Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

In 2007 het ek my eerste stel Courtney Selous gekoop. Sederdien het die stewels elke jag meegemaak, die Otter, Visrivier Canyon en nog n paar ander roetes gestap, deur die Tugela en Msunduzi geswem en Europa en Kanada 3 keer plat gestap. Ek het vuur geslaan met hulle, honderde bokke in die reën of nat gras uitgesleep met hulle en liters bloed op hulle gekry. Op n jag in 2012 het hulle sole losgetrek en ek het hulle met Sica-flex terug geplak en elke stewel vol haelkorrels laat staan vir n paar dae. Die plan sou hou vir so 2 jaar voor ek dit weer moes doen.
Heel laas, het ek hulle in Maart die jaar afgetree na hulle sole weer afgekom het tydens n jag met kliënte. Tydens Huntex n maand later het ek met Gale Rice gepraat by die Courtney stalletjie, en haar vertel hoe tevrede ek met hulle was. Groot was my verbasing toe sy sê hulle sole moes nooit afkom nie, en dat sy hulle verniet sal hersool en “refurbish”. Ek het ingestem en ook na stewels op special gekyk- hulle Safari en Warrior stewels het teen R1100 uitverkoop in n paar klein grotes. Toe ek noem dis jammer daars nie n 11&1/2 Warrior op uitverkoping nie was ek weereens verbaas toe sy sê, “geen probleem, ons maak vir jou n stel teen die uitverkoping prys. Do you want a tractor sole or ripple sole?”
Nou ja, bestellings neem tyd by hulle en hulle pos maandeliks uit Musina en ontvang skoene vir herstel by Musina Postnet. Ek het in Junie my Warriors ontvang en toe onthou om die ou Selous terug te stuur vir herstelwerk. Hulle het vandag terug gekom en is beslis reg vir nog 12 jaar. Die sole en veters is vervang, voorste panele vervang en die onderste stiksels oorgedoen. Met sulke diens sal ek verseker nooit weer dink Courtneys is duur nie.
Die Selous in 2013. Hulle was nog meer gedaan 5 jaar later.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180813/c1b31a8fd81bd30109123cace83ba560.jpg
Na hulle herstelwerk:
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180813/57bb9bc450e1f181c3f1cfe752d58f5f.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180813/0d5793e34be66cbe08a06c2930f0d9a2.heic
Stiksel om die nuwe sole:
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180813/267e0c3b6d50fcbf01f25bd85477126b.jpg

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
lalvisser2
- Jr. Member

- Posts: 50
- Joined: Thu Jul 23, 2015 5:22 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Hiermee wil ek net saamstem. Dra hulle ook al 15 jaar. Dis die heel beste.Pappabeer wrote:In 2007 het ek my eerste stel Courtney Selous gekoop. Sederdien het die stewels elke jag meegemaak, die Otter, Visrivier Canyon en nog n paar ander roetes gestap, deur die Tugela en Msunduzi geswem en Europa en Kanada 3 keer plat gestap. Ek het vuur geslaan met hulle, honderde bokke in die reën of nat gras uitgesleep met hulle en liters bloed op hulle gekry. Op n jag in 2012 het hulle sole losgetrek en ek het hulle met Sica-flex terug geplak en elke stewel vol haelkorrels laat staan vir n paar dae. Die plan sou hou vir so 2 jaar voor ek dit weer moes doen.
Heel laas, het ek hulle in Maart die jaar afgetree na hulle sole weer afgekom het tydens n jag met kliënte. Tydens Huntex n maand later het ek met Gale Rice gepraat by die Courtney stalletjie, en haar vertel hoe tevrede ek met hulle was. Groot was my verbasing toe sy sê hulle sole moes nooit afkom nie, en dat sy hulle verniet sal hersool en “refurbish”. Ek het ingestem en ook na stewels op special gekyk- hulle Safari en Warrior stewels het teen R1100 uitverkoop in n paar klein grotes. Toe ek noem dis jammer daars nie n 11&1/2 Warrior op uitverkoping nie was ek weereens verbaas toe sy sê, “geen probleem, ons maak vir jou n stel teen die uitverkoping prys. Do you want a tractor sole or ripple sole?”
Nou ja, bestellings neem tyd by hulle en hulle pos maandeliks uit Musina en ontvang skoene vir herstel by Musina Postnet. Ek het in Junie my Warriors ontvang en toe onthou om die ou Selous terug te stuur vir herstelwerk. Hulle het vandag terug gekom en is beslis reg vir nog 12 jaar. Die sole en veters is vervang, voorste panele vervang en die onderste stiksels oorgedoen. Met sulke diens sal ek verseker nooit weer dink Courtneys is duur nie.
Die Selous in 2013. Hulle was nog meer gedaan 5 jaar later.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180813/c1b31a8fd81bd30109123cace83ba560.jpg
Na hulle herstelwerk:
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180813/57bb9bc450e1f181c3f1cfe752d58f5f.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180813/0d5793e34be66cbe08a06c2930f0d9a2.heic
Stiksel om die nuwe sole:
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180813/267e0c3b6d50fcbf01f25bd85477126b.jpg
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Het hulle n web site? My pote is erg breedt. Soek 1/2 nommer
Skiet bly maar lekker
- Geno
- Administrator

- Posts: 13643
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
http://www.courteneyboot.com
Beste boots wat geld kan koop!
My eerste stel Safaris het in Tanzanie agtergebly in 2007 toe ek moes padgee oor werkspermit issues.
My vrou het toe in 2014 vir my weer 'n stel Courteney Safari boots gekoop wat ek maklik 5 uit 7 dae per week dra. Renapur so nou en dan, dan bly hulle mooi gesond en waterdig.

Goed, beter, 6millimeter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13573
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Geno wrote:http://www.courteneyboot.com
Beste boots wat geld kan koop!
My eerste stel Safaris het in Tanzanie agtergebly in 2007 toe ek moes padgee oor werkspermit issues.
My vrou het toe in 2014 vir my weer 'n stel Courteney Safari boots gekoop wat ek maklik 5 uit 7 dae per week dra. Renapur so nou en dan, dan bly hulle mooi gesond en waterdig.
Hel maar n man moet seker vinnig beweeg as jy jou skoene agter los
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Liewe otter maar hulle lyk dan nou weer nuut. Sulke diens en kwaliteit sien jy nie meer deesdae nie.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Dewie
Ek kan net be-aam wat jy hier se. My eerste stel van hulle gekoop in 2003 toe Teasers my nie met n paar tekkies wou toelaat nie en still going strong na al die myle. n Nuwe stel veters verlede jaar is al wat hulle tot nou toe nodig gehad het.
Groetnis
Wout

Ranger
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
I have a pair of Settlers. Nice boot.
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Snaaks genoeg dat Courteney se mense aanbeveel dat mens eintlik nie Dubbin behoort te gebruik nie. Hulle verduideliking is dat dit die stiksels verswak . . . verder trek Dubbin makliker stof aan en dit maak die leer onnodig droog.Geno wrote:http://www.courteneyboot.com
Beste boots wat geld kan koop!
My eerste stel Safaris het in Tanzanie agtergebly in 2007 toe ek moes padgee oor werkspermit issues.
My vrou het toe in 2014 vir my weer 'n stel Courteney Safari boots gekoop wat ek maklik 5 uit 7 dae per week dra. Renapur so nou en dan, dan bly hulle mooi gesond en waterdig.
Ek is ook baie tevrede met myne, eers in 2017 gekoop (moes half-nommer laat maak en aanstuur na my deur Safari & Outdoor) en moet dalk iets daaroor in my testament dokumenteer!
Al wat ek ondervind met die Courteney stewels is dat hulle dalk effens sagter kon loop d.w.s. bietjie meer "buffer" bevat vir ver stap se doeleindes. Dis maar net 'n persoonlike opinie.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2153
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Die Courtneys is sekerlik van die sterkste stewels (indien nie die heel sterkste nie) wat op die mark is. Niemand sal daaroor kan twyfel nie. Ek het egter twee probleme met hulle ondervind. Die sole maak te veel geraas na my sin in die veld (nie 'n probleem vir mense wat verder en beter kan skiet as ek nie) en die sole het my voete erg laat brand. Ek het myne na twee jaar vir my tuinhulp gegee en hy was bitter bly daaroor.
Mooi loop
Mooi loop
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Hier is die verskaffer se riglyne oor skoonmaak van die stewels:
https://www.courteneyboot.com/courteney-product-care/
https://www.courteneyboot.com/courteney-product-care/
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Loop jy gevolglik nou maar weer eerder kaalvoet, Koos?Koos Barnard wrote:Die Courtneys is sekerlik van die sterkste stewels (indien nie die heel sterkste nie) wat op die mark is. Niemand sal daaroor kan twyfel nie. Ek het egter twee probleme met hulle ondervind. Die sole maak te veel geraas na my sin in die veld (nie 'n probleem vir mense wat verder en beter kan skiet as ek nie) en die sole het my voete erg laat brand. Ek het myne na twee jaar vir my tuinhulp gegee en hy was bitter bly daaroor.
Mooi loop
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2153
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Darem nie, ha-ha!!! Ek dra nou Wildebees se platsole. Hulle is nie eintlik bedoel vir bergklim en nat, glyerige skuins terreine nie en is maar swaar, maar jy kan lekker doekvoet met hulle stap.
Mooi loop
Mooi loop
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Jy is heeltemal reg. My seun is ook baie gelukkig met sy Wildebees stewels in die bos . . . regte Dans-, Kerk- en Werkskoene by hom!Koos Barnard wrote:Darem nie, ha-ha!!! Ek dra nou Wildebees se platsole. Hulle is nie eintlik bedoel vir bergklim en nat, glyerige skuins terreine nie en is maar swaar, maar jy kan lekker doekvoet met hulle stap.
Mooi loop
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Noem my maar fyn gevoelig of kleinserig , maar daai prys het my oë laat water !!!

