Dagsê!
Is hier van julle manne wat al sukses behaal het met die bogenoemde resep? Of advies kan gee daaromtrent?
Ek moet nog ladings uitwerk en sien daar is heelwat gesprek rondom S361 en die gebruik van magnum primers! Ek sit met 'n klomp CCI200 so wil dit graag gebruik.
Ek het altyd 87gr V-max geskiet en was heel tevrede met die resultate. Maar weens die skaarste van die koeël sowel as die S365 kruit het ek op aanbeveling besluit om oor te gaan Nosler toe met S361.
Ek gebruik PMP doppe op die stadium, almal is al 1 of 2 maal herlaai, het dit deurgegaan en ek sien nie 'n donut probleem tans nie. Ek wik en weeg nog of ek Sako doppe moet gaan koop!
Ek sal bly wees as van die QL manne my dalk kan help om met minder skote by 'n lading uit te kom? Die TPL met die Nosler koeël meet 69.68mm, dit is top op die tip, nie die ogief nie, ek sal hom seker so 1mm nog dieper in die dop druk sodat die TPL 68.68mm is, enige raad op die? Sal 1mm genoeg wees?
Ek het gedink om min 43gr en max 46gr S361 te gebruik om lading ontwikkeling mee te doen.
Vriendelike groete!
Edward Odendaal
.243 Musgrave, 90gr Nosler ballistic tip, S361 kruit, CCI200
-
mooihoek9
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Mon Jun 04, 2018 4:15 pm
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: .243 Musgrave, 90gr Nosler ballistic tip, S361 kruit, CC
Goeidag Edward en welkom by die forum!
Gaan stel jouself gerus voor daar by die nuwe aansluitings ( http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=126) en dan kan jy ook gaan lees wat die manne alles benodig om jou vraag te beantwoord hier....
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=12312
Groetnis

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: .243 Musgrave, 90gr Nosler ballistic tip, S361 kruit, CC
My beskeie opinie:
Dis by opinie, ons sal beslis kan help ek noem maar net dat daar is beter opsies is daar buite
Groete en WELKOM!!!
mooihoek9 wrote:Dagsê!
Is hier van julle manne wat al sukses behaal het met die bogenoemde resep? Of advies kan gee daaromtrent?Ek het ge eksperimenteer en eendag gaan dit great anderdag weer vreeslik swak! hy is vreeslik temperatuur sensitief
Ek moet nog ladings uitwerk en sien daar is heelwat gesprek rondom S361 en die gebruik van magnum primers! Ek sit met 'n klomp CCI200 so wil dit graag gebruik.kry iets anders om die cci 200de te gebruik ek het begin met hulle, maar my ondervinding is dat 'n 243 ongeag van kruit hou van 'n magnum slagdop my go to is CCi 250
Ek het altyd 87gr V-max geskiet en was heel tevrede met die resultate. Maar weens die skaarste van die koeël sowel as die S365 kruit het ek op aanbeveling besluit om oor te gaan Nosler toe met S361.
Ek gebruik PMP doppe op die stadium, almal is al 1 of 2 maal herlaai, het dit deurgegaan en ek sien nie 'n donut probleem tans nie. Ek wik en weeg nog of ek Sako doppe moet gaan koop!Gebruik die PMP solank dit vir jou werk, ek noem maar net dat dounuts skelmpies vorm, en ek sou jou eerder aanraai om Lapua doppe te koop, met goeie sorg is hulle jou goedkoopste dop ver herlaai. Wat ek bedoel is doplewe na rand per skoot omskakeling
Ek sal bly wees as van die QL manne my dalk kan help om met minder skote by 'n lading uit te kom? Die TPL met die Nosler koeël meet 69.68mm, dit is top op die tip, nie die ogief nie, ek sal hom seker so 1mm nog dieper in die dop druk sodat die TPL 68.68mm is, enige raad op die? Sal 1mm genoeg wees?As jy deur QL wil gaan sien onder
Ek het gedink om min 43gr en max 46gr S361 te gebruik om lading ontwikkeling mee te doen.Jdaar het jy 'n fout gemaak deur op maks lading te "besluit" jy het nie 'n maks lading nie, wel 'n maks SPOED want jou lading van se XXgr kan veilig wees by 25°C en gevaarlik by 40°C, dis nie so eenvoudig as wat almal dink nie, MAAR dis ook nie so moeilik soos ek dit nou laat klink nie! om te meet is om te weet
Vriendelike groete!
Edward Odendaal
Dis by opinie, ons sal beslis kan help ek noem maar net dat daar is beter opsies is daar buite
Groete en WELKOM!!!
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: .243 Musgrave, 90gr Nosler ballistic tip, S361 kruit, CC
Ek sou nie eers oorweeg om standaard slagdoppies saam met S361 te gebruik nie. Kry magnum slagdoppies en sukkel minder.
In my beperkte ondervinding met S361 in 'n 243 het ek nie goeie akkuraatheid gekry nie. S361 kon darem 1 MOA akkuraatheid haal, terwyl S365 konstant onder 0,5 MOA gelewer het.
In my beperkte ondervinding met S361 in 'n 243 het ek nie goeie akkuraatheid gekry nie. S361 kon darem 1 MOA akkuraatheid haal, terwyl S365 konstant onder 0,5 MOA gelewer het.
-
mooihoek9
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Mon Jun 04, 2018 4:15 pm
Re: .243 Musgrave, 90gr Nosler ballistic tip, S361 kruit, CC
Dankie manne vir die hulp so ver! Ek waardeer. Gaan maar magnum slagdoppies aankoop en klaar kry! Ek het nou die blik S361 so wat ek gaan doen is om te laai en dan skietbaan toe gaan en die rondtes deur n Chrony jaag, kon darem n vriend opspoor wat my kan uithelp met een!
Wat is julle opinie oor die sweet-spot metode waar jy 1 patroon van min tot maks lading laai en dan op 300m skiet op n skoon vel papier. Die ladings wat dan naby mekaar groep op die vertikale as word beskou as die sweet-spot vir die geweer.
Ek sal kom terug raporteer met die spoed en resultate wat ek gekry het. As ek later agter kom die S361 gooi my rond op temperatuur dan skryf ons dit maar af as skool geld en soek verder vir S365.

MP1986
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Fri Feb 17, 2017 2:39 pm
Re: .243 Musgrave, 90gr Nosler ballistic tip, S361 kruit, CC
Ek S341 op ‘n .303 probeer met standaard primers. Geld mors. 5 duim vertikale groepe op 100m. Gebruik slegs magnum primers.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk