Ons sien gereeld die pryse op die USA websites en kan nie glo wat ons hier betaal nie.
Ek wou vir myself sien wat behels dit alles om self iets in te bring en wat gaan dit op die ou einde kos. Ek het gese ek sal dit hier kom deel as ek eers my pakkie gekry het.
Eers sal ek net die omkostes hier gee vir die wat nie hou van lees nie. en dan sal ek verduidelik vir daai wat belangstel.
RCBS Chargemaster LITE (+ local postage, lees maar die verduideliking) R2800.00
MYUS.COM shipping service, (cheapest option) + extras R668.37
fedex customs clearing en VAT en al hulle charges R670.38
R2800+R668.37+R670.38 = R4138.75
Ok nou die lang storie.
Toe ek begin kyk het na n skaal het ek na die gewone Chargemaster gekyk en nie die LITE nie. In SA is daar nogal n GROOT verskil in prys, in die VSA was hy op special en was dit maar $25 verskil in prys, so dit is waarom ek begin kyk het na dit self inbring, die besparing sou ongeveer R4000 gewees het. Na ek egter Youtube reviews gekyk het en bietjie opgelees het, het ek besluit ek wil eerder die LITE koop. Ek het toe al besef die besparing gaan nie SO groot wees nie maar het gedink ek sal dit in elkgeval doen net om te sien wat dit alles behels. (ek het net gehoop om nie op die ou einde meer te betaal as wat ek hier sou betaal nie)
My storie is ook nie heeltemal straight forward nie, want RCBS het n Rebate special aan gehad maar dit was slegs vir USA customers. Ek besluit toe om n vriend te vra om vir my die skaal te koop en te laat aflaai by MYUS.com. dit is waar my probleme begin het.
Ek het vir hom die links gestuur van waar hy dit vir my moet koop, dan sou hulle dit direk stuur en hy kon die rebate kry en aan my oordra.
Hy het egter die skaal by n ander site bestel en na ek twee weke gewag het en niks gehoor het nie het ek hom gekontak en het hy navraag gedoen. MIDWAY USA het agtergekom dat die addres is vir n mail forwarding company en aangesien hulle nie International Shipping doen nie wou hulle dit nie aanstuur nie. Hy moes dit toe na hom laat pos en dit toe self na MYUS.COM aanstuur. Dit het my toe 'n ekstra $40 gekos vir posgeld en die delay het veroorsaak dat ek nie die rebate kon kry nie.
Maar na daai klein mishap het alles baie vlot verloop.
vandat die pakkie by MYUS.COM geland het tot hulle dit by my voordeur afgelaai het was 7 dae. Dit sluit die langnaweek in wat ons sopas gehad het. Hulle het die pakkie Woensdag gekry en die volgende Woensdag was dit by my huis afgelaai.
Wat het ek geleer......
too many cooks spoil the broth....
maak seker dat as jy iets bestel dat hulle dit wel sal stuur na MYUS.COM
die FEDEX charges was meer as wat ek verwag het.
as alles vlot verloop het sou ek seker nog R500 + gespaar het.
Toe ek die skaal bestel het was die goedkoopste een wat ek local kon opspoor R5600.00. na ek hom bestel het kon ek hom by Safari kry teen R4999.00 + posgeld.
So op die ou einde het ek seker ongeveer 'n R1500 gespaar, (want ek sou hom voor Safari se special gekoop het)
Is dit die moeitewerd.....? Die hele storie het my amper 7 weke gevat (omdat ek van iemand anders afhanklik was wat nie regtig so angstig soos ek was nie) as ek direk by Sinclairs bestel het en die rebate opgegee het (wat ek in elkgeval verloor het) kon ek die skaal seker in onder twee weke hier gehad het.
MYUS.COM se diens was uitstekend en amper halfprys van die goedkoopste ander quote wat ek kon kry op my eie vir postage.
die GROOTSTE nadeel wat ek kan voorsien is wat sal gebeur as die skaal breek en ek wil die waarborg gebruik.
as jy bereid is om die kans te vat..... dan kan jy n paar rand spaar.
Ek weet dit was n lang storie maar wou maar net die hele proses met julle deel dat julle presies weet wat die moontlike probleme is wat in my geval opgeduik het.
Ek kan nie wag om vanaand te begin laai nie
