Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Chevvy SS »

Is dit die 5 map selector Wouter?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Wouter Roets »

Chevvy, ja dis hy.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Harambe »

Dis definitief die moeite werd.
Of so iets
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Wouter Roets »

Manne

Ek moet darem se dat dit n mens werklik trots maak dat n eg Suid Afrikaanse produk so kop en skouers bo die opisisie uitstaan. Waar ander chips so tussen 2 en 3 goed van die hele stelsel kan reguleer kry die Unichip dit reg om 5 aspekte te kan reguleer. Dit is dan ook die rede hoekom hulle soveel meer krag kan kry uit n enjen teenoor hulle opisisie. Nog n voordeel is dat die chip presies opgestel word op n Dyno, so jy weet nommer een dat jy die ekstra krag kry en tweedens word jy vir jou spesifieke ejen geoptimiseer. Dit is nie die geval by een van die ander chips wat ek al gebruik het nie. Ek moet se ek sal nie sommer weer n ander maak chip koop nie.

Groetnis
Wouter
LeRoy
Full Member
Full Member
Posts: 162
Joined: Mon Jan 16, 2017 4:37 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by LeRoy »

Ek was ernstig van plan om n Unichip in te laat sit maar praat toe ook eers met Willie Visser van Halfway om sy opinie te kry. Hy reken hulle tel die chip op al is dit n 'plug & play'. En dan is jou waarborg daarmee heen want al wat die ding doen is gee meer petrol en 'override' die fabrieks stellings. Dit sit meer lading op die komponente en kan die enjin beskadig. Aldus Willie.
Steyr Mannlicher .308
Steyr Mannlicher .375
Tikka T3 .243
Marrochi 12 br
FN Fal (R1) 7.62
Tyrol .22
Ruger .22 s/a
Howa 6.5 CM - op pad uit >:D
CZ75 B 9mmP
Beretta Nano 9mmP
Tikka TX3 6.5CM
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Wouter Roets »

LeRoy wrote:Ek was ernstig van plan om n Unichip in te laat sit maar praat toe ook eers met Willie Visser van Halfway om sy opinie te kry. Hy reken hulle tel die chip op al is dit n 'plug & play'. En dan is jou waarborg daarmee heen want al wat die ding doen is gee meer petrol en 'override' die fabrieks stellings. Dit sit meer lading op die komponente en kan die enjin beskadig. Aldus Willie.
Leroy

Ek het al meer chips op my voertuie gehad as wat die meeste mense hare op hulle kop het. Ek het al verskeie kere laat kyk of hulle die plug en play chips optel by die handelaar nadat ek dit verwyder het en hulle kon nog nooit iets optel met die toerusting wat hulle by die handelaars gebruik nie. Onthou die chips werk nog steeds binne die veiligheids paramaters van die vervaardiger. Dit is hoekom enjens uitsny of in limp mode ingaan die oomblik as die chip buite hierdie paramaters begin werk.

Groetnis
Wouter
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Rudiejacobs »

Manne as daai slim oom met die wit jas en duk brille wat daai engine ontwikkel het wou he daai motor moet meer krag gemaak het sou hy hom so bou! Daars n rede dat sekere motors op n sekere hoeveelheid krag beperk word!

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Harambe »

Rudiejacobs wrote:Manne as daai slim oom met die wit jas en duk brille wat daai engine ontwikkel het wou he daai motor moet meer krag gemaak het sou hy hom so bou! Daars n rede dat sekere motors op n sekere hoeveelheid krag beperk word!

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk
En daai redes is as volg:

1. Uitlaatgasse. Deur die verrigting te verminder, word daar minder uitlaatgasse vrygestel en dus word hulle minder belas vir elke motor wat hulle verkoop.
2. Petrolverbruik. Deur die verrigting te verminder, word die petrolverbruik beter. Dus lyk dit goed op papier want jy kan 30km verder op 'n tenk ry.
3. Sodat jy vuil petrol op Springbok kan ingooi. Want as hulle die sagteware so gemaak het dat jy net op 98RON kon ry, dan sou die ding uitmekaarval die eerste keer wat jy 93RON ingooi. Jy sou darem nog kon wegkom met 95RON.
4. Omdat as jy net die helfte van 'n engine se potensiaal benut, sal hy nie breek voordat die waarbord verval nie.

