220V Vrieskas met Inverter van kar battery
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Hoop hier is dalk 'n paar manne wat vir my kan help.
Ons het 'n National Luna kamp yskas/vrieskas gekry, ongelukkig het hy slegs 'n 220V compressor. Ons gaan die naweek plaas toe (daar is nie krag nie) en wil graag die vrieskas gebruik.
Nou ek wil weet kan ek die vrieskas gemaklik hardloop van 'n inverter af, watse inverter moet ek na kyk. Ek het ook nie 'n duel battery stelsel nie, hoe lank sal die bakkie se battery hou?

.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
Nie lank nie - toets gerus oor die volgende 2 dae of jy die battery deur die nag sal kan laat loop.
Jy mag dalk enkele ure se "inverter" krag kry uit die 12v. Dis 'n ander storie as die yskas op 12v sou werk!
Die slim manne sal vir jou presies die som kan maak!
Vries 5 liter kannetjie water en sit dit in die vrieskas - jy verloor spasie, maar dit sal effektief wees vir die naweek se goed koud hou. Dalk nie gevries nie.

" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
Ek het `n 60L Snomaster vir 2 dae en nagte gehardloop met 'n 700w Waeco inverter op die Isuzu wat ek toe gehad het se battery.
Saam met dit het ek ook in die nag 'n CPAP masjien gehardloop. Die oggend van dag 3 moes ek egter gejumpstart word want toe is daai battery morsdood.

- Smittie86
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Thu Jan 25, 2018 11:24 am
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
Ruaan,
Ek het vraag? Wat was i die Snomaster, was dit 12V of deur inverter?
Ek het daardie nog nooit reggekry nie, nie op 'n naweek se kamp nie. En veral nie as daar oop en toe gemaak word nie.
Dan, Stephan, jy vra nou daardie hoe lank is 'n stukkie tou vraag.
Ek het al baie gekyk na die goed ens. Dit hang van BAIE vaktore af. Die inverter se effeciency het BITTER groot rol om te speel. Die goedkoper inverters se uitsetting is SWAK. Nie NABY aan sinus golf nie, is so chopped vierkantige golf. Goed genoeg vir elektronies toerusting, maar bitter nadelig vir enige iets moet motors. Motors hou nie van sulke golwe nie, resoneer nie reg nie, loop warm en verkort die lewensduur.
Indien die yskas net "maintain" moet word en nie nuwe god van warm af moet koud maak nie, kan dit dalk beter gaan, maar twee dae sonder laaier ens is bietjie far fetched.
Jou volgende probleem is die bakkie se battery. Hy is gemaak vir CCA. Cold Cranking Amps. Nie vir aanhoudende draw van konstande amps nie.
My voorstel sal wees om eerder 2 x 100Ah batterye te kry, VOL te laat by die huis en dan die een die een dag en die ander die ander dag te gebruik, en dan die yskas so min moontlik oop te maak.
Waar is jy gelee?

Smittie die Snomaster het deur die inverter gehardloop maw 220V. Nog nooit weer gedoen nie maar dit was al plan wat daar was vir daai naweek behalwe om 'n klomp geld te gaan uitgee. Ek moet ook net noem ek het Snomaster heel naweek op -2 gehardloop so dit het nie so baie krag getrek soos op -10 + nie.
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
Smittie ek bly in Pta Oos.
Ek was ook effe bekommerd dat ek dalk die battery kan beskadig as mens hom so leeg trêk.
Ek was ook effe bekommerd dat ek dalk die battery kan beskadig as mens hom so leeg trêk.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Smittie86
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Thu Jan 25, 2018 11:24 am
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
My voorstel is om te kyk of jy nie by iemand 'n Sonpaneel en Charge Controller kan "Huur" vir die naweek nie, en dalk kyk of jy nei ekstra battery ook kan "huur" nie.
Sterkte, as jy in die Kaap was, dan kon ek dalk gehelp het.

-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
Watse model National Luna is daai wat net 220 het?? Dog almal het 220v en 12v??
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
ek gooi nou die appel kar om maar is dit nie makliker om n kleinerige generator te kry nie ? dit is tog iets wat jy altyd kan gebruik
ek het al 2 batterye verniel deur hulle heeltemal te pap te trek.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
Bakkie se batery gaan nie lank hou nie a dit op vries gestel is, net n paar uur.Stephan86 wrote:Hoop hier is dalk 'n paar manne wat vir my kan help.
Ons het 'n National Luna kamp yskas/vrieskas gekry, ongelukkig het hy slegs 'n 220V compressor. Ons gaan die naweek plaas toe (daar is nie krag nie) en wil graag die vrieskas gebruik.
Nou ek wil weet kan ek die vrieskas gemaklik hardloop van 'n inverter af, watse inverter moet ek na kyk. Ek het ook nie 'n duel battery stelsel nie, hoe lank sal die bakkie se battery hou?
Klein generter is dalk die oplossing.
.
.
-
Yogi
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
As jy die motor battery onder 70-80% drain, begin jy sy leeftyd benadeel. Vir die prys van deep cycle batterye kan jy eerder generator koop. Saammet die sonpaneel moet jy maar deep cycle batterye hê anders gaan jy nie deur die nag kom nie.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
Nie nodig vir deep cycles nie...ek het twee 102 ah hi cycles wat twee Engel 40 liters dra, het twee 80 w sonpanele in parallel gekoppel wat daai bats nou vol maak, afhangend van die weer natuurlik..Yogi wrote:As jy die motor battery onder 70-80% drain, begin jy sy leeftyd benadeel. Vir die prys van deep cycle batterye kan jy eerder generator koop. Saammet die sonpaneel moet jy maar deep cycle batterye hê anders gaan jy nie deur die nag kom nie.
Genie..ja hang ag waar jy gaan..geraas ga dalk ander kampers ontstel..super silent genies soos die Honda 1KW inverter genie, nou oor die R12 000, ...
Is maar 'n duur storie om jou eie krag te "maak", maar met goeie beplanning, kan jy met min geld weg kom.
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
Johan ek is nie seker oor die reeks nie, ma weet hy is al so 8+ jaar oud.
Dankie vir jul almal se terugvoering. Vir 'n begin sal ek alles by die huis ordentlik vries. Ek sal my Romer Cooler gebruik om die ys te hou, weet hy kan gemaklik ys vir 4 dae gevries hou met die temp wat ons nou het.
Dankie vir jul almal se terugvoering. Vir 'n begin sal ek alles by die huis ordentlik vries. Ek sal my Romer Cooler gebruik om die ys te hou, weet hy kan gemaklik ys vir 4 dae gevries hou met die temp wat ons nou het.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: 220V Vrieskas met Inverter van kar battery
laaste appel kar.... jare terug het ons sommer in die bos gekamp (vir jag) en in die dam gebad as jy jou self erg begin ruik het, anyways ons het droe-ys gebruik wat ons by n groot roomys fabriek gekoop het, dit het goed koel gehou vir so 3 dae
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan