Toegewyde Status vereistes verandering

Post Reply
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3623
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Toegewyde Status vereistes verandering

Post by Fanta300 »

Wysigings aan aktiwiteite vereis vir Toegewyde Sportskuts/Jagters status

Die SA Jagters Raad het onlangs die vereistes vir die instandhouding van Toegewyde Sportskut/Jagters status by die vereniging heroorweeg en besluit dat die volgende wysigings vir huidige toegewyde status verslag periode (vanaf 1 November 2015) implementeer word.

Toegewyde Sportskut Status

Om die belange van lede beter te akkommodeer en deelname in gereelde sportskiet aktiwiteite te bevorder, sal enige ander georganiseerde skietgeleentheid nou ook aanvaar word vir die behoud van Toegewyde Sportskut status.

Skiet aktiwiteite sal voortaan geklassifiseer word, in drie kategorieë, waarvan elkeen erken word vir die behoud van Toegewyde Sportskut status:

SA Jagters skietgeleentheid (SA Hunters Shooting Event): Dit is enige tak, streek of nasionale SA Jagters skietgeleentheid waar ‘n bywoningsregister ingevul word. Die persone teenwoordig by die geleentheid word geregistreer deur die gasheertak. Hierdie aktiwiteit word rapporteer deur middel van die tabletrekenaars in Takke.
Skiet geleentheid by ‘n ander geakkrediteerde vereniging (Shooting Event - Other accredited association): Hierdie is bywoning van enige georganiseerde skietgeleentheid by ‘n ander geakkrediteerde vereniging. SA Jagters sal slegs die naam van die vereniging benodig. Dit sal die verantwoordelikheid van die lid wees om te verseker dat ‘n akkurate rekord van sodanige bywoning beskikbaar is in geval van ‘n oudit deur die SA Polisie. Die lid rapporteer self die skietgeleentheid soos hieronder verduidelik.
Ander georganiseerde skiet aktiwiteite (Shooting Event - Organised): Hierdie is bywoning van ‘n skietgeleentheid by enige nie-geakkrediteerde vereniging, skietklub, skietbaan of ander skietgeleentheid waar ‘n baanregister voltooi word. SA Jagters sal slegs die naam van die vereniging, skietklub, skietbaan of die plek waar die skietgeleentheid plaasvind benodig. Dit sal die verantwoordelikheid van die lid wees om te verseker dat ‘n akkurate rekord van sodanige bywoning (getekende bywoningsregister) beskibaar is in geval van ‘n oudit deur die SA Polisie. Die lid rapporteer self die skietgeleentheid soos hieronder verduidelik.
Die vereiste van drie skietaktiwiteite per jaar (drie afsonderlike skietgeleenthede) waarvan een ‘n SA Jagters Baanoffisier diensbeurt kan wees, word steeds gehandhaaf.

Vir bogenoemde nie-SA Jagters skietaktiwiteite om in berekening gebring te word vir die behoud van Toegewyde Sportskut status moet lede hierdie aktiwiteite op die aanlyn SA Hunters Hunting and Shooting Activity log registreer. Geen ander metode (papier/e-pos/faks) indiening van hierdie aktiwiteite sal aanvaar word nie.

Toegewyde Jagter status

Die huidige vereistes vir die instandhouding van Toegewyde Jagter status is onveranderd. Twee jag, skiet of SA Jagters takaktiwiteite per jaar word vereis. Skietgeleenthede by ander geakkrediteerde verenigings of georganiseerde skietdae soos vir die behoud van Toegewyde Sportskut status hierbo is ook van toepassing vir Toegewyde Jagter Status en word ook in aanmerking geneem hierdie status te behou.

Enige navrae in hierdie verband kan aan Petrus Swart (petrus@sahunt.co.za) by hoofkantoor gerig word.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Toegewyde Status vereistes verandering

Post by skollie »

Weet julle dalk of die bogenoemde wysigings nog van krag is?

