Pistool vir Selfverdediging
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Pistool vir Selfverdediging
Ek is in die mark vir my eerste pistool. Was nou n paar weke terig vinnig is Wildman en S&O net om idee te kry wat nou beskikbaar is en so. Lw ekt nog altyd n voorliefde vir n shadow gehad. Stock is maar min in die winkels so ek kon nie alles hanteer wat ek wou nie.
Glock 19 is n logiese keuse maar voel maar "meh". Grip is soos n plank teenoor die res. Sig sauer p320. Baie nice maar relatief duur en al sy extras gaan duur wees. Steyr m9a1. Voel fantasties en eks mal oor die sights, maar weet nie of jy extras gaan kry nie. Cz Shadow... Dis mos nou n gun! Cz p07 voel ook heel ok en prys is goed. Beretta px4 storm was nogal n verrassing - lyk breed maar pas lekker in die handpalm. Bang vir beskikbaarheid van parte en magasyne.
Het toe die volgende geskiet van vriende op n range:
G 23
G 19
Cz 75 pre b
Cz shadow
Was nie eers n kompetisie nie!! Shadow! Maar hy is my hande vol haha. Skiet loshande die beste en gemaklikste met hom en ek kan vinniger skiet want recoil soveel soos my dogter se waterpistool! Ai en hys mooi! Haha
Gewere wat ek wou hanteer maar nie gesien het in winkel nie..
Cz p01
Cz p10c - cz se striker fired pistool
S&W M&P 2.0 - kry fantastiese reviews online en ergonomics is blykbaar ook baie goed. So ook die p10c.
Hier is my situasie. Ek woon op n plaas. Ek stel nie belang om heeldag met n gun aan my sy te loop nie. Die pistool is vir selfverdediging in n plaasaanval situasie en nou en dan wanneer ek alleen in die aande moet buite wees. My vrou is ook in die mark en sy het by beide winkels uitgereik na die cz p07. Sy het wel nog net met n g19 geskiet. Ons soek n p07 wat sy kan toets. Lyk of dit maar basies tussen daardie twee sal wees vir haar op die stadium.
Is die cz shadow heeltemal onprakties vir wat ek wil doen? Ek weet hys swaar en wat sy ander tekortkominge is. My tweede opsie is tans die cz p01 of "baby shadow" soos hul hom noem. Ek kan een in die hande kry vir n goeie prys. Ek weet ideaal moet ek altwee kry haha!! Enigste glock wat my aandag trek is die g19x. Maar hy is ook n full size pistool.
Enigiemand hier met n cz p01 wat meer kan deel? Soos altyd, kritiek en aanbevelings welkom!
Dankie

Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Is die shadow nie te groot vir wanneer jy hom gaan dra nie.
Wat van die CZ 75 P07 G2?
Ek was ook tussen hom en die G19 G4 maar die greep van die G het dit nie vir my gedoen nie.

Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Probeer soveel as moontlik met die winkels en pelle se pistole skiet voor jy 'n keuse maak. Moenie meegevoer raak by die emosionele en kinderagtige CZ/Glock gesprekke nie. Dit klink asof jy die CZ meer gemaklik vind - so toets die verskillende modelle en koop die een wat jy die gemaklikste vind.
Waar is jou wapen wanneer jy dit tydens 'n plaasaanval wil gebruik? Is jou gesin darem heeltyd gewapen?
Is nuuskierig uit bekommernis...
Ongelukkig dink die meeste boere steeds soos jy. Ek neem aan jy dra nie heeldag 'n langgeweer saam niefigjam wrote: Hier is my situasie. Ek woon op n plaas. Ek stel nie belang om heeldag met n gun aan my sy te loop nie.
Is nuuskierig uit bekommernis...
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Baie min mense het die voorreg om te weet waneer hulle aangeval gaan word. Pistool in die kluis is net so handig soos n skoonma met n hout tiet.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
'n Pistool wat jy bereid is om saam te dra het meer waarde as 'n kluisbesetter.
Baie plaasaanvalle vind helder oordag plaas, want die slagoffers is minder waaksaam as in die aand of in die nag.
Ek hou nogal deesdae van die videos van Paul Harrell op Youtube. Kyk maar gerus daarna vir insette. Die ou gee kalm beredeneerde advies, skiet goed en is nie vol van homself nie. Sy praktiese toetse wys dikwels hoe selfs .22 rewolwers of pistole onderskat word. In wese is selfs 'n .22 in jou hand meer werd as 'n .50 Desert Eagle in die kluis.
Doen navorsing en kies dan die wapen waarmee jy gemaklik is en dikwels mee gaan skiet. Hoe meer jy van die wapen hou, hoe meer gaan jy waarskynlik daarmee speel.
Die keuse van 'n "eerste" pistool is belangrik, want iemand wat nie as 'n toegewyde jagter of sportskut deurgaan nie, sit dikwels gestrand met daardie wapen. So kan jy vir maande ongewapen wees terwyl jy wag vir 'n lisensie vir 'n daaropvolgende pistool.
Vir iemand op 'n plaas is die roete van 'n toegewyde jagter dalk 'n goeie opsie. Jy kan 'n wapen vir selfverdediging kry, een om gekweste wild van kant te maak, 'n wapen vir handwapenjag, ens. So kan jy dan 'n klein gerieflike wapen aanskaf om by jou te dra en 'n groter een vir huisbeskerming ook.

ricus 1
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Jy Kan na die Taurus PT 111 G2 Ook kyk. Ek het my CZ75 verkoop en n Taurus PT 111 G2 gekoop . Omdat die CZ75 te swaar was vir Elke dag se dra. Vir my gaan dit nie oor Hoe hy in die hand pas nie maar Hoe hy dra.
-
45acpglock
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Mon Mar 19, 2018 8:12 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Kry die G19 gen 5 en dra kom aan jou permanent. Of jy nou bad of wat ook al, hou hom naby.
Last edited by 45acpglock on Mon Apr 02, 2018 11:48 am, edited 1 time in total.
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek probeer soveel verskillende goed toets as moontlik ja dankie. Skort reeds nou ons slaapkamers af van die res van die huis dmv trellidors. Idee is dat die pistool so na moontlik aan my in die aande, gelaai, sal wees. So ook my vrou sn.Hein M. wrote:Probeer soveel as moontlik met die winkels en pelle se pistole skiet voor jy 'n keuse maak. Moenie meegevoer raak by die emosionele en kinderagtige CZ/Glock gesprekke nie. Dit klink asof jy die CZ meer gemaklik vind - so toets die verskillende modelle en koop die een wat jy die gemaklikste vind.
Ongelukkig dink die meeste boere steeds soos jy. Ek neem aan jy dra nie heeldag 'n langgeweer saam niefigjam wrote: Hier is my situasie. Ek woon op n plaas. Ek stel nie belang om heeldag met n gun aan my sy te loop nie.Waar is jou wapen wanneer jy dit tydens 'n plaasaanval wil gebruik? Is jou gesin darem heeltyd gewapen?
Is nuuskierig uit bekommernis...
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Gelukkig het ek nie nou iets gedrink nie, want dan het ek 'n nuwe keyboard nodig gehad! lolsavage(P Coetzer) wrote:Baie min mense het die voorreg om te weet waneer hulle aangeval gaan word. Pistool in die kluis is net so handig soos n skoonma met n hout tiet.
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Toegewyde jagter is ek reeds in die proses. Want ek wil 'n Semi-auto haelgeweer ook aanskaf, dankieOosKaapJagter wrote:'n Pistool wat jy bereid is om saam te dra het meer waarde as 'n kluisbesetter.
Baie plaasaanvalle vind helder oordag plaas, want die slagoffers is minder waaksaam as in die aand of in die nag.
Ek hou nogal deesdae van die videos van Paul Harrell op Youtube. Kyk maar gerus daarna vir insette. Die ou gee kalm beredeneerde advies, skiet goed en is nie vol van homself nie. Sy praktiese toetse wys dikwels hoe selfs .22 rewolwers of pistole onderskat word. In wese is selfs 'n .22 in jou hand meer werd as 'n .50 Desert Eagle in die kluis.
Doen navorsing en kies dan die wapen waarmee jy gemaklik is en dikwels mee gaan skiet. Hoe meer jy van die wapen hou, hoe meer gaan jy waarskynlik daarmee speel.
Die keuse van 'n "eerste" pistool is belangrik, want iemand wat nie as 'n toegewyde jagter of sportskut deurgaan nie, sit dikwels gestrand met daardie wapen. So kan jy vir maande ongewapen wees terwyl jy wag vir 'n lisensie vir 'n daaropvolgende pistool.
