Goeie dag....
Aan die begin van die week het 'n maat van my gebel en gevra om vir ons 'n kudu te kom skiet vir biltong...die wind het lekker sterk gewaai en ek het met die wind in my gesig die ou bul in baie dik bos gekry naby die water...hy het reguit na my gekyk en ek het op daardie stadium nog 'n lemoen staan en skil met die geweer oor my skouer en die skietstokke teen 'n bos....maar 'n lang storie kort het ek die bul voor sy bors geskiet en hy het net daar op die plek geval...gewoonlik hardloop hulle darem nog so 50m na so 'n skoot...
Toe ek by die ou bul kom kon ek als verstaan...hy was klaar met die lewe en sou verseker nie die einde van Junie haal nie...nie meer 'n tand omtrent oor in sy bek nie...tussen sy agterbene was seerplekke omtrent 'n duim in deursnee en sy lyf was vol baklei merke ...party merke nog vars ....ek kon aan sy nek se breedte sien dat dit op 'n tyd 'n baie mooi bul moes wees...
Groetnis
Einde van 'n ou bul...
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Einde van 'n ou bul...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Einde van 'n ou bul...
Mens kry soms 'n knop in die keel, Ben. Wys darem jy is nie 'n man wat sonder gewete, voor die voet platmaak nie.
- Rudiejacobs
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm
Re: Einde van 'n ou bul...
Vir my is dit so gepas dat n jagter hom skiet voor hy in n strik beland.
Well done!
Rudie.
Sent from my SM-G800F using Tapatalk
Well done!
Rudie.
Sent from my SM-G800F using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Einde van 'n ou bul...
En daai bul het net daar bly lê......
Sy laaste rus plek. Verlossing.
Sy laaste rus plek. Verlossing.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
WihandV
- Full Member

- Posts: 144
- Joined: Sun Jan 17, 2016 9:03 pm
Re: Einde van 'n ou bul...
‘n Vriend van my het ook so ‘n paar jaar terug daar vlak in Namibië so ‘n ou bul met ‘n haasbek gehelp om die tydelike met die ewige te verwissel. Dit was asof die oubaas aspris in die pad kom staan het om met die laaste asem gehelp te word. Die vriend se ma was egter min beïndruk want die taak het haar toegeval om hom eetbaar te kry. 2 dae in die drukkoker het niks gehelp nie.
22-250 Savage VLP
243 Musgrave
6.5 Creedmoor Ruger Precision Rifle
30-06 Ruger
300WM Sako TRG 42
12Ga Benelli M2 SP
243 Musgrave
6.5 Creedmoor Ruger Precision Rifle
30-06 Ruger
300WM Sako TRG 42
12Ga Benelli M2 SP
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Einde van 'n ou bul...
Wonder hoe oud was daardie bul, Ben. Hy het sy tyd gehad en het reeds lankal die kruin van sy lewe bereik.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Einde van 'n ou bul...
respek Ben
