Browning X-bolt - Die volgende ronde

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 721
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by obasch »

Marius, et al,

Na die amper rampspoedige probeerslag met 'n skaal wat verkeerd lees het ek dinge oor gedoen en weer 'n paar ladings ge-chrony en die volgende lesings gekry:

Die geweer is 'n Browning X-bolt.

Chronograaf 5m van bank af.

Kaliber: 308Win
Koeel: (1) Nosler Ballistic Tip - TPL 71,8mm en (2) Swift Scirocco - TPL 72,6mm
Koeel gewig: 150gr
Dop: Lapua
H2o: 57,6gr
Slagdop: CCI
TPL: Sien hierbo
Magasyn kas Lengte: Genoeg
Loop Lengte: 22" (1:12 twist)
Kruit: S335

44,5gr S335 en die resultate is as volg:

150gr Nosler BT, Gem. 2911fps, ES 38

150gr Swft Scirocco, Gem. 2974fps, ES 47

Eersgenoemde se groepering is al heel aanvaarbaar maar die Scirocco s'n is pateties (meer as 3").

Waarheen nou?

Ek luister nog steeds by die radio. :)
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by ruaanb »

Volgens my berekeninge is jy vêr in die rooi. Iewers is daar nog 'n groot fout.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by ruaanb »

Ek kry baie naby aan wat jy kry in QL maar druk wys hier by 70k psi. Daai kort lopie....
Skiet 41gr vir beide koele dan kyk ons.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by tripodmvr »

As vergelyking. My nodes vir my 22 duim 30-06 en 150gr koele is by 2860vps. Jy wil die 308 in 'n 300WM verander.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 721
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by obasch »

Akkuraatheid was nog altyd vir my die maatstaf. Waar lê hierdie geweer se nodes? Is S335 die regte dryfmiddel vir 150gr koeels?
Terloops beide my 308 Brownings, dit is die 1970's FN en hierdie X-bolt skiet 150gr PMP bruinboks teen identiese spoed van 2770fps met ES van 35 en amper in een gat.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by ruaanb »

daar is jou antwoord dan. skiet bruin boksie PMP want duidelik hoor jy nie ons waarskuwings nie.
svanzyl10
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Fri Dec 01, 2017 7:59 pm

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by svanzyl10 »

Ek het n Browning A-Bolt in 308 en laai 41gr S335 in lapua doppe met 150gr Sierra punte. Gaaitjies raak mekaar.
My loop is ook 22" met 1 in 12 twist.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by Messor »

Obasch, al wat die manne sê is jou lading is te warm, that's about it.

Begin laag chrony op, moenie oor 2800ft/s gaan nie.

Waar het jy daai lading gekry, hoe het jy daarop besluit?
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by Armand Steenkamp »

Laai 43.5gr agter die 150gr BT. Ek het nie QL nie maar maar skiet hom oor die crony en ky hoe lyk die groep. As jy meer as 2800fps kry kom nog bietjie af
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by joe rocket »

Appels daai spoed is naby my 300 winmag met 180gr koele. Jou doppe gaan nie hou nie en jou roer ook nie. Laai 40gr. en kom gee data deur.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 721
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by obasch »

Dankie Messor/Armand,
Sal dan sien wat maak 43,5gr S335
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by tripodmvr »

Obasch, mens bekruip die hoër spoed van die ander kant af. Ek stem saam met Joe. Begin by 40gr en dan kan ons opwaarts beweeg. Een grein gaan nie noodwendig help nie.

Ek persoonlik sou een patroon vir elk van 40, 41, 42 en 43gr laai om die brandtempo te bepaal. Nou kan ons met QL die node akkurater verkry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by Gawie(13mm) »

Armand Steenkamp wrote:Laai 43.5gr agter die 150gr BT. Ek het nie QL nie maar maar skiet hom oor die crony en ky hoe lyk die groep. As jy meer as 2800fps kry kom nog bietjie af
Hallo!
Gaan jy iemand aanraai om 20 liter diesel in sy petrol Ford bakkie gooi om te sien of die verbruik beter is, want jou Toyota diesel bakkie is lig op sous? >:D >:D

Jou lading wat jy voorstel is ook 4000 psi in die rooi op die man se roer.

40 grein gaan hom so 2656vps by die kroon gee en dit is waar hy moet skiet. Enige iets meer en jy "facebook" die spulletjie. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Browning X-bolt - Die volgende ronde

Post by Armand Steenkamp »

Ek het nou maar my post uit gevee.
Lekker skiet en lekker laai manne
Post Reply