Vir iemand op 'n plaas is die roete van 'n toegewyde jagter dalk 'n goeie opsie. Jy kan 'n wapen vir selfverdediging kry, een om gekweste wild van kant te maak, 'n wapen vir handwapenjag, ens. So kan jy dan 'n klein gerieflike wapen aanskaf om by jou te dra en 'n groter een vir huisbeskerming ook.
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Joe ek het 'n pel in Pta wat actually 'n Shadow dra bedags. En ja hy sukkel, maar dit kan gedoen word. Ek is wel deur 'n ander ou wat een dra aanbeveel om 'n OWB holster te kry, hy reken groter pistole dra beter so. Soos ek sê, ek wil hom op my he as ek in die aand dalk moet uitgaan alleen, maar EDC is nie 'n vereiste nou nie. Ek is baie in en uit 'n ryding en my dogters is nog baie klein.Joe13 wrote:Is die shadow nie te groot vir wanneer jy hom gaan dra nie.
Wat van die CZ 75 P07 G2?
Ek was ook tussen hom en die G19 G4 maar die greep van die G het dit nie vir my gedoen nie.
- Dumbluck
- Hero Member

- Posts: 561
- Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
+145acpglock wrote:Kry die G19 gen 5 en dra kom aan jou permanent. Of jy nou bad of wal ook al hou hom naby.
Ek het die Glock 19 G4 gekies oor hy die minste goed wat kan haak aan my klere, dit was die belagrikste vir my. My hande is nie groot nie so hy pas my mooi en ek dra hom gemaklik oorals saam. Ek is nog nie 'n dag spyt nie.
Party mense wil 'n hammer en hammerdrop/safety hê op 'n pistool. Dis waarme hulle gemaklik is. Bv my pa was 43 jaar in die polisie en het beretta's en browning's gedra, hy is nie gemaklik met die glock nie.
Kry die een wat jy die gemaklikste me is want anders gaan hy in die kluis bly lê, en daar kan hy niemand beskerm nie. Ek dink die belangrikste moet wees om die een te kies wat jy die meeste teen jou sy gaan wil dra. Jy is 'n CZ fan so kies tussen P01 en P07, ma hou in gedagte sweet maak niks aan plastiek nie.
my 2 cente
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek vind meer 'n liking met die cz's ja, maar dis omdat die shadow so 'n kunswerk is, veral in dual-tone. Van die shadow 2 praat ons nie eers nie, maar dis te duur. Ek like Sig's ook en wil regtig meer weet oor die nuwe S&W, maar ek kan nie eers een in 'n winkel kry om te hanteer nie.... ghhDumbluck wrote:+145acpglock wrote:Kry die G19 gen 5 en dra kom aan jou permanent. Of jy nou bad of wal ook al hou hom naby.
Ek het die Glock 19 G4 gekies oor hy die minste goed wat kan haak aan my klere, dit was die belagrikste vir my. My hande is nie groot nie so hy pas my mooi en ek dra hom gemaklik oorals saam. Ek is nog nie 'n dag spyt nie.
Party mense wil 'n hammer en hammerdrop/safety hê op 'n pistool. Dis waarme hulle gemaklik is. Bv my pa was 43 jaar in die polisie en het beretta's en browning's gedra, hy is nie gemaklik met die glock nie.
Kry die een wat jy die gemaklikste me is want anders gaan hy in die kluis bly lê, en daar kan hy niemand beskerm nie. Ek dink die belangrikste moet wees om die een te kies wat jy die meeste teen jou sy gaan wil dra. Jy is 'n CZ fan so kies tussen P01 en P07, ma hou in gedagte sweet maak niks aan plastiek nie.
my 2 cente
Die g19 skiet lekkerder as wat hy voel in die hand, maar dis niks spesiaal nie. Snaaks die gen4 voel baie beter in my hand as die gen5. Ek verkies beslis die finger grooves
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
net so.ekt een in gen4 en dra hom 24/7 op die plaas.45acpglock wrote:Kry die G19 gen 5 en dra kom aan jou permanent. Of jy nou bad of wal ook al hou hom naby.
as jy hom nie gaan dra nie kan jy maar netsowel n ou cz75 koop
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
-
45acpglock
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Mon Mar 19, 2018 8:12 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
As jy meer van die CZ hou (moenie 'n fout maak nie ek het 'n CZ75 vir 20 jaar gedra) kyk ook na die CZ-P10 C.