#4 is veral belangrik. Dit beteken jy kan sonder enige bekommernis nog so 'n ekstra 30% verrigting uit 'n turbo enjin haal sonder om oor die limiet te gaan. Bv my Forestertjie maak so 320Nm en 169kW uit die fabriek uit. Ek het hom opgevat na so 390Nm en 192kW en hy loop al 4 jaar so sonder probleme. En dis op 'n kar wat al 11 jaar oud is. Die truuk is maar net om te weet waar die perke is. En gewoonlik is dit rondom so 30% bo waar hy begin het. Maar ek is gelukkig met my ekstra 20%.
Of so iets
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Jurgen Visser »

Harambe wrote:

Kom ons doen daai ding wat niemand like nie +1 :laugh:
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
LeRoy
Full Member
Full Member
Posts: 162
Joined: Mon Jan 16, 2017 4:37 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by LeRoy »

Wouter Roets wrote:
LeRoy wrote:Ek was ernstig van plan om n Unichip in te laat sit maar praat toe ook eers met Willie Visser van Halfway om sy opinie te kry. Hy reken hulle tel die chip op al is dit n 'plug & play'. En dan is jou waarborg daarmee heen want al wat die ding doen is gee meer petrol en 'override' die fabrieks stellings. Dit sit meer lading op die komponente en kan die enjin beskadig. Aldus Willie.
Leroy

Ek het al meer chips op my voertuie gehad as wat die meeste mense hare op hulle kop het. Ek het al verskeie kere laat kyk of hulle die plug en play chips optel by die handelaar nadat ek dit verwyder het en hulle kon nog nooit iets optel met die toerusting wat hulle by die handelaars gebruik nie. Onthou die chips werk nog steeds binne die veiligheids paramaters van die vervaardiger. Dit is hoekom enjens uitsny of in limp mode ingaan die oomblik as die chip buite hierdie paramaters begin werk.

Groetnis
Wouter
Dan is dit seker bleskop manne....

Wouter, ek sê net wat 'n werkwinkel bestuurder aan my gesê het. Dis al. Moenie jou toys uit jou kot gooi nie man.
Steyr Mannlicher .308
Steyr Mannlicher .375
Tikka T3 .243
Marrochi 12 br
FN Fal (R1) 7.62
Tyrol .22
Ruger .22 s/a
Howa 6.5 CM - op pad uit >:D
CZ75 B 9mmP
Beretta Nano 9mmP
Tikka TX3 6.5CM
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Heinz Petersen »

Dan is daai werkwinkel bestuurder n bleskop.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2488
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Flip Nel »

LeRoy wrote:
Wouter Roets wrote:
LeRoy wrote:Ek was ernstig van plan om n Unichip in te laat sit maar praat toe ook eers met Willie Visser van Halfway om sy opinie te kry. Hy reken hulle tel die chip op al is dit n 'plug & play'. En dan is jou waarborg daarmee heen want al wat die ding doen is gee meer petrol en 'override' die fabrieks stellings. Dit sit meer lading op die komponente en kan die enjin beskadig. Aldus Willie.
Leroy

Ek het al meer chips op my voertuie gehad as wat die meeste mense hare op hulle kop het. Ek het al verskeie kere laat kyk of hulle die plug en play chips optel by die handelaar nadat ek dit verwyder het en hulle kon nog nooit iets optel met die toerusting wat hulle by die handelaars gebruik nie. Onthou die chips werk nog steeds binne die veiligheids paramaters van die vervaardiger. Dit is hoekom enjens uitsny of in limp mode ingaan die oomblik as die chip buite hierdie paramaters begin werk.

Groetnis
Wouter
Dan is dit seker bleskop manne....

Wouter, ek sê net wat 'n werkwinkel bestuurder aan my gesê het. Dis al. Moenie jou toys uit jou kot gooi nie man.
Hoekom moet jy persoonlik en beledegend raak as iemand sy ondervinding deel, dit klink meer of jy wil toy toy oor iemand anders glo en met jou verskil
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by jankraay »

LeRoy wrote:
Wouter Roets wrote:
LeRoy wrote:Ek was ernstig van plan om n Unichip in te laat sit maar praat toe ook eers met Willie Visser van Halfway om sy opinie te kry. Hy reken hulle tel die chip op al is dit n 'plug & play'. En dan is jou waarborg daarmee heen want al wat die ding doen is gee meer petrol en 'override' die fabrieks stellings. Dit sit meer lading op die komponente en kan die enjin beskadig. Aldus Willie.
Leroy

Ek het al meer chips op my voertuie gehad as wat die meeste mense hare op hulle kop het. Ek het al verskeie kere laat kyk of hulle die plug en play chips optel by die handelaar nadat ek dit verwyder het en hulle kon nog nooit iets optel met die toerusting wat hulle by die handelaars gebruik nie. Onthou die chips werk nog steeds binne die veiligheids paramaters van die vervaardiger. Dit is hoekom enjens uitsny of in limp mode ingaan die oomblik as die chip buite hierdie paramaters begin werk.

Groetnis
Wouter
Dan is dit seker bleskop manne....

Wouter, ek sê net wat 'n werkwinkel bestuurder aan my gesê het. Dis al. Moenie jou toys uit jou kot gooi nie man.
n Werkswinkel bestuurder se vir jou wat hy moet se maar Wouter is reg en ek sien nie waar hy sy toys uit die kot uit gooi nie.

As die chip jou voertuig in limp mode ingegooi het is daar n error code wat op hulle rekenaar opkom. Hy se presies waar hy vandaan kom maar hy kan nie se wat hom veroorsaak het nie.

Feite is feite en ek dink nie dit is hoe dit hanteer moet word nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Chevvy SS »

Wouter, ek het in 2016 dieselfde pad as jy gegaan en het ook 'n terselfdertyd 'n 76mm vryvloei uitlaat opgesit en 'n groter tussenkoeler. Die resultaat laat elke keer my tone krul as ek ry, veral die "pedalbooster" in verstelling 5 wat ook kragverstelling is.

Ek weet ook nie hoeveel voertuie ek al dieselfde aan laat doen het nie en het nog geen probleme ondervind nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Wouter Roets »

LeRoy wrote:
Wouter Roets wrote:
LeRoy wrote:Ek was ernstig van plan om n Unichip in te laat sit maar praat toe ook eers met Willie Visser van Halfway om sy opinie te kry. Hy reken hulle tel die chip op al is dit n 'plug & play'. En dan is jou waarborg daarmee heen want al wat die ding doen is gee meer petrol en 'override' die fabrieks stellings. Dit sit meer lading op die komponente en kan die enjin beskadig. Aldus Willie.
Leroy

Ek het al meer chips op my voertuie gehad as wat die meeste mense hare op hulle kop het. Ek het al verskeie kere laat kyk of hulle die plug en play chips optel by die handelaar nadat ek dit verwyder het en hulle kon nog nooit iets optel met die toerusting wat hulle by die handelaars gebruik nie. Onthou die chips werk nog steeds binne die veiligheids paramaters van die vervaardiger. Dit is hoekom enjens uitsny of in limp mode ingaan die oomblik as die chip buite hierdie paramaters begin werk.

Groetnis
Wouter
Dan is dit seker bleskop manne....

Wouter, ek sê net wat 'n werkwinkel bestuurder aan my gesê het. Dis al. Moenie jou toys uit jou kot gooi nie man.
Hier mag jy van NIEMAND verskil nie. Alles glo wat aan jou gesê word en net vir die ou manne ja en amen sê. Moenie eers durf om van jou eie ondervindinge te wil praat nie want dit sal net afgekiet word as snert. Sela.

Goeie more Leroy

Ek hoop jy het n lekker naweek gehad.

Ek sien nou jou skrywe hier asook op die "Gatvol vir" draad. Ek het dit ook hier gecopy vir jou gerief. Mag ek asb vra waar ek jou enigsins aanstoot gegee het om hierdie tipe optrede van jou te regverdig? Ek kan eerlikwaar nie verstaan hoekom jy enigsins aanstoot kon neem uit my skrywe uit nie. As ek so deur die ander manne se kommentare lees blyk my verbasing tog gegrond te wees aangesien jy duidelik ongelukkig is.

Dit sal vir my werklik gaaf wees as ons hierdie kan uitsorteer sodat ons dit in die toekoms kan vermy.

Groetnis
Wouter
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Wouter Roets »

Rudiejacobs wrote:
LeRoy wrote:Ek was ernstig van plan om n Unichip in te laat sit maar praat toe ook eers met Willie Visser van Halfway om sy opinie te kry. Hy reken hulle tel die chip op al is dit n 'plug & play'. En dan is jou waarborg daarmee heen want al wat die ding doen is gee meer petrol en 'override' die fabrieks stellings. Dit sit meer lading op die komponente en kan die enjin beskadig. Aldus Willie.
Manne as daai slim oom met die wit jas en duk brille wat daai engine ontwikkel het wou he daai motor moet meer krag gemaak het sou hy hom so bou! Daars n rede dat sekere motors op n sekere hoeveelheid krag beperk word!

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk
Hallo Rudie

Ek hoor jou en respekteer natuurlik jou opinie. Ek weet nie wat jou kennis is mbt voertuie nie, maar ek sal dalk net graag hierdie een voorbeeld wil gebruik om moontlik jou sienswyse te heroorweeg.

Die 2.0 Bi Turbo dieselenjens wat n mens in die Amarok en Kombi's hier by ons kry word oorsee in n wye reeks modelle aangetref. Nou ek het hier met n groot man van Volkswagen gepraat en hy het my verseker dat die eenheid in al sy konfigurasies presies dieselfde is, maw dit is slegs n verskil in programering wat die kragverskille teweeg bring. Nou die enjen gee enige iets van 120kw en 400Nm tot in sy warmste gewaad van 176kw en 500Nm. Nou net dit allen behoort vir jou te wys dat as jy bv jou 132kw en 420Nm Amarok chip jy oor die algemeen nie eers by sy stekste fabrieks syfers uitkom nie. Daar is n magdom ander voorbeelde wat ek hier kan noem wat hierdie sal ondersteun.

Soos Harambe baie mooi uitwys is daar verskeie redes hoekom daar so n groot safety margin ingebou word in die enjens. Glo my as ek enigsins hieroor bekommerd was sou ek verseker nie hierdie gedoen het op n voertuig wat my nou net amper R1 500 000 gekos het nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Rudiejacobs »

Hallo Wouter.

Hier begin jy n baie lang komplekse geprek.
Daar sal 2 redes hiervoor wees.

1. Die spec van die voertuig moet in die prys klas van die betrokke land val. (Tegnologie kos geld Image) Dus het ander lande hoër spec engines as ons. Hierdie rede is dan nou, soos ek kan aflei die druif veer agter jou redes vir n chip insit. As die regte kondisies behaal word, stem ek saam dat dit dan wel die engine se veilige werks verrigtings vlak kan wees, en veilig haalbaar is. Soos wat jy na verwys in jou voorbeeld van die Amarok. Wat is dan die regte kondisies? Ek sal die vraag later beantwoord.

