Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Daarsy , my beurt het gekom. Ry Donderdag Bona Tholo toe buite Zeerust. Was nog nooit op die plaas nie, maar lyk belowend. Vroulief en kinders gaan ook vir eerstekeer saam jag.My spesie lys: vark of twee, rooibok en kudu.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
Ek en my seun is eers teen einde Julie in die jagveld, naby Swartwater in Limpopo. Ons sal tot teen die Limpopo-rivier kan jag. Wil paar rooibokke jag - Julie gaan 'n lang maand word!
Ry volgende week woensdag. .7 manne in totaal wat n bietjie gaan weg breek daar na platjan se kant toe.
Ek gaan die keer self ook bietjie hand aan roer slaan en nie net ph speel nie.
Sien lekker uit.
Gou daai plaas voorman bel om te hoor of hulle al vir my n mooi eland bul vas gemaak het....
Ek, my klong my beste pel en sy klong ry sondag Cradock toe. Ons gaan enige iets jag wat verby kom. Ons is baie lus vir jag. My vrou en meisiekind gaan bietjie gimnastiek in Malta, maar ek het besluit jag is lekkerder. 'n Man moet darem jou prioriteite in die lewe reg kry.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Ai, my hart is vanoggend seer. Ons jag groep trek van wyd en suid vanoggend saam in PE waar hulle van daar af vertrek na Jansenville 08:00, ek moes maar weens onverwagse toestande onlangs myself onttrek uit die groep, maar nou ja, dit is deel van die lewe
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
Nou ja , na my groot sukses in 2017 met Buffel , Sabel , Eland trofees was die jaar maar rustig ……….. maar dit is tyd.
Vertrek more saam vriend (PH) van my seun op soek na my Bosbok trofee. Moet iets spesiaal wees en wag al lank vir die geleentheid.
Het al Bosbok , maar soos dit maar gaan ……… moet beter en groter.
Konsessies wat besoek gaan word is in Limpopo , Noord van Ellisras omgewing.
Dan in Augustus ….. BWB , het 29 duimer ………. maar weer eens , moet beter en groter.
Die gaan gejag word , klaar gebook en vas gemaak op trofee van 29.5+" by my seun op Sekgweng Safaris
Dan is ek klaar vir die jaar.
Het darem nou al n Waterbok bul gelag vir die jaar om vleisie te kry.
Sal foto's stuur van Bosbok en BWB
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
Na my drama vir twee jare lank het BLASER my n vervangings custom 22-250 match barrel gestuur. Fee kosteloos veniet mahalavir my toets teikens gestuur op 200m en as ek so kan skiet dan haal ek n oog uit skoot na skoot.
So Ons is oppad, middel ini waterberge.
7-16julie gaan ons kyk wat maak n 64gr win power piont. Box se spoed is 3500f/s. As hy werk dan Kalahari (kameeldoring Safaries) 24-28julie.
So manne ek is oppad -
Ons jaggroep het reeds saam met die kinders in die Karoo gaan ontspan. Drie van ons vat oor 'n week die pad Namibia toe. Koedoes, springbokke en dalk 'n gems of twee. Voel of die dae tweekeer so lank as gewoonlik is!
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Die 16de Julie is ek oppad Ooskaap toe vir 3 weke. Koedoe en Springbok wat ek gaan skiet. Oom bobs deur die dag en Jakkalse in die nag.
So, die week moet daar gelaai word en al die goedjies bymekaar gesit word. Dit is ook deel van die jag.
Ry Vrydag Crecy toe om my vlysbok te gaan skiet.
Enigiets behalwe die Buffels, Nyalas, Swartwitpense en groot Koedoe bulle is R20/kg...varke is verniet. Doen die trippie jaarliks by n familie vriend om die vrieskas vol te maak.
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5