Vuilbek
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Vuilbek
Ek sukkel nou met vuilbek onder my bok en skaap lammers, kry geen enstof en hulle praat van weet nie waneer nie. Ek smeer nou joduimtinktuur om die helfte gemeng met aptekers parafien, dit werk goed maar dis baie werk om aan te smeer, iemand hier dalk ander raad.
Groete
Ben
Groete
Ben
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Vuilbek
Al julle vuilbekke hier moet nou ligloop, Yelair gaan julle met jodium en parafien bykom! 
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Vuilbek
Pieter en Ben
Ek het self nou gedink my vuil bek het my ingehaal toe ek die opskrif sien!!

Stef

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Vuilbek
Nee vir julle ROOI PEPERjodium en parafien bykom
- Robert
- Sr. Member

- Posts: 425
- Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm
Re: Vuilbek
Ek spuit maar SUPONA op al die seer en skurwe plekke by die skaap. Na lekker reen slaan daar heelwat suurgras op en die lammers se bekke raak vol sere daarvan. Ek spuit die seer gedeelte met Supona
Dit bevat: Chlorfenvinphos, Dichlorvos en Gentian Violet.
Behandel sommer my en die kinders se eina's met dit as ons in die veld is.
Moontlik kan jy met dit regkom. By meeste kooperasies te kry.
Robert

Oorwining deur opleiding
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Vuilbek
Self nou gedink hier word ons vasgevat oor onse taalgebruik.
Ek het jarre terug toe ek nog met boerbokke geboer het die raad gekry by Awie Maritz. Sny suurlemoene middeldeur en vryf aan die bekke soos as jy lemoen op n verwerker sal draai om sap uit te kry. Daai suurlemoen sap het dit sommer vinnig reg gekry. Die groot oorsaak van vuilbek by my was die suurgras om die poste wat gevreet word.
Blok.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Vuilbek
Ek het eenmaal die raat gekry om oogpoeier en Supona in iets salwerigs soos speensalf te meng en aan te smeer. Het mooi gewerk en bekke was gou gesond. Soos ek verstaan het, is dit maar 'n aansteeklike virus wat dit veroorsaak en al wat jy kan doen is om die sweertjies so goed moontlik te behandel om ongemak vir die dier te verlig. Amper soos verkoue en griep medisynes wat die simptome behandel.
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Cois
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am
Re: Vuilbek
Middag manne
Ek het vir n ou oom geboer wat my geleer het jy krap n klomp van die roofies af en drik dit vyn en dan meng jy dit met n bottel pennisselien en dan ent jy al die lammers. Vat n naald en maak onder die blad n snytjie, daar waar jy gewoonlik sal ent en dan smeer jy die doepa in die sny. Einde van jou probleem.

Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Vuilbek
Yalair
Ek kry ook so nou en dan die probleem (met hoofsaaklik die suurgras en doringbome). Gebruik dan swael en roulynolie wat ek tot 'n pasta meng en dan aan die bekke smeer. Hoop jy kry die probleem opgelos.
Kalahari

sakkievanheerden
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm
Re: Vuilbek
YALAIR
Jy kan Millbrow se wondolie of Intervet se Coopersexpel aansmeer met kwas aan seer bekke,Intervet sin is net groen kleur maar is goedkoper en dink werk nog beter.Dit werk hier by ons met merinoskaap en met bokke wat dit soms kry.
Groete
Sakkie van Heerden

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Vuilbek
Manne
Soos ek dit verstaan is dit n virus. En julle weet hoe moeilik is n virus om dood te maak. Ek dink meeste van die tyd gaan dit maar weg a. g. v. die dier se eie verdedigings meganismeswat wat teenvoeter kry na n ruk. So jy kan dit behandel soos griep(die simptome), maar help die dier om hom self te help. Ek glo aan n lek met spoorminerale soos kimtrafos wat sink bevat. Of spuit multimin.
My Zimsent.
Freddie

yol bolsun
-
kolskoot
Re: Vuilbek
middag menere:
Het self vroeer gesukkel met vuilbek onder my boerbokke. Die raad wat ek gebruik en wat baie goedkoop is , is om die roofies stukkend te krap en dan die wonde te behandel met kalkswawel. Die roofies druk ek dan stukkend en meng met so 2 cc terramycin. Laat staan dan die mengsel vir 2 dae in die yskas. Ek gebruik dan 'n naald en maak 'n krap plekkie onder die bladvel naadat ek die naald in die mengsel gedruk het. Dit werk baie goed en is uiters koste effektief.