('n Glock is 'n Glock niks spesiaals nie, maar betroubaar). Laat die CZ of Glock of enige wapen deel van jou word soos 'n arm, hand ens. anders gaan hy in die kluis wees as jy hom regtig nodig gaan hê.
(Die 19X is darem nie heeltemal 'n "fullsize"nie. 'n G19 slide op 'n G17 body. Jy sal nie 'n fout maak met hom nie)

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
figjam,
Trek asb jou staalpuntskoene aan want ek gaan ongelukkig n paar van jou tone raaktrap
Ek is nou veertig jaar oud en dra al handwapens vandat ek veertien jaar oud is - dit gee my ongeveer 26 jaar ervaring.
My skietvernuf is nie naastenby wat dit moet wees nie maar ek kan darem n bus raakskiet mits jy my binne die bus vasmaak en die vensters ook toetrek
My dra-ervaring met handwapens behels n Webley Mk VI 6", S&W Mod 19 6", S&W Mod 10 2", Taurus Mod 606, CZ 75 Pre-B, Taurus Ultralite, Glock 26, S&W M&P 9 asook n Star Lancer.
Die heel eerste ree"l is dat jy verkieslik n (BETROUBARE!!!) skietding moet he^ om aan n skietgeveg deel te neem. 'n Mes of kierie werk nie so lekker as n ander man koee"ls gooi nie. Daar is ook eenvoudig net nie tyd om iets te gaan soek of te gaan haal wat e^rens weggesteek of toegesluit is nie. Jy moet op gelyke vlak kan "saamspeel". Ongelukkig is daar nog steeds mense in SA wat n rower se droom is omdat hy vir hulle kan se^ dat hulle asb die kluis moet oopsluit ...
Kry dus iets wat jy elke dag by jou kan dra EN AAN JOU LYF KAN VERSTEEK, anders moet jy dit eerder geheel en al los. Dink so daaroor: jy is manlik, dus is jy effektief die enigste werklike bedreiging vir rowers tydens n aanval. Reken eerder daarmee dat jy in beginsel uitgeskakel gaan word sodat die rowers meer tyd met jou vrou en kinders kan he^. Jy moet dus met die een of twee sekondes tot jou beskikking (vandat jy agterkom dat daar n aanval is totdat jy jou asem uitblaas) soveel skade as moontlik aan hulle maak om hulle te ontmoedig om met hulle bose plan voort te gaan.
Die wonderlike groot pistole wat jy noem (Shadow / P10 / ens) is n plesier om te skiet maar n pyn om te dra, veral as n mens eers die plesier en voordele van die subkompakte handwapens leer ken het. Die groot goed is lomp om te versteek, stadig om in n voertuig te gebruik en raak goed swaar aan die einde van die dag. As daar nie n goeie rede was vir die kleiner tipe wapens nie, sou daar nie so n groot mark daarvoor gewees het nie. Dan sou toegewyde sportskuts ook eerder G34 gedra het in plaas van G19s. Ek het die praktiese ervaring om darem n bietjie hieroor te mag praat.
Staalraampistole (CZ 75 ens) skiet lekker en werk goed maar raak swaar en sweet lei tot roes. Polimeer is ligter, net so betroubaar en vereis minder sorg. Maak self jou keuse.
Die heel grootste kuns om n handwapen te dra is om n goeie holster en n goeie gordel te he^. Hierdie goedkoop nylon webbing pistoolsakkies wat n mens vir R80 by die naaste geweerwinkel koop is gemors. Jy hoef my nie te glo nie maar dit is net so. En om dan n oorgroot pistool in n swak nylon holster op jou alledaagse 20mm enkellaag leergordel te dra waar almal hom kan sien veroorsaak net dat die pragtige pistool na drie weke vir vyftien jaar in n kluis le^, of dat jy n teiken word vir n skurk wat hom wil he^. Dit werk nie. Wat wel werk is n bree", dik, dubbelsgestikte dubbelleergordel (35mm breed en 5mm dik). Of n "taktiese" webbinggordel soos beskikbaar by Tacticalquartermaster wat hier op die forum adverteer. Dit kos geld maar dit maak n tamaai groot verskil.