2. Die kwaliteit van die brandstof van die betrokke land. (Wat dan "emision" control insluit. MAW wat is die minimum Euro spec wat die land se wet vereis.) Hoe skoner n engine ontbrant hoe beter sy algehele verigting. (So dit gaan nie net oor emisions tax nie.)In SA is die maar baie laag. Reeds een van die hoof redes dat ons die laer spec engines kry.

Ek sal probeer om dit so kort moontlik te verduidelik hoekom ek dan nee se vir so n aperaat! (Wel of dit kort gaan wees weet ek nie.)

Ek stem nie heeltemal saam met die feit dat die engines presies dieselfde is nie. Dat hulle wel van die selfde block en head gebruik maak ja, beslus. Op die diesels veral sal jy beslus vind dat die brandstof inspuiters verskil as ook n verskil in die inlaat en uitlaat manifold. Ek kan hier die Land Rover Discovery TDV 6 as voorbeeld gebruik. By ons is hy n enkel turbo. Die oorspronklike weergawe is n bi turbo. As die inspuiters nie fiesies verskil nie sal die programering wel verskil. En dis reeds hier waar meeste van die chips te werk kom. Dan ook op turbo engines by waste gate beheer. Al die die goed verander dan die ontbrandings eienskappe, in die ontbrandings kamer. Hulle sal byvoorbeeld die injector period verleng en soms vervroeg, dit verhoog dan die MEP (mean effective pressure) in die silinder, wat dan die temperatuur sal verhoog sowel as die hoeveelheid uitlaat gasse. Hulle sal ook tipies die waste gate langer toe hou, dus verhoog hulle die druk. Dis dan hier waar die meganiese verskille in die manifolds moet inkom. Dit help nie jy kan n Kg uitsit maar kan nie n kg intrek nie. En dan geld dieselfde anders om ook. Selfs die EGR (exhaust gas recirculation system) sisteem van die sê maar, Euro 7 sisteem verskil van die, sê maar lokale Euro 5 sisteem. Die rede hiervoor is dat hulle skoner diesel het, en dus minder EGR nodig het. Die verskille word byvoorbeeld glad nie in ag geneem deur die meeste van die manne wat n chip instaleer nie. Dan is daar ook klimaat verskille wat gald nie in ag geneem word nie. (Van die sisteeme tap wel in op sensors soos die T map. Op sy beurt help hy wel dan om die temperatuur verskil in ag te neem. Wat word van die lug druk in die geval? Dit daar gelaat, maak hy geen meganiese verskil, wat dan brood nodig is nie. Al kompenseer jy elektronies vir lugdruk, sal die fisiese volume van die lug steeds verskil. Dit kan wel met die turbo gekompenseer word, maar verhoog die druk op die interne komponente soos die kruk as. Om terug te kom na die kwaliteit van die brandstof, onthou Suid Afrika se diesel is van die vuilste in die wereld en kan nie noodwendig met diesel van veral Europa vergelyk nie. Juis hier le die verskil. Van hierdie "common rail" sisteme se druk in die common rail, draai tot by die 100 bar of te wel 1500psi. Ek dink veral aan Volvo se 700 Globetrotter se EXPE engine wat daai syfers ver te bowe gaan. Nou vuil diesel soos die wat ons hier kry kan nie noodwendig onder daai druk presteer soos die skoner diesels nie,(self nie eers ons 50ppm nie) omdat die toleransies in die inspuiter so klein is. Hier praat ons van 0.02 mikrons tussen die naald en sy omhulsel. Dit is veral belangrik dat die regte diesel geruik word omdat dit die enigste manier is waarop ons die inspuiter smeer, en koel hou. Dit is dan ook die rede hoekom ons van so baie diesel voertuie hoor watse inspuiters vervang moet word. As die diesel nie reg is nie verander dit in opsig self die drie fases van ontbranding wat enige brandstof ondergaan. Naamlik? ignition delay, flame spread, en direct burning. Ek heg n foto aan van die betrokke grafiek. Jy sal sien hulle praat hier van die uncontrolled combustion period. Dis hier waar die probleme ontstaan.