-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 958
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Ek het na aanleiding van 'n artikel van Koos Barnard in Magnum destyds vir my 'n paar gekoop in 2004.
Hierdie jaar na baie mishandeling het hulle afgetree as jagstewels, maar het nou grassny- en tuinstewels geword.
Die vervangingskoste vir myne blyk nou so R3900 te wees, wat inderdaad jou oë laat water. As ek die huidige prys deel deur die 14 jaar harde arbeid, sou dit R350 per jaar wees. Destyds was dit uiteraard goedkoper. Om saam te vat is dit inderdaad duur, maar goeie waarde vir geld.
Hierdie jaar na baie mishandeling het hulle afgetree as jagstewels, maar het nou grassny- en tuinstewels geword.
Die vervangingskoste vir myne blyk nou so R3900 te wees, wat inderdaad jou oë laat water. As ek die huidige prys deel deur die 14 jaar harde arbeid, sou dit R350 per jaar wees. Destyds was dit uiteraard goedkoper. Om saam te vat is dit inderdaad duur, maar goeie waarde vir geld.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Manne
My skoene het n plat sool met baie vlak groewe. Ek sien nie dat die tipe sool meer beskikbaar is nie, wat werklik n jammerte is aangesien hulle verskrik sag in die veld is. Dewie is daai sool wat hulle vir jou opgesit het al opsie wat hulle vir jou gegee het?

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Ek kom min in winkels, maar my oë het ook gerek toe ek 'n Tekkie Town besoek het. Die goedkoopste skoene wat ek kon opspoor was R560 gewees.Basjan123 wrote:Noem my maar fyn gevoelig of kleinserig , maar daai prys het my oë laat water !!!![]()
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Ja en dan moet die driepoot Omie ook nog elke keer en half paar koop!tripodmvr wrote:Ek kom min in winkels, maar my oë het ook gerek toe ek 'n Tekkie Town besoek het. Die goedkoopste skoene wat ek kon opspoor was R560 gewees.Basjan123 wrote:Noem my maar fyn gevoelig of kleinserig , maar daai prys het my oë laat water !!!![]()
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Sommer 'n pantoffeltjie vir daardie derde een !!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Wouter, as jy by die plaaslike handelaar jou "specs" gee, kan hulle dit so laat maak in Zimbabwe en dit dan vir jou stuur na die handelaar toe. Jy behoort ook nie ekstra te betaal in so 'n geval nie. Ek moes destyds 81/2 nommer op so 'n manier bestel.Wouter Roets wrote:Manne
My skoene het n plat sool met baie vlak groewe. Ek sien nie dat die tipe sool meer beskikbaar is nie, wat werklik n jammerte is aangesien hulle verskrik sag in die veld is. Dewie is daai sool wat hulle vir jou opgesit het al opsie wat hulle vir jou gegee het?
Groetnis
Wout
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Dat hulle goeie stewels is kan ek nie meer stry nie, maar is nie een van die meer aantreklikstes daar buite nie. Maar hoe se hulle......elke taak het jy sy eie gereedskap nodig. Puik diens van hulle af!!
And as thy days, so shall thy strength be
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Ek dink ons is op dieselfde bladsy............ekt maar 'n gewone werk,wat gewone geld betaal.......tripodmvr wrote:Ek kom min in winkels, maar my oë het ook gerek toe ek 'n Tekkie Town besoek het. Die goedkoopste skoene wat ek kon opspoor was R560 gewees.Basjan123 wrote:Noem my maar fyn gevoelig of kleinserig , maar daai prys het my oë laat water !!!![]()
-
iCEtEA
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Fri Jul 10, 2015 1:58 pm
Re: Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
win270 wrote:Jy is heeltemal reg. My seun is ook baie gelukkig met sy Wildebees stewels in die bos . . . regte Dans-, Kerk- en Werkskoene by hom!Koos Barnard wrote:Darem nie, ha-ha!!! Ek dra nou Wildebees se platsole. Hulle is nie eintlik bedoel vir bergklim en nat, glyerige skuins terreine nie en is maar swaar, maar jy kan lekker doekvoet met hulle stap.
Mooi loop
Ja Pa.... Dra daai Wildebees stewels maar slegs 112 uur 'n week. Ook maar net omdat my vrou my nie toelaat om hulle in die bed te dra nie.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Courtney Boot Company - jy kry waarvoor jy betaal
Wouter die Warriors wat ek by Huntex laat maak het het die ripple sool, soos hulle vellies. Die Selous wat hulle vir my reggemaak het het weer n “tractor tyre” sool gekry, wat uit die aard van die saak beter in nat veld en nat berge werk.Wouter Roets wrote:Manne
My skoene het n plat sool met baie vlak groewe. Ek sien nie dat die tipe sool meer beskikbaar is nie, wat werklik n jammerte is aangesien hulle verskrik sag in die veld is. Dewie is daai sool wat hulle vir jou opgesit het al opsie wat hulle vir jou gegee het?
Groetnis
Wout
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/5a69333de906c501676ef2ebfc2df3ca.jpg