Dieselfde geld vir n holster - jy sal moet soek tot jy een kry wat vir jou werk. Elke getrou handwapendraer het n laai vol ou holsters wat af en toe gebruik word, en een wat gedra word totdat hy vodde is. Ek stik my eie holsters omdat ek nie R700 of R1200 het vir n gekoopte een nie.
Een van die groot kunsies (en mense wil dit om een of ander rede nie hoor nie!) is om die gordel buite om die pistool te dra. Dan hou die gordel die pistool teen jou lyf, en dit word nie n flap-flap situasie as jy vinnig moet beweeg nie. Dit help ook dat die pistool se gewig nie vir n hele dag uitwaarts en grondwaarts rem nie, en verhoed dat jy aan die einde van die dag geirriteerd is met die swaar stuk ding aan jou lyf.
Die heel beste posisie om n handwapen te dra is bekend as "AIWB" (appendix inside waist band), dit beteken jy dra hom in jou lies. Dan kan hy bitter moeilik gegryp word, hy is byna onmiddelik beskikbaar en dit versteek baie beter as enige ander posisie op jou lyf. Indien jy skraal van figuur is help dit natuurlik regtig baie.
(Ek staan einde se kant toe
)
Glock is dalk "meh" maar laat my asb toe om jou so te vra: "Ek is n boer en moet n bakkie koop - wat kan julle aanbeveel?" 60% van die boere sal eerder met n ou Hilux 2.4 rondry as n nuwe Tata of Mazda. Hoekom? Want niemand wonder oor n Hilux se vermoe" om die werk te doen nie. Die ander 40% sal jou na Isuzu of Ford verwys. Hoekom? Want niemand wonder oor n Isuzu of Ford se vermoe" om die werk te doen nie.
Die argument oor hoe n pistool in jou hand voel is omtrent soos hoe n bakkie se sitplek voel terwyl hy in die vertoonkamer staan. Dit stop net daar want dit se^ geheel en al niks oor sy vermoe" om die werk te doen nie. Die ander saak is ook dat jy na die geharde en toegewyde sportskuts kan luister - dit maak nie saak hoe n pistool voel nie want jy raak gewoond aan hom na jou derde oefensessie.
Kry n 9mm - vergeet van 40S&W of 45ACP. Die argumente oor sogenaamde "slaankrag" is tydmors. Dit klink en goed, en dit stop daar.
Daarom is my raad: skiet verskillende grotes pistole in alle denkbare kalibers - verkieslik meer as een keer. En dan gaan koop jy vir jou en jou vrou elkeen 'n Glock 26 met n paar G17-magasyne. Dit is die ou kleintjie wat jy so met twee vingers vashou. Dit voel heeltemal laf en g'n mens kan dink dat dit werk nie. As jy werklik ernstig is om n handwapen altyd byderhand te he^ sal jy eendag terugdink aan die lawwe "Ds J" wat so kwaai was op die forum en stilletjies dankbaar wees.
Jy kan my graag skakel indien nodig - nul sewe 22 33 ses vier vier 5

Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
figjam wrote:
Hier is my situasie. Ek woon op n plaas. Ek stel nie belang om heeldag met n gun aan my sy te loop nie. Die pistool is vir selfverdediging in n plaasaanval situasie en nou en dan wanneer ek alleen ....
Dankie
Vir SD is jou mindset is verkeerd.
Dis so goed jy sê, ek gaan net gou my seatbelt aansit, hier kom 'n ongeluk......
Jy dra die ding en klaar.
G19 of CZ pO7 is die 2 wapens waarvoor magasyne holsters visiere ens ens beskikbaar is by elke gunshop.
Plaasaanvalle word nie in die staatskoerant afgekonding voor dit gebeur nie. Dit gebeur wanneer jy dit die minste verwag.
Jy koop 'n pistool en leer hom dan skiet.
Gaan doen 'n paar kursusse en oefen gereeld.
Onthou dis n stuk gereedskap soos 'n leatherman.
Hy moet by jou wees anders kan hy net sowel op die maan wees.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
-
Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Die Shadow2 is n lieflike geweer, rerig. Dit was ook my eerste geweer omdat ek met my hart gekoop het in plaas van my kop. Ja, jy kan hom dra maar na n ruk raak jy gatvol vir die ding en jy dra hom nie meer nie. My tweede pistool was n PO7, so ook vir vroulief. In die begin was EDC nie vir my n werklikheid nie, maar is verseker nou belangrik.
En ja, die Glock doen dit nie vir my nie, maar vir pure subjektiewe redes.