Die engine word ontwikkel vir daai betrokke land onder daardie kondiesies. Vir hulle lug druk, temperatuur, en brandstof. Waar hy sy top krag lewering gee word ook tot n mate elektronies beheer vir hulle landskappe en aplikasies. Dan die rede dat hulle n engine se werks verigting minder maak van land tot land. Om dit in n veilige band te hou en optimaal te laat ontbrand. (Stoichemetric ratio) Hier word die verhouding tussen krag lewering en brandstof verbruik ook in ag geneem. As n verwaardiger n nuwe engine/voertuig reeks in n land wil inbring word daai voertuig/engine vir duisende KM getoets. Dit bepaal dan ook tot n mate sy specs. Menigte vervaardigers het al n voertuig die land in gebring op n sekere spec maar, baie vinnig die engine ge de-tune, juis oor die redes.

Nou om te verwag dat n engine na daardie specs toe met perform onder heel ander kondisies is redelik vir moeikheid soek. Sou jy sekere aspekte soos die uitlaat stelsel en inlaat stelsel aanpas, maak dit die situasie effens beter. Die groot MAAR hier is dat bitter min mense dit doen. Want dan is die warranty daarmee heen. As jy al hierdie kondisies kan naboots soos BV in Duitsland is die Kaap weer Hollands en sal die engine dit veilig kan doen. Dit gebeur egter nie en net sekere aspekte word nou kunsmatig gemanupileer om by daai spec uit te kom. So kan jy rerig hierdie kondisies almal beriek? Eks oortuig, NEE!

Kan dit gedoen word? Die antwoord is beslus ja! Hiervan is jy dan lewende getuie met al die chips wat jy al in jou voertuie laat sit het. Het dit nadelige effekte? Ja baie beslus. As jy n kar slegs ry tot sy warranty verby is, sal jy seker nooit n probleem he nie. Reeds omdat die vervaardiger tot n mate vorseer word om die selfde warranty wereld wyd te gee, dat hy sekere engines down spec. Maar wat gebeur na die warranty verval het, hoeveel probleme kry jy dan? As jy vrede gemaak het dat die meer krag teen n prys gaan kom, so be it!

Ek sien die baie soos herlaai, jy kan jou gun warm laai tot op die maks ladings en soms dit ook so effens oorskry, en niks sal gebeur nie. Maar daai eendag gaan jou luck uit hardloop en dan het jy probleme. Ons almal weet jy kan jou gun op die maks laai en min skote kry, laer en so bietjie meer kry. Presies die selfde met jou engine.

Ek hoop ek kon dit redelik duidelik verduidelik in sulke breë trekke. Dit is wel baie meer kompleks as net die.

PS: die feit dat jy beter krag en beter brandstof verbruik met n chip kan kry is bloot n miete. ImageImage

Rudie.//uploads.tapatalk-cdn.com/20180702/d37c59f2e71ae2fc86ef6b232fa1b222.jpg

Sent from my SM-G800F using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Wouter Roets »

More Rudie

En daar gaan staan ek en dink jy weet nie iets van karre af nie! ;D ;D ;D

Nee my maat jy is heeltemal reg deur te se dat dit net soos herlaai n onsaglike komplekse wereld is met veranderlikes wat amper kan strek tot die oneindige. Ek gee 100% toe dat die gebruik van n chip verseker meer druk op die enjen sit en dit weer op sy beurt n invloed sal he op sy lewensduur. Vir my persoonlik is dit nie eintlik van toepassing nie want ek ry nie n voertuig uit sy mototrplan nie. Al ondervinding wat ek persoonlik in die departement het was twee Hilux 3.0 D4D bakkies van my en my broer wat van dag een gechip was en toe uiteindelik na ons saagmeule toe geskuif was en eers verkoop was op so 350 000 en 400 000km onderskeidelik, sonder enjen probleme. Daai twee bakkies was nie gespaar nie, glo my. Maar weereens dit op sig self beteken absoluut niks.

