Soek aanbeveling vir nuwe skaal
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal
Dankie Hennie, mooi beskryf, het jy dalk n link na die skaal? Sal graag wil oplees.
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
-
HennieL
- Newbie

- Posts: 31
- Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm
Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal
Peregrine se website: http://besthuntingbullets.com/
Probeer ook die volgende:
https://www.247hunter.co.za/home/857-pe ... scale.html
http://powderkeg.co.za/archives/949
https://www.theshootingguys.co.za/produ ... ing-scale/
Hoop dit help...
Groetnis
Probeer ook die volgende:
https://www.247hunter.co.za/home/857-pe ... scale.html
http://powderkeg.co.za/archives/949
https://www.theshootingguys.co.za/produ ... ing-scale/
Hoop dit help...
Groetnis
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal
Dankie, ek is eintlik dringend opsoek na so skaaltjie hier in pta, as iemand weet waar ek een kan kry.
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal
Hennie het jy nou al die skaal getoets?
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
-
HennieL
- Newbie

- Posts: 31
- Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm
Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal
Joe, ja - uiteindelik...Joe13 wrote:Hennie het jy nou al die skaal getoets?
Die skaal weeg met 'n resolusie van 0.001 gram - dus 0.015 grein as my somme reg is, maar wys net tet twee desimale - dus moet mens afrond tot 0.02 grein...
Ek is in my noppies met die skaaltjie se herhaalbaarheid en maklike gebruik. Die syfers is ook lekker groot, so ek hoef nie my leesbril op te sit nie (maar ek doen dit tog...). Ek kan ook enige tyd terwyl ek bv. kruit afweeg net gou 'n koëlpunt of 'n doppie weeg sonder om enige verstellings aan balkie gewigte te maak - dus baie handiger as my ou balkie skaal.
Buiten die effens misleidende resolusie (wat nie Perigrine se skuld is nie...) is daar twee dinge wat ek nie van hou nie - maar nie een is 'n groot "issue" nie:
* Die skaal moet gladnie beweeg word nadat dit aangeskakel is nie. Ek het twee maal ingedagte die skaal net effens geskuif, en albei kere het dit " getilt" en 'n foutboodskap gegee. Ek moes elke keer eers die skaal weer afskakel, en na 'n paar sekondes weer aanskakel voordat ek verder kon weeg. ek reken dis beter so, as om met 'n skaal aan te gaan wat foutief lees, so dis dalk 'n pluspunt en nie 'n negatief nie...
* Die skaal kom met twee klein weegbakkies - een van plastiek en een van metaal. Albei hierdie bakkies is baie klein, en mens kry nie lekker houvas daaraan nie. Mens kan ook nie tien geweerladings in 'n bakkie gooi om 'n beter gemiddelde gewig te bepaal nie, want die risiko is dat jy kruit gaan mors. Ek het dus maar eenvoudig net my ou RCBS skaal se bakkie nadergetrek - ons werk al baie jare saam, en ken mekaar se geite
Opsommend, is ek verder heel gelukkig met hoe die skaal " perform".
Hoop hierdie inligting is van hulp vir iemand.
Edit - het net weer my berekeninge nagegaan, en bevestig dat die skaal wel 0.01 grein wys, maar net tot 0.015 grein akkuraatheid het - se dus maar 0.02 grein.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal
Rupert verkoop jy nog die NHB150 skale?RUPERT wrote: Mon Mar 12, 2018 8:48 am Dankie Geno!!!! Manne ek doen die NHB vir Jaracal menne teen R 3050 excl.
Stuur asb julle navrae na sales@scalerite.co.za en noem asb ook dat jy van Jaracal af is.
Groete
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
