Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hansieslim wrote:
Ek is wel 'n bietjie confused hieroor. Volgens my behoort ES kleiner te wees soos wat mens die nodespoed nader. Ek dink dit is wat die OCW-beginsel ook maar sê. Help my gerus reg as ek verkeerd is.
Vanaf die OCW mense self:
"Uniformity of velocity (meaning low extreme spreads of
velocity) are definitely not an indicator of the OCW
zone."
Geno...
Nee. Ek het 450's, maar wou eers nuwe berekende lading met BR4's toets. Ek verander maar net een ding op 'n slag.
Oom tripod...
Alles met die RDFs was knaldemper op.
Met CC het ek ook met knaldemper op begin, maar laaste twee laaie sonder knaldemper. Spoed het to so 30-35fps afgekom
Met knaldemper af het:
41.8gr my gem spoed van 2690 en ES van 32 gegee. 4 mooi skote en een verskriklike flyer. Vuil loop en 2 fowlers vooraf geskiet.
41.9gr my gem spoed van 2679 (ja, laer), ES van 30 en een duim groep op 200m gegee. Geen flyer.
Hierdie is dus nog n voorbeeld. 41.8gr is nader aan die nodespoed maar gee swakker groepering as 41.9gr wat verder weg is vd nodespoed af. Kan dit nie die Magnetospeed wees wat die groepering benadeel nie Oom?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Hansieslim wrote:Messor...
Sjoe. Nou nog meer confused. Werk ek dan nog altyd in die verkeerde rigting om ES so laag as moontlik te kry?
Gladnie
Ek neem aan jy het die creed gekry vir langafstand skiet, daarvoor het jy 'n lae ES nodig.
OCW is vir die normale ou, wat 'n robust lading benodig wat verskille soos temperatuur en lotte kan hanteer.
Jy het nie nodig om 'n lae ES te kry om akuraat te skiet op kort afstand nie, jy het dit nou self bewys.
Maar dis 'n ander storie op lang afstand.
Die ouens wil hê jy moet 'n warmer primer gebruik om die verbrandingsfase te versnel, en dit is baie duidelik een van QL se vereistes.
Ek neem aan jy het die creed gekry vir langafstand skiet, daarvoor het jy 'n lae ES nodig. KORREK
OCW is vir die normale ou, wat 'n robust lading benodig wat verskille soos temperatuur en lotte kan hanteer. DIT SO VERSTAAN, MAAR NIE BESEF DIS NET VIR KORT AFSTANDE NIE.
Jy het nie nodig om 'n lae ES te kry om akuraat te skiet op kort afstand nie, jy het dit nou self bewys. MAAR LAE ES KAN JOU OP KORT AFSTAND NOG AKKURATER LAAT SKIET. KORREK?
Maar dis 'n ander storie op lang afstand. DIS WAARNA TOE EK WERK.
Die ouens wil hê jy moet 'n warmer primer gebruik om die verbrandingsfase te versnel, en dit is baie duidelik een van QL se vereistes. KAN JY ASB HIEROP UITBREI?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Hansie ek dink jy sukkel nou omdat jy hou van sukkel. As n roer n duim groep op 100m skiet dan kan jy nie kla nie. Ek weet nie hoe ver jy wil skiet nie maar n ES van 30fps is vir my heel oraait. My 204 het som n ES van 60fps en hy skiet n gat in n gat.
Armand...ek stel myself nie maklik so maklik tevrede nie jong. Met my Swede kry ek maklik 'n ES van selfs so laag soos 4fps maar meestal onder 12fps en dit met goedkoop 140gr Sellior&Bellots, 156gr Oryxe en met 160gr roundnoses en dan kan ek dit duidelik op die teiken ook sien. Met die Creedmoor en 123greiners het ek uit 5 ladings drie ES'e onder 5fps gekry met eerste herlaaislag. So wat die @#$%^&* gaan aan met die 140greiners in die Creedmoor? Dis my frustrasie!!!