My opmerking oor die 2.0 TDI BI turbo Volkswagen enjen is gebasseer op wat vir Lichtenburg se dealer principal gese was op die launch van die Amarok oorsee. Hy het met die hoof van die Volkswagen groep se enjen afdeling gepraat oor die betroubaarheid van die enjen. Sy woorde was presies dat daai presies dieselfde enjen is as wat in die Passat gekry word behalwe vir ander sagteware. As ons na die enjen in my Land Cruiser 200 kyk sal jy ook sien dat hy in n hele paar konfigurasies kom vanaf 173kw tot 210kw en ek kan jou ook absoluut versker dat dit slegs sagteware verskille is.

Die 3.0 TDI enjen wat in die Land Rover gekry word was inisieel n dubbelturbo waarna hulle na n enkel turbo toe beweeg het. Sover ek weet is dit n wereldwydse skuif gewees en nie net in Suid Afrika nie. Die dubbel turbo wat gebruik word in sekere Jagaur modelle moet nie misgis word met die enjen nie.

Rudi dit is duidelik dat baie motor vervaardigers baie konserwatief is in SA juis omdat ons dieselkwaliteit van die swakstes is. Dit is moeilik om n enjen so te maak dat jy dan en wan voorsiening moet maak dat hy 500 PPM moet kan akkomodeer. Ek weet dat Toyota SA baie geworstel het met die besluit om die V8 enkel turbo diesel Cruiser bakkie hier beskikbaar te stel. Dit is vir hulle n bitter pil gewees om te se dat jy nie mag 500 PPM diesel in hom kan gebruik nie. Hierdie is dalk die rede hoekom chips oor die algemeen goed doen by ons aangesien baie van die karre waarvoor daar chips ingesit word se enjens baie ge-detune is?

Ek moet se dat ek sou mal word as ek vir die "Fat Ladies" standaard moes ry. Ek het destyds drie gery en toe die nuwe Audi Q7 gekoop want ek was lus vir n dinamiese kar. Ek sou nie weer terug gegaan het na die 200 Cruisers as dit nie vir die nuwe Q4 chip van SAC af was nie. Ek het ook oorweeg om hulle free flow te installeer, maar waarborg probleme het my daarvan tot nou toe weerhou.

Groetnis
Wouter
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Rudiejacobs »

More Wouter.

Ek dink ons kan beide toegee dat daar sekere positiewes en negatiewes is.

Ek moes ook seker maar genoem het dat ek n motor opleidings beamte van beroep is.

Jy het my beslus ook bietjie in die ander rigting laat dink, en die grys stof effens laat werk.

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Wouter Roets »

Rudie

Ek weet nou wie om te bel as ek meer oor karre wil weet. ;)

Groetnis
Wouter
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Rudiejacobs »

Wouter Roets wrote:Rudie

Ek weet nou wie om te bel as ek meer oor karre wil weet. ;)

Groetnis
Wouter
Enige tyd.

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by LoopSoosStroop »

Wouter, in watter deel van die kar se leeftyd ry ry hom met daardie chip in? Op hoeveel km's verkoop jy hulle?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Wouter Roets »

Loopsoosstroop

Wel basies van dag een af tot op gewoonlik so twee jaar wat ek hom verkoop. Gewoonlik so 40 000-50 000km op die klok.

Groetnis
Wouter
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Smitstertjies »

Het iemand hier al n 3.2 Ranger laat map? Enige probleme opgetel?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Voor en nadele van n Racing Chip op n voertuig.

Post by Chevvy SS »

Smitstertjies wrote:Het iemand hier al n 3.2 Ranger laat map? Enige probleme opgetel?

Baie manne het al, geen probleme.
Post Reply