Dag trip uit na Nylstroom

Post Reply
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Dag trip uit na Nylstroom

Post by FrancoisW »

So sien ek 'n advertensie op fluisboek van 'n plaas op op die Vaalwater pad.
Na 'n oproep of twee en die jag is vas.

Ek en Ruben ry kort na 4uur uit plaas toe, stop vir 'n lekker hot chocolate by die garage op die N1.
Kort na die warmte sy keel bederf het, raak my co-driver aan die slaap.
Toe ek die grondpad af draai toe raak hy weer wakker. Seker die stof geruik....

Oom Andre kry ons by die hek. Ons gesels oor wat op die lys is en watter spesies en geslag hy sal verkies ons moet skiet.
Het baie keer gesien dis 'n wen wen as mens bietjie die boer vra wat hy regtig wil laat skiet en nie noodwending alles wat op die pryslys is nie.

Die tannie het op die foon gese ons gaan stap en jag, en dis hoe ons dit doen. Ons het minimale warm klere aan want ons gaan mos stap.
Nie gedink aan die trip agter op die bakkie tot waar ons gaan begin stap nie. Ek en Ruben het lekker vir mekaar gelag en elkeen 'n lekker nat bolip gehad. volgende keer vat ek bietjie versier suiker saam sodat dit bietjie soeter proe....

Naby die aflaai punt het daar 'n ou rooibok ooi alleen gestaan. Ek het haar geskiet en glo dit sou haar laaste winter wees.
Oom het vir ons op die grond geteken hoe die paaie kruis en waar die heiningss loop.

Ek en Ruben het begin stap. Die gras was sekere dele lekker hoog maar plaas is lekker oop en nie te ruig nie.
Ons wil toe graag vir Blesbok gaan. Ruben het nog nie so een geskiet nie.
Kry hul toe in 'n oop kol. Begin die bosse tussen ons gebruik om hul te bekruip.
Hier spring 'n groot vark op en hardloop. Weet nie wie het die grootste geskrik nie. Ons of hy.

Ons het lank probeer nader aan die blesbokke kom maar heeltyd is daar iets anders wat ons weg gee. Was eers die vark, later tarentale en toe weer trop rooibokke.
Paar keer wat ek gehurk bekruik met denke dat Ruben dieselfde doen. As ek om kyk dan loop die klein wetter regop. Gras is net so lank soos hy, maar wou he hy moet ook bietjie sukkel soos ek.

Ons besluit to om bietjie onder 'n boom te sit en 'n naartjie eet en water te drink. So halfuur gesit. Toe ons op staan om weer te begin stap, toe kom daar 2 alleen blesbok ramme van agter in ons rigting gestap. Ruben neem sy posisie in op die skietstok. Wind was nie in ons guns en die bokke het begin draf en op so 150m gaan staan.
Ruben het eers bo oor geskiet, nie seker wat hy verkeerd gedoen het nie. Hy laai oor en ek se hy moet sy tyd vat en seker maak.
Skoot loop uit die 30-06 en daai bok spring mooi. Met sy landing is sy voorpote nie meer daar om hom te dra nie. Hy het paar meter van waar hy geskiet is gele.

Bakkie het gekom, ons het gelaai en besluit om verder te jag vir 'n vark.
Kry klomp jong varke saam met 'n sog. Ons bekruip hulle lekker met die wind in ons guns.
Varke tot op so 30m bekruip. Ruben le aan oor my skouer. Mooi skoot tussen oe.

Was regtig 'n lekker pa en seun uistappie. Het goeie mense ontmoet en sal virseker weer volgende jaar daarna toe gaan.
DSC_3484.jpg
DSC_3490.jpg
DSC_3494.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Dag trip uit na Nylstroom

Post by FrancoisW »

DSC_3503.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Dag trip uit na Nylstroom

Post by Stephan86 »

Dit klink na 'n baie spesieale dag, baie geluk aan Ruben.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1182
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Dag trip uit na Nylstroom

Post by heywillie »

Eks seker die jong man sal dit vir die res van sy lewe onthou !
En nou het jy moeilikheid want hy gaan net wil skiet
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Dag trip uit na Nylstroom

Post by ruaanb »

lekker man!
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Dag trip uit na Nylstroom

Post by toelie »

mannetjie stamp daai varkie bitter mooi, geluk
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Dag trip uit na Nylstroom

Post by Ben Remington »

Kosbare tye.
Post Reply