.204...grooot plesier daai. Daai roer het eers begin mooi skiet toe ek opgehou spoed meet het, maar het hom toe darem al by 'n ES van onder 60fps gehad voor ek die Magnetospeed by die huis begin los het.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Om by Armand aan te sluit. Die Howa is nie 'n pasmaakgeweer met 'n spesiale kamer nie. Een duim op 200m is 0,44MOA. Ek dink nie jy kan daaroor kla vir 'n jaggeweer nie. Gaan dink watter elemente almal 'n rol speel om akkurate skote te kan skiet en dan sal jy besef dat die gewere eintlik ongelooflike presiesheid gee.
Wanneer mens die node bereik gebeur dit baie dat spoed konstant bly of selfs effens afneem. Speel rondom 41,9gr op en afwaarts om te sien hoe breed die node is.
Wanner jy nou alles reg het en dan die demper opsit kan ons dan sien watter groep jy kan skiet.
Hansieslim wrote:
Die ouens wil hê jy moet 'n warmer primer gebruik om die verbrandingsfase te versnel, en dit is baie duidelik een van QL se vereistes. KAN JY ASB HIEROP UITBREI?
Hansie
Die skokgolf is baie vinnig.
So jy wil hê die eerste fase van ontbranding moet klaar wees voor die skokgolf weer oor die kamer kom. As dit nie gebeur nie dan is die verbrandings tempo wisselvallig, en so ook die ES.
Ek het dit al in ‘n ander draad verduidelik in meer detail, maar basies deur ‘n warmer primer gebruik versnel jy net die verbrandingstempo, en vermy die bo-staande.
Die ander manne het dit al deur ondervinding bewys, en daarom stel hulle dit voor.
Ons kan leer uit empiriese data, so ons moet aandag slaan op dit wat die ervare manne sê.
tripodmvr wrote:
Wanneer mens die node bereik gebeur dit baie dat spoed konstant bly of selfs effens afneem.
Ek stem saam. Het dit al meer as een keer ervaar. Ek voel dus ek het hom!!!
Ek wil tog Geno se advies ook volg. Ek het 450 primers maar nog nooit van dit gelaai in die Creedmoor nie. Ek loer op Quickload rond vir 'n verstelling vir magnum primers maar vind nie iets nie. Is daar iets wat verstel kan word?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Jy kan raai dat dit 1500psi gaan bysit by die shot start pressure, maar die maklikste is om so 2gr af te kom in lading en dan te sien wat se effek dit het.
Ek het vergeet om te noem dat QL nie die alfa en omega is nie en daar kan klein verskille tussen berekende en praktiese resultate wees. In jou geval blyk dit baie naby te wees. Dit is hoekom ek se jy moet die nodeband se wydte soek.
Hello Hans
Ek dink darem nie jy is besig om gek te raak nie, as dit so was moet ek en jy in dieselfde gestig wees....
My geweer se data en die ladings wat ek skiet is baie na aan joune en my ervaringe is amper presies soos joune, ek het aanvanklik QL gebruik en na node by 2704 gesoek, het beste akkuraatheid op 2685 gekry, dis nou op RDF.
Met CC het ek weer beste akkuraatheid gekry so 30fps meer as node spoed.
Ek berus my nou maar by die resultate wat ek in die praktyk sien en probeer nie my kop breek om dit met QL se voorspellings te probeer trou nie.
Gaan meet dalk net fisies n RDF punt en CC punt en vergelyk dit met wat jy in jou standaard QL bulletfile kry, sal interressant wees om te hoor wat jy sien.
Hansie, ek moes een keer vir iemand verduidelik wat fout met QL is, nou ek gaan dit nie vertaal nie so ongelukkig gaan ek dit plaas in engels, maar ek hoop dit help in die argument.
People look at QL and think there is something wrong with it, but they often overlook the glaringly obvious. As long as there have been reloaders, there have been safety manuals saying the only safe load is the starting load, but why do they say it?
The thing is there is nothing wrong with QL, it’s a mathematical program that gives output according to the input it’s given. The problem with that is the same as the statement that came before it, all rifles differ, even those of the same manufacturer. For example, you buy two identical rifles, you load the same charge, with the same components, and when testing you get different speeds.
The problem is simple, there are numerous values about the two rifles that differ, the same way people are classified as human but they differ vastly. Now if we really had the tech to measure all the differences, from barrel diameter, chamber dimensions, imperfections in steel, different tooling lines in a factory, etc etc, then it becomes glaringly obvious that QL cannot work according to simple mathematical equations. It’s like looking at the label in a lift, and it says this lift can take 12 people, really, 12 of which kind of people?
