Maak jou eie mes

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Hein22,

Dankie vir die deel - dit is nogal iets besonders.

Daai mesmaker moet sy storie ken om die patroon so te behou - dis nie 'n eenvoudige proses nie.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Goeie more Manne.
Wie van julle gebruik n dremmel tool?

Groete
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by jamalley »

Ek het myne eers onlangs begin gebruik om die bolsters op twee messe so bietjie geriffel te maak - nogals goed uitgekom!
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Ek wil juis uitvind of dit n handige ding is om te he.
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by jamalley »

Ek gebruik myne al hoe meer - vandag weer besig om 'n kassie vir 'n mes van my seun ordentlik te skuur, waar die mes gaan insink.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Julle manne is vrek stil op hierdie draad.
Gooi bietjie, wie het wat gemaak?
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Hierdie is n fillet/boning knife wat ek vir myself gemaak het vir visvang.


20190512_161739.jpg
20190512_161732.jpg
20190512_161750.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Blink Stefaans »

My eerste probeerslag 5160 spring steel
Alles met n vyl gedoen.
Hef van hardekool.
https://i.imgur.com/Z7IDWc4.jpg

https://i.imgur.com/ShemdXq.jpg

Tweede een 5160
Hef is selfgemaakte hessien micarta
Het so bietjie hulp gehad van n klein ryobi belt skuurder
Jag mes https://imgur.com/a/EiMtQTV
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Spoggerig Stefaans lyk baie nice.
Iets om op trots te wees.

Hou maar n lagie olie op daai 5160, selfs bloed kan hom vinnig laat stain as jy nie die lem skoon maak nie
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Maak jou eie mes

Post by DWB »

Welgedaan Blink Stefaans!

Daai hardekool hef is baie cool!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Blink Stefaans »

Dankie.
Daai eerste een het my meer as n maand gevat. Het begin as n 6x60 stuk 5160.
Ek moes die hef gedeelte na 4mm toe vat met die vyl....dit was onsettend harde werk, maar baie belonend
My vriend maak meubels in Komatipoort en het vir my heelwat van daai hardekool gestuur met so verdwaalde stuk swart ivoor tussen in.
Die micarta is cool, maar daar is net iets aan hout. Om te sien hoe dit lewendig raak soos mens skuur is onbeskryflik
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Blink Stefaans »

Het vandag gou die mes uit n Pferd vyl gered.
Verharding was n sukses. Die outjie is kliphard.
Wik en weeg nog oor die hef. Dink die micarta sal mooi werk op hom
https://i.imgur.com/ydmgmJa.jpg
https://i.imgur.com/sl9BLUk.jpg
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Blink Stefaans wrote:Het vandag gou die mes uit n Pferd vyl gered.
Verharding was n sukses. Die outjie is kliphard.
Wik en weeg nog oor die hef. Dink die micarta sal mooi werk op hom
https://i.imgur.com/ydmgmJa.jpg
https://i.imgur.com/sl9BLUk.jpg
Dis 'n mooi profiel daai. Ek hou daarvan.
Synde jy die harpoen punt bo-op het, gaan jy dit 'swedge' soos 'n Bowie?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Blink Stefaans »

Moes nou eers gaan google wat "swedge is.
Lyk asof dit nogals kan werk
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Maak jou eie mes

Post by DWB »

Baie mooi!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Blink Stefaans wrote:Moes nou eers gaan google wat "swedge is.
Lyk asof dit nogals kan werk
Jy sal sien, dit sal vrek mooi lyk.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Ek is baie stadig om messe klaar te maak. Ek begin ook met die volgende een voordat ek die voriges klaargemaak het... :-[ ++>:
Hierdie outjie is 'n dun lem (2.5mm) van 15n20 staal. Nie regtig stainless nie, want dit reageer maar soos hoë koolstofstale as dit blootgestel word aan goed soos vleis, uie, aartappels, en dies meer om 'n patina te vorm, maar dit roes minder maklik.
Dis 'n eie ontwerp bedoel as 'n "Bird & Trout" mes, maar is ewe tuis in die kombuis as 'n 'Paring knife'. Lem het lekker flex en werk lekker as mens groente wil skil en sny.
Dis die vierde mes waarmee ek begin het en is die laaste een wat ek met die hand en vyle gefyl het. Dis 'n 'plungeless grind'.
Die hout is onbekend maar inheems. Ek het dit gekry van 'n stomp wat op 'n bou terrein by my werk gelê het. Die figuur van die hout het die vorm van die hef mooi gekomplimenteer.
Afwerking op die staal is 800grit matt handafgeskuur en die hef is met Tru-Oil afgewerk.
Nie perfek nie, maar heel skaflik.
IMG_20180814_172246.jpg
IMG_20190331_120309.jpg
IMG_20190331_121250.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Anderkant van die hef. Nie dramatiese hout nie, maar tog mooi.
IMG_20190331_121308.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Baie mooi kerels.
Ek kwalifiseer nie regtig om raad te gee nie, maar ek het al wel klompie foute gemaak.

Ek het al handvatsels gehad wat los gekom het op 2 van my heavy choppers.
Moenie net gate vir die pins in die staal boor nie.
Boor n paar ekstra gate deur die staal gedeelte van die handvatsel om die epoksie meer vatplek te gee.

Dit maak ook die mes so bietjie ligter.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Die lem heel regs is wat jy nie moet doen nie.

Current profiles.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

ZKK wrote:Baie mooi kerels.
Ek kwalifiseer nie regtig om raad te gee nie, maar ek het al wel klompie foute gemaak.

Ek het al handvatsels gehad wat los gekom het op 2 van my heavy choppers.
Moenie net gate vir die pins in die staal boor nie.
Boor n paar ekstra gate deur die staal gedeelte van die handvatsel om die epoksie meer vatplek te gee.

Dit maak ook die mes so bietjie ligter.
Jy is heeltemal reg, dankie vir die uitwys. ++>:
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Blink Stefaans »

Dagse
Besig met die "clip point" mes
Het gisteraand die hef net rofweg geshape.
Nog nie geplak nie
5160 lem hardekool hef.
Gaan die outjie tot op 400 skuur en dan n ligte asyn etch gee.
Het n stuk 440c gekoop vir my volgende projekte
https://i.imgur.com/uyHMGni.jpg
https://i.imgur.com/zyXlNPJ.jpg
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Askari »

Japanese styl Petty en Santuko messe. Koolstof staal (ou rolsaag lem) gequench in verhitte olie en daarna gebak vir 2 x 2 ure siklusse @ 200 °C, stinkhout skedes en agkantige hewwe van stinkhout en gestabilisseerde buffel been.
Webp.net-resizeimage-4.jpg
Webp.net-resizeimage-5.jpg
Webp.net-resizeimage-6.jpg
Ek kry more my nuwe grinder van NW Knives & Supplies... Dan raak alles makliker.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Gooi lood!!!!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by spekieries »

Askari ek hou van jou skedes. Defnitief iets anders.Mooi messe.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by spekieries »

Askari ek hou van jou skedes. Defnitief iets anders.Mooi messe.
Post Reply