Lekkerste Maandag van Junie...

Post Reply
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Lekkerste Maandag van Junie...

Post by Ben Remington »

Goeie môre....

Myburgh het vir my om die vuur gesê hulle is klaar met hulle toetse en hys vreeslik lus om in die koue oggend om 'n lekker vuur te sit in 'n kraal ....die saadjie was geplant en ek was self ook lus vir so iets. Toe ons deur die Gamagarra Rivier ry half vyf gisteroggend was dit -5 grade en ek het geweet dis wat Myburgh wou hê...maar op hierdie stadium het hy lekker gelê en slaap agter in die bakkie. Toe ons die rooi tweespoor sandpad vanaf die hoofpad vat het die son begin opkom en die eerste plaashek se ketting was koud van die ryp. So 15 minute voor sonop het Myburgh se vuur gebrand in die kraal soos hy dit wou hê...die Koringvoëls het begin woel en die Tortelduiwe het begin met hulle kenmerkende geluid wat die nuwe dag aankondig. Ek het lekker plat op die sand saam met Myburgh gesit en gesien die man is bly hys in die veld in plaas van in die skool...my hart was tevrede. Ons het lekker gejag en ek het twee baie mooi varkbere geskiet en 'n mooi Gemsbok koei...wat 'n voorreg om saam met my seun so 'n lekker dag in die veld te beleef. Vanoggend half een vat hy my om die skouers en sê vir my baie dankie vir als...die dag was suksesvol.

Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Lekkerste Maandag van Junie...

Post by Ben Remington »

...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Lekkerste Maandag van Junie...

Post by Ben Remington »

...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
.270 Man
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Wed Apr 29, 2015 2:18 pm

Re: Lekkerste Maandag van Junie...

Post by .270 Man »

Ai maar dit altyd lekker om so saam n man se seun so n dag te gaan geniet.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
.270 Sako with K98 action
carl Zeiss
RPR 6mm Creedmoor
Leupold LRP
.308 Musgrave met swarovski Z5
.38 special Taurus
;D ;D ;D
Daneel
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Mon May 21, 2012 4:13 pm

Re: Lekkerste Maandag van Junie...

Post by Daneel »

Baie mooi Ben.

Jy is baie "lucky" dat jy so iets saam die jong man kan doen.
Die tyd saam in die vled is wat hy vir altyd sal onthou.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Lekkerste Maandag van Junie...

Post by joe rocket »

Lekker Ben mooi varke daai. Altyd lekker om saam jou klong te jag. Hoekom martel jy vir Ruger so? Het hy darem n stukkie wors gekry?
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Lekkerste Maandag van Junie...

Post by koos 2 »

Baie dankie vir die deel,
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Lekkerste Maandag van Junie...

Post by Joe13 »

Mooi vertel, bevoorreg!
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Lekkerste Maandag van Junie...

Post by theedge »

Baie mooi Ben.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Lekkerste Maandag van Junie...

Post by Hein M. »

Fantastiese ervaring ;)

Mooiloop!
Post Reply