Aftermarket sneller vir Howa
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Aftermarket sneller vir Howa
Goeie naand.
Waar kan ek so 'n sneller kry?
Groete
Waar kan ek so 'n sneller kry?
Groete
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Ek het 'n Sudami "trigger blade" in my Howa HACT sneller gesit. Dit haal die lang eerste stadium uit en kan baie lig stel. Was so R1500 gewees. Baie gelukkig daarmee.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Heinds
- Hero Member

- Posts: 786
- Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Ek het 'n rifle basix vir jou. 12 Oz R2500
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Jammer vir die skaking, maar as geelslang nie belangstel in hom nie, sal ek hom by jou oorneem.Heinds wrote:Ek het 'n rifle basix vir jou. 12 Oz R2500
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
CassellG
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Mon Jan 15, 2018 2:22 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
laat tune net jou howa hact
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Ek stem saam. As jy by iemand uitkom wat weet wat hy doen, sal daai Howa sneller jou erg verbaas en dit gaan jou heelwat minder kos as 'n ander sneller.CassellG wrote:laat tune net jou howa hact
Aim small, miss small
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
+1 vir die stelling, met die klem op "wat weet wat hy doen"Eugene wrote:Ek stem saam. As jy by iemand uitkom wat weet wat hy doen, sal daai Howa sneller jou erg verbaas en dit gaan jou heelwat minder kos as 'n ander sneller.CassellG wrote:laat tune net jou howa hact
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Daars videos op youtube wat jou wys hoe om daardie sneller ligter te maak dis heel eenvoudig.
- Albertdwk
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
My howa breek veilig, gemaklik tot so op 450g, ek stel dan so 100g oor net om seker te wees hy is veilig. Ook die lang voortrek uitgehaal. Sop vir youtube videos party van hul word deur baie slim mense gemaak!
- Heinds
- Hero Member

- Posts: 786
- Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Gawie, ek en Geelslang het oor PM gepraat. Ek sal hom tot einde vandag opsie gee daarna is hy joune.Gawie(13mm) wrote:Jammer vir die skaking, maar as geelslang nie belangstel in hom nie, sal ek hom by jou oorneem.Heinds wrote:Ek het 'n rifle basix vir jou. 12 Oz R2500
Ek en jy weet jy kan nie 'n RB vergelyk met 'n aftermarket wat gestel is nie
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Dankie Hein.
Geelslang, ek is nie te onhandig met 'n Howa sneller nie, maar ek vat eerder die Audi RS3 of die BMW M3, voor ek die SSS Datsun vat met die bi-turbo en die NOS.
Geelslang, ek is nie te onhandig met 'n Howa sneller nie, maar ek vat eerder die Audi RS3 of die BMW M3, voor ek die SSS Datsun vat met die bi-turbo en die NOS.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Het n Timney vir R1950 indien jy sou belangstel kan jy my kontak op zero 64 9zero8 6980
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Manne ek was nou al by 'n bekende wapensmid met die sneller en twee weke daarna gaan 'n skoot af toe ek die slot toedruk. Ek laat hom regmaak deur 'n ander wapensmid en die vet weet, toe ek gister losbrand op 'n trop bobbejane wat my skape se lek uitkrap daar wil die geweer nie cock na die tweede kees rol nie. Ek het amper mal geraak. Nou gaan ek die duur roete.
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Baie dankie Machann maar ek het reeds commit vir Heinds se sneller.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Ek huil saggies in my binneste, maar ek is bly vir jou part.geelslang wrote:Baie dankie Machann maar ek het reeds commit vir Heinds se sneller.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Aftermarket sneller vir Howa
LuanLUAN wrote:Daars videos op youtube wat jou wys hoe om daardie sneller ligter te maak dis heel eenvoudig.
Ek het al self met die HACTs gepeuter, maar nog nie n video op youtube gekry wat "wys hoe om daardie sneller ligter te maak" nie. Kan jy dalk vir my die link na die video waarna jy verwys aanstuur asb? Sal dit baie waardeer.
Dankie
Hans
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Hans stuur jou sneller Chrisjan toeHansieslim wrote:LuanLUAN wrote:Daars videos op youtube wat jou wys hoe om daardie sneller ligter te maak dis heel eenvoudig.
Ek het al self met die HACTs gepeuter, maar nog nie n video op youtube gekry wat "wys hoe om daardie sneller ligter te maak" nie. Kan jy dalk vir my die link na die video waarna jy verwys aanstuur asb? Sal dit baie waardeer.
Dankie
Hans
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Een van ons WP lede het my 'n gedokterde Hact gestuur wat soos glas breek met net so oor die 2 pond trek. Hom per pos gekry en in my 223 gepas en hy skiet soos 'n droom. Ek soek niks beter as dit nie. Vir 'n ondier en skyfskiet geweer is dit voldoende vir my. Het nog nie met die duur snellers geskiet om 'n vergelyk te kan tref nie.
My 243AI RSA breek op seker dubbel daardie gewig, maar tog skiet ek mooi groepe met hom. Weet nie of ek hom ligter kan kry nie.
My 243AI RSA breek op seker dubbel daardie gewig, maar tog skiet ek mooi groepe met hom. Weet nie of ek hom ligter kan kry nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Aftermarket sneller vir Howa
https://youtu.be/AWTAuu-neNoHansieslim wrote:LuanLUAN wrote:Daars videos op youtube wat jou wys hoe om daardie sneller ligter te maak dis heel eenvoudig.
Ek het al self met die HACTs gepeuter, maar nog nie n video op youtube gekry wat "wys hoe om daardie sneller ligter te maak" nie. Kan jy dalk vir my die link na die video waarna jy verwys aanstuur asb? Sal dit baie waardeer.
Dankie
Hans
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Indien iemand belangstel in 'n Howa "sneller-kit" kan hulle in aanraking kom met Andre Lamprecht by 082 nul ses ses nul 972. 'n Onderdeel word vervang wat hom ligter maak - tot by ongeveer 8 onse.
Andre is in die Kaap.
Andre is in die Kaap.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Sneller-kit
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Ag nee Oom!!
Oom is nou nes daai tannies by Maverick's!
Hul flits net hul hoofligte dan sit almal soos 'n jakkalse en tjank voor 'n gat!
Wat kos die ding?
Oom is nou nes daai tannies by Maverick's!
Wat kos die ding?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Gawie(13mm) wrote:Ag nee Oom!!
Oom is nou nes daai tannies by Maverick's!Hul flits net hul hoofligte dan sit almal soos 'n jakkalse en tjank voor 'n gat!
![]()
Wat kos die ding?
Sonder my "cut"
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Oom PW, bel vir Gawie, julle is albei in die Paarl en 'n oproep kos 1c per minuut- dis goedkoper as data.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Aftermarket sneller vir Howa
Moes jou lankal as my finansiele adviseur aangestel het!Chevvy SS wrote:Oom PW, bel vir Gawie, julle is albei in die Paarl en 'n oproep kos 1c per minuut- dis goedkoper as data.