Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Middag manne,
Ons is 9 manne wat Saterdagoggend Livingstone toe vlieg. Ons gaan 5 dae by Sekoma Lodge (so 75km suid van Livingstone) langs die Zambezi spandeer. Ek het as n laaitie op Kariba bietjie tiervis probeer vang, maar hierdie is eintlik iets heeltemal nuut vir my. Ek is glad nie n visserman nie, maar 5 dae daar in die bos het net te lekker geklink om te mis. Was iemand op Jaracal al daar en enige raad of advies is welkom. (al is dit hoe om 5 dae saam met besige manne te oorleef )
Hoop die plasing hier is in orde, kon nie n visvang garing kry nie?
Ek was baie jare trug daar met Drifters toe daar nog niks was nie. Ons het uit Kasane n boot gevat deur die Kasai channel en dan sommer in tente op die eiland geslaap. Ek het altyd my beste sukses gehaad op "vars aas" soos imbiri's, bream, tiervis fillets en belly shine (pens snit) n Katrol met 30lb braid met n 3m nylon leader en so 30cm staal trace met n nommer 10 J hoek. Ek hou daarvan om n klein gly sinker op die lyn te laat gly as ek in diep water hengel om die aas naby aan die bodem te kry. Dit hang maar baie af van waar jy hengel. In oop water kan jy n paar goed try, die goeie ou EFFZET spinner in koper, Rooi TLS/Wakka spinner met n klein stukkie fillet aan, rapalas soos die fat rap, Slab rap, X rap countdown, Shad rap in die gewone tier kleure (fire tiger, perch, helsinki shad, yellow perch and baby bass. Soek vir plekke met drop-offs en plekke waar daar vinnige water verky n punt en stadige wate vloei. As julle teen die banke en tussen obstruksies hengel kan jy gooi (pitch) met swart lood koppe, en gewone bass creature baits. Daar is baie mooi drie kol en olyf kurpers ook! Sterkte, Geniet dit.
.22 Ruger 10-22
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
Was laas jaar daar. Uitstekend gewees. Geriewe is top gehalte. Die gemiddelde gewig was so tussen 7/8 ponders wat algemeen gevang was. Grootste was 13 pond. Ons boot het in die 5 dae 32 tiere gevang. Die vorige jaar het die hele groep egter net 5 visse vir die hele 5 dae gevang. Pak maar genoeg loodkoppe in met verskillende kleure vere. Dis maar visvang....
Jy gaan met die lodge in verbinding moet tree en vra wat werk op daardie spesifieke area en wat spesifiek julle moet saamvat. Op sekere plekke werk drift met aas/fillets en ander werk spinners met repie tiervis fillet op.
Afhangend van prys wat mens betaal en hoe toegewyd of betroubaar jou gidse is behoort hulle die beste aas/kunsaas te voorsien. As jy nie die perfekte metode gebruik vir die area nie gaan julle sukkel.
As dit spinners is stel ek die "Tiger wakka" tipe voor en as dit drift is moet jy regte staal trace, skuif sinkers en hoeke hê.
Kry 'n regte tiervis visstok vir die doel (nie bass stok nie) en sterk braid.
Kom rapporteer bietjie hier met fotos na julle trippie asb
Groetnis
Jaco
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Die manne van Sekoma het ons darem vooraf n redelike lang lysie gestuur van wat ons moet saambring, so ek glo ons is reg in daai departement. Aan die einde van die dag is dit steeds maar net visvang soos JDKey sê...geen waarborge nie. Baie dankie vir almal se insette. Ek sal defnitief terugvoer en fotos plaas as ons terug is.
JDKey wrote:Was laas jaar daar. Uitstekend gewees. Geriewe is top gehalte. Die gemiddelde gewig was so tussen 7/8 ponders wat algemeen gevang was. Grootste was 13 pond. Ons boot het in die 5 dae 32 tiere gevang. Die vorige jaar het die hele groep egter net 5 visse vir die hele 5 dae gevang. Pak maar genoeg loodkoppe in met verskillende kleure vere. Dis maar visvang....
JDKey wrote:Was laas jaar daar. Uitstekend gewees. Geriewe is top gehalte. Die gemiddelde gewig was so tussen 7/8 ponders wat algemeen gevang was. Grootste was 13 pond. Ons boot het in die 5 dae 32 tiere gevang. Die vorige jaar het die hele groep egter net 5 visse vir die hele 5 dae gevang. Pak maar genoeg loodkoppe in met verskillende kleure vere. Dis maar visvang....
Wat is die kostes verbonde aan so trip ?
British airways retoer vlug - +/-R3800
Sekoma lodge 5 nagte - +/-R14050
Drank is baie duur so koop maar by duty free op lughawe.
So n paar fotos van n ongelooflike ervaring!
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/586f8d00629c4666c7b8a51fc8681833.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/f67c635c180d5d9cfae44850876eafb0.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/68e661b9ea968c4414a8dcc576524081.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/6f04ec066250ccd709d63465779ddca7.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/1658300899d5aa4ae9c99a9425dc2215.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/4064ab5fbd8f52aa34d2ac506fcfa3b4.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/37fad0563e4d82a66f7c19a13c59b48c.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/0aa283525a7f78d296416ca7096669a1.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/52b6283f65b81b083d15b7f09d98050d.jpg