I have said it many times before, humans “fudge” the inputs in order to make QL work, there is simply NO way with the current technology to work otherwise. So if you tell me your rifle doesn’t work with QL, I totally believe you, it wasn’t meant to. You cannot use a load worked out with a ladder test and use it on another rifle, the same way the values for QL wasn’t designed for your rifle. The precious few variables you can physically change in the program doesn’t make up for the thousand you cannot.
QL is an invaluable tool only for those who can apply their own logic to it, without intuition it’s useless, it’s like a beautiful sports car, it just needs a competent driver.
Die program lei mens tot baie naby en statisties gewys is dit sekerlik meer as 90% korrek. Die fyner verstelling is dit wat prakties die beste werk. Ons het nog slegs na die program gekyk, maar 'n groot faktor is die regte spoed. Baie kronograwe het 'n 1% afwyking (dus 25 na 30vps) wat die berekeninge direk raak - die ES van X vps kom dan ook ter sprake. Spoed en tyd is direk verwant en QL soek na die looptyd. Foute in die spoed gebruik affekteer dus die nodespoed wat bereken word en dit is dus nie eksak in praktyk nie.
Messor daai stuk oor QL is seker een van die beste stukke wat ek in n lang tyd gelees het oor die program. Ek is huidig besig om n persoon te help met QL wat baie tegnies van aard is en die program kry hom huidiglik onder, want herlaai ondervinding ontbreek. Of beter gestel gevorderderde herlaai ondervinding ontbreek.
Hansieslim hier is nou al baie goeie raad vir jou gegee en die geheim is om dit nou logies toe te pas. As ek dalk so n paar dingetjie ook met jou kan deel dan is dit die volgende. As jy my skrywes gaan lees oor die gebruik van QL dan sal jy agter kom ek beveel aan dat jy naby aan jou nodespoed moet kom en dan van daar af basies of n Ladder toets of OCW toets moet skiet. Eestens sal dit jou in staat stel om te sien hoe daai spesifieke node werk met jou unieke kompenete en tweedens sal dit al die unieke aspekte waarvan Messor praat oor QL uit die vergelyking neem. So as voorbeeld as QL uitgewerk het 42.9gr teen n spoed van 2805ft/sek jou op n node sal sit sal ek 42.3/42.6/44.2 en 44.5 laai en gaan skiet. Verkieslik op n afstand van nie korter as 200m vir n langafstand lading nie. Neem nog steeds spoedlesing en doen dit sonder die silencer.
Hier sal ek na die teiken kyk en dit sal vir my eerstens wys hoe breed daai node is. Nou uit daai informasie kan ek verder kyk na goed soos ES en selfs die vorm van die groepering om te sien wat my werklike lading gaan wees. Die meeste van my gewere laai ek 500 rondtes op n slag wat regdeur die jaar gebruik moet word. So dit is vir my belangrik dat ek hierdie rondtes reg laai. So hier sal ek bv n lading kies wat my die meeste van die tyd in daai nodeband hou. So in koue omstandighede sal ek die laer lading kies en in warmer omstandighede die hoer ene. Dit sal dan veroorsaak dat ek in my nodeband in beweeg soos die omstandghehede verander. Vir my is n konstante lading van meer belang as een wat net in spesifieke omstandighede besonderse groepering gee of n baie lae ES gee.
Nou vir n mens wat nou in die week sy lading ontwikkeling doen vir n kompetisie die naweek kan daai informasie nou weer fyner toepas word. Hier kan jy die lading wat vir jou die kleinste ES gegee het in daai nodeband kies. As die ES relatief dieselfde was tussen die ladings kan jy bv die middelste lading kies om sodoende klein omgewings verskille wat die naweek sal voorkom uit te skakel.
