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Sun Dec 07, 2014 6:38 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Smit@50 »

Ek het nuwe Navara gekoop die Automaties . Baie tevrede . Hy ry soos op droom op grind pad . Kry 11km/L . Die Boer this is n Groot verbetering op votive model. Baie minder Pak plek onder agterste dit plek. Die druk von agter verkied stop in bak . Glo my dit werk. Nou al 5k gedoen op bakkie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Norinco .22
Howa bull barrel 223
Howa 308
CZ 300 Win Mag
Lames o/u Shot gun
CZ P09 Pistol
Unique .22 pistol
Tikka 300 WSM Varmint
Howa 6.5 Creedmoor
Glock 43
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by THOMAST »

Smit@50 wrote: . Hy ry soos op droom op grind pad . Kry 11km/L . Die Boer this is n Groot verbetering op votive model. Baie minder Pak plek onder agterste dit plek. Die druk von agter verkied stop in bak . Glo my dit werk. Nou al 5k gedoen op bakkie.
Dik vingers, klein sleutelbord nê? ;D
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by PWV »

THOMAST wrote:
Smit@50 wrote: . Hy ry soos op droom op grind pad . Kry 11km/L . Die Boer this is n Groot verbetering op votive model. Baie minder Pak plek onder agterste dit plek. Die druk von agter verkied stop in bak . Glo my dit werk. Nou al 5k gedoen op bakkie.
Dik vingers, klein sleutelbord nê? ;D
Of uit die Duits vertaal! :D
Post Reply