- D4D
- Full Member

- Posts: 120
- Joined: Thu Oct 21, 2010 10:03 am
Re: Vuilbek
Ek het dieselfde probleem so 2 jaar terug gehad. Het ook baie gesoek na entstof en het uiteindelik gekry ek sal jou teen maandag kan se wat die naam is die goed le op die plaas en ek is nou redelik ver.
Jy moet gewone 93 oktaan petrol van en hulle bekke daarin druk en sommer ook die ooie se uiers wat aangetas is daarmee smeer. Dit het by my vir die meeste diere gewerk.
Jy moet ook jou diere na `n ander kraal toe skuif en die kraal met Zip dip of Kerol dip spuit of soos ek maak steek die mis aan die brand( my kraal is heel van staal geen draad of hout dropper nie.
Dit lyk maar aardig as die lammers se bekke brand doen dit een tot twee keer per dag
Jy sal binne 4 dae sien of dit werk of nie.
Hoop jy kom reg en sterkte

Last edited by D4D on Wed Feb 16, 2011 3:32 pm, edited 1 time in total.
D4D
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Vuilbek
Ek het die lammers opgedeel in groepe en op elke groep van een van die middels gebruik. Almal werk, die aansmeer middels is baie werk en vat soms lank, so tussen 5-10 dae van elke dag se aansmeer. Die beste is om die rofies af te krap stukkend te druk en met terramycin te meng en na 2 dae te ent (kolskoot se raad), na ent was die meeste lammers na 3 dae heeltemal gesond en die behandeling is minder intensief. Ek het nie die pennissilien probeer nie, maar glo dit sal dieselfde werk as die terramycin.
Groete en dankie vir almal se raad.
Ben
Groete en dankie vir almal se raad.
Ben
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Vuilbek
Ben
Bly vir jou part dit werk so goed.
Nou vir geheime raad.
In plaas van molly op die koelpunte gebruik terramycin as jy dan kwes weet jy en die boer die bok sal oorleef..
Mooi loop
Jacques

Shoot straight and tell the truth!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Vuilbek
Jacques
;DGoeie een ek sal hom moet onthou.
Blok
Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
gertjcoffee
Re: Vuilbek
Ons gebruik stockholm teer met groot sukses.Laat staan teer bietjie in son om loperig te raak en smeer met kwas aan aangetaste dele so elke 2de dag.'Vratte' sal na 'n paar dae begin afval.
Probeer gerus
GertJCoffee
Probeer gerus
GertJCoffee
- CHRIS
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm
Re: Vuilbek
EK het klompie lammers ingekry en sien toe dat omtrend 50 vuilbek het. my pa het altyd dat ons met lemoen sakkies die bekke stukkend vryf (al die skaap met elke man net 1 sakkie) en dan steeek jy so al die siekes weer aan om dan self so teenliggaampies temaak. ons doen dit en toe ons klaar is is daar nog so half uur oor voor ons moet gaan eet, gaan spuit toe sommer 14 klein varkies yster inspuiting.
lankstorie kort maak 5 dae later het die 14 varkies vuilbek. ek bel veearts en hy het nog nie gehoor van vuilbek by otte nie maar kan wees, kry dan koorsblare. EK KOM LEES FORUM EN BLOK BAIE DANKJIE VIR DIE RAAD VAN SUURLEMOENE. 3 dae na behandeling is varkies skoon.
PS. WAS JOU HANDE AS JY KLAAR MET VEE GEWERK HET

lankstorie kort maak 5 dae later het die 14 varkies vuilbek. ek bel veearts en hy het nog nie gehoor van vuilbek by otte nie maar kan wees, kry dan koorsblare. EK KOM LEES FORUM EN BLOK BAIE DANKJIE VIR DIE RAAD VAN SUURLEMOENE. 3 dae na behandeling is varkies skoon.
PS. WAS JOU HANDE AS JY KLAAR MET VEE GEWERK HET
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Vuilbek
Chris
Bly my raad het gewerk, probleem kon net met suurlemoene as jy so 100 plus diere moet behandel, dan raak die bome maar min.
Blok
Bly my raad het gewerk, probleem kon net met suurlemoene as jy so 100 plus diere moet behandel, dan raak die bome maar min.
Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- CHRIS
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm
Re: Vuilbek
Blok
ek het 1 suurlemoen (was nogal mooi grootte) in helfte deur gesny en al 14 varkies met 1 helfte gedoen , ander helfte aand gebruik vir drankies.
so ek glo jy sal 20 lammers met 1 groot suurlemoen doen
nogamal DANKIE
Chris
ek het 1 suurlemoen (was nogal mooi grootte) in helfte deur gesny en al 14 varkies met 1 helfte gedoen , ander helfte aand gebruik vir drankies.
nogamal DANKIE
Chris
-
Adaan
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Thu Apr 22, 2010 5:57 pm
Re: Vuilbek
Blok
Die suurlemoen - moet ek dit eenkeer op n dag aansit en aanhou todat die vuilbek opklaar , of hoe het julle dit gedoen?
Dankie
Adaan
Die suurlemoen - moet ek dit eenkeer op n dag aansit en aanhou todat die vuilbek opklaar , of hoe het julle dit gedoen?
Dankie
Adaan
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Vuilbek
Adaan
My bokke het altyd op kraal geslaap, sommer in aand as hulle inkom gesmeer en dan weer in oggend as hulle uitgaan. Hou maar so aan todat almal se bekke gesond is.
Sterkte