Nou die groot voordeel van die oefeninging is dat jy al die klein veranderlikes wat QL nie voor kan kompenseer nie uitskakel. Jy het nog steeds n klomp tyd en moeite gespaar deur baie vinniger naby aan jou node te kom en jy het dit nog veilig ook gedoen deur te weet wat jou maksimum spoed is wat jy nie moet oorskrei nie. Let nou net met hierdie voorbeeld wat ek gebruik het op die volgende. Jy moes darem n oorspronklike spoed lesing gevat het wat in die drukspekrum was van die beoogde node. Dit help nie jy vat n spoelesing wat 10000psi laer is as jou beoogde node en doen jou kalibrasie werk daarmee nie. Dit kan en sal jou maksimum spoed berekeninge sowel as jou barreltime beinvloed. Neem die spoed lesing soos Oom Maruis se sonder n knaldemper sodat jou spoedlesing vertrou kan word. Jy kan altyd die silenser opsit met die lading wat jy gekies het net om seker te maak dat groepering reg is. Indien jy nie drukpunte het op die loop nie en die silencer is reg monteer sal jou groepering gewoonlik beter wees.
42.7gr 2871 en ES 28
43.0gr 2894 en ES 42
43.3gr 2926 en ES 5
43.6gr 2935 en ES 39
43.9gr 2961 en ES 32
44.2gr 2998 en ES 4
44.5gr 3017 en ES 24
44.8gr 3043 en ES 3
Was 'n warm dag gewees en met knaldemper geskiet. 300m en nie een groepering het regtig uitgestaan nie en was tussen 50 en 77mm groot gewees. 44.2gr was wel 2 amper in mekaar en een flyer 50mm weg. Het hulle nog nie weer gelaai nie want ek't net 6 koele oor. Ek beplan egter om 44.2gr verder te explore maar ook 43.3-43.6 omdat die sprong in spoed hier die kleinste was tussen al die 0.3gr inkremente.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Ai man. Jy laat my ten minste beter voel. Dis aangenaam om te hoor ander ouens het dieselfde ervaringe as ek.
Ek hou van jou rustige benadring "Ek berus my nou maar by die resultate wat ek in die praktyk sien en probeer nie my kop breek om dit met QL se voorspellings te probeer trou nie."
Ek het ook al in die verlede koeëldimensies van Quickload met werklike mates vergelyk en op een koeël 'n relatiewe groot verskil gekry. Ek sal dus ook jou raad volg. Dankie.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
In die begin het ek NET my eie kop gevolg. Deesdae is dit lekker om na julle kenners te luister en minder my eie kop te volg.
Wouter...as jy kyk na my reply op 30-06 se vraag, sal jy opmerk dat ek al reeds anders dink en my nie NET deur Quickload laat lei nie.
Ek wil eerder nie 'n ander draad begin met 'n volgende issue met MY Creedmoor nie, want anders gaan julle regtig dink ek is gek, maar kom ek gee so 'n voorsmakie...MY Strelok en MY Creedmoor praat nie lekker saam nie. Dit was nie my ervaring met die 6.5x55 en .204 nie. Met hulle was Strelok elke keer op die nommer tot by 500m...maar kom ek los dit vir 'n ander dag.
Dankie vir al die advies.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Behalwe omgewingsfaktore gebruik Strelok spoed en BC. As jou spoed met die ander kalibers reg gewerk het dan is BC die faktor wat moontlik bevraagteken kan word. Jy aanvaar dit as wet. Pas dit bietjie aan en kyk of jou somme nie verbeter nie.
Jy het nie koeël genoem by jou 30-06 nie. Jy skiet met 'n jaggeweer en 50mm op 200m is minder as MOA. Dit is dan heel voldoende vir jag.
Die CC koele van Nosler, is volgens wat ek gehoor het, uitskot van die lotte wat vervaardig is weens verskille van spesifikasie. Dit verklaar hul goedkoper prys. Indien dit waar is, kan gewig en afmetings 'n rol speel met groepering.
Ek het vergeet om te noem, maar daar is die belangrike aspek van TPL verstelling wat ook deel maak van die lading ontwikkelings proses. Deur die lading wat jy gekies het volgens my metode se TPL korter aan te pas kan baie keer die gewenste resultaat lewer.
Verder wil ek ook net noem dat jy verseker nie die eerste of die laaste persoon is wat met Nosler se CC koeels sukkel nie.
Klas daai CC's volgens ogief en kyk hoe loop hulle dan. Ek het 'n vriend wat hulle uit sy Creedmoor skiet op belafstande en so gelukkig is dat hy niks anders wil skiet nie.