En ja, die Glock doen dit nie vir my nie, maar vir pure subjektiewe redes.
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Kon hulle dit nie andersom doen nie, kleiner frame met groter slide? Hy is baie naby aan 'n full size omdat hy 'n full size frame het...45acpglock wrote:As jy meer van die CZ hou (moenie 'n fout maak nie ek het 'n CZ75 vir 20 jaar gedra) kyk ook na die CZ-P10 C.
('n Glock is 'n Glock niks spesiaals nie, maar betroubaar). Laat die CZ of Glock of enige wapen deel van jou word soos 'n arm, hand ens. anders gaan hy in die kluis wees as jy hom regtig nodig gaan hê.
(Die 19X is darem nie heeltemal 'n "fullsize"nie. 'n G19 slide op 'n G17 body. Jy sal nie 'n fout maak met hom nie)
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek is seker ek het al op GS gelees van ouens wat n 17 koop en dan sy raam/grip korter laat maak soos 'n G19.figjam wrote:Kon hulle dit nie andersom doen nie, kleiner frame met groter slide? Hy is baie naby aan 'n full size omdat hy 'n full size frame het...45acpglock wrote:As jy meer van die CZ hou (moenie 'n fout maak nie ek het 'n CZ75 vir 20 jaar gedra) kyk ook na die CZ-P10 C.
('n Glock is 'n Glock niks spesiaals nie, maar betroubaar). Laat die CZ of Glock of enige wapen deel van jou word soos 'n arm, hand ens. anders gaan hy in die kluis wees as jy hom regtig nodig gaan hê.
(Die 19X is darem nie heeltemal 'n "fullsize"nie. 'n G19 slide op 'n G17 body. Jy sal nie 'n fout maak met hom nie)
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Sjoe kerels, dankie vir die terugvoer sover.... Ek neem alles in, ek sukkel nogsteeds om my self hier op die plaas bedags 'n geweer te sien dra. Maar ek verstaan heeltemal die meriete daarvan.
Ds J - dit klink my ek en jy moet vleisbraai en praat! Ek wil net inlig dat 'n CZ p10c en P-01 direk met 'n glock 19 kompeteer vir dieselfde doel en byna dieselfde size is. Hulle is nie full size pistole nie. Ek is net gemik op 9mm op die stadium dankie. Het 'n Glock 23 in .40 gevuur. Verkies 9mm.. Ek is ook heeltemal bereid om 'n kwaliteit holster en belt te kry - ek sal 'n paar opsies na kyk ook. Het al 'n vriend van my se G26 geskiet, moet eerlik sê ek hou glad nie daarvan nie, maar ek sal hom weer 'n go gee!
Al wat julle nou doen is maak dat ek 2 pistole moet koop en nog een vir die vrou ook lol!!! Ek moet sê na die benadering dink ek meer aan die CZ P-01 en sal more uitvind of hy nog beskikbaar is. Hy kompeteer ook in die kompak klas. Ek wens nogsteeds dat ek 'n CZ p10c en 'n S&W M&P 2.0 compact kan hanteer. Die Sig het ook 'n p320 kompak maar soos ek genoem het is alles duur vir hom. Die beretta px4 Storm kom ook in 'n kompak vorm voor. Is hier niemand wat een van hierdie bogenoemde kompak pistole het en insette kan lewer nie?

- DiscoBiscuit
- Full Member

- Posts: 201
- Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Net so klip in die bos, ek hoor nooit ies van die Walther PPQ M2 nie, is dit omdat niemand dit hier verkoop nie of wat is die probleem? Dit sal verseker my keuse wees.
Mooi dag,
Herman.
Mooi dag,
Herman.
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
En waar wil jy een kry? Sê my asb! Jis in die kaap is die storie maar treurig. Lyk my ek sal kaartjie moet boek vir huntexDiscoBiscuit wrote:Net so klip in die bos, ek hoor nooit ies van die Walther PPQ M2 nie, is dit omdat niemand dit hier verkoop nie of wat is die probleem? Dit sal verseker my keuse wees.
Mooi dag,
Herman.
-
nols
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Mon Jul 11, 2011 8:46 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Koop vir jou en jou vrou dieselfde handwapens!As julle in 'n situasie
kom dan kan julle magesyne nie deurmekaar raak nie en jou vrou
sal weet hoe om jou wapen te gebruik!!