Daar het vandag heelwat verwarring geheers by een van ons skietdae rondom watter aktiwiteite geld t.o.v die behoud van toegewyde sportkut status, daar is onder andere genoem dat slegs "posliga" aktiwiteite geld en nie gewone Jag tabelle nie, al is dit gereël deur SAJVW.
Ek verstaan die redenasie rondom posliga en Sportkut, maar volgens die skrywe hier bo, geld "enige" 3 skiet aktiwiteite vir die behoud van sportkut status.

Laat weet maar hoe julle die wysigings van 01 November 2015 verstaan, of was daar intussen weer wysigings aangebring waarvan ek nie bewus is nie?


Sent from my SM-T815 using Tapatalk
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Toegewyde Status vereistes verandering

Post by PWV »

Skollie, ek glo jy behoort aan 'n jag/skietvereniging. Hulle sal jou van inligting kan voorsien.
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Toegewyde Status vereistes verandering

Post by skollie »

PWV wrote:Skollie, ek glo jy behoort aan 'n jag/skietvereniging. Hulle sal jou van inligting kan voorsien.
Dit is juis waar die verwarring inkom........ verskillende interpretasies deur verskillende verteenwoordigers van die vereniging, ek sal tog 'n epos stuur aan die voorsitter van die vereniging om dit op te klaar, want dit wat op die webblad (en die skrywe hierbo) van die vereniging staan en dit wat ons vandag gehoor het, klop nie.
Ek het maar gehoop iemand op die forum sou meer lig op die onderwerp kon plaas aangesien 31 Oktober om die draai is.

Sent from my SM-T815 using Tapatalk
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3623
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Toegewyde Status vereistes verandering

Post by Fanta300 »

Soos ek verstaan geld enige 3 skiet aktiwiteite solank dit geboekstaaf kan word. By SAJ kan jy self jou aktiwiteite laai. Die onus berus op jouself om te bewys dat jy wel geskiet het.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Toegewyde Status vereistes verandering

Post by tripodmvr »

By 'n amptelike skietdag van SA Jagters behoort jou inligting op die tablet van die tak ingevoer te word en is jou status opdatering dan aangebring. Jy het dus 3 sulke skietdae nodig om Sportskut status te behou. Selfs al skiet jy by 'n ander tak geld dit ook. Jou lidnommer identifiseer jou.

Vir toegewyde jag tel sosiale geleenthede, skiete en jagtogte. Vir sommige items sal dit dan goed wees om bewyse te hou vir 'n moontlike oudit deur SAPS.

Die verwarring wat ek ervaar gaan oor persone wat skofte werk, siek was of oorsee werk. Indien dit jou verhinder om by 'n amptelike skiet uit te kom om jou kwota te vul, kan dit rapporteer word as faktore wat jou teenwoordigheid op die baan belemmer. Indien onseker kontak dan vir Petrus by hoofkantoor sodat hy leiding kan gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Toegewyde Status vereistes verandering

Post by skollie »

Dankie julle........ Dit is hoe ek dit het

Sent from my SM-T815 using Tapatalk
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2594
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Toegewyde Status vereistes verandering

Post by JohanvB »

Enige instansie waar jy inteken om te skiet, waar daar boekgehou word van die skiet, tel in belang van jou skiete vir jou sport skut status, en moet jy daai besonderhede aanlyn invul in jou " logboek'" by SA JAG. Ek log al my skiete en jagte so, en word my sportskut status elke jaar hernu.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Toegewyde Status vereistes verandering

Post by Ratel »

JohanvB wrote:Enige instansie waar jy inteken om te skiet, waar daar boekgehou word van die skiet, tel in belang van jou skiete vir jou sport skut status, en moet jy daai besonderhede aanlyn invul in jou " logboek'" by SA JAG. Ek log al my skiete en jagte so, en word my sportskut status elke jaar hernu.
Jip. Ek het vir Petrus gebel en hy se solank jy n aktiwiteit by enige ander geakkrediteerde organisasie doen kan jy dit aanlyn boek as n organised shooting event. Die klem val op geakkrediteerde en rekord. Met ander woorde waar jy n amptelike baan register ingevul het.
Maak 'n verskil
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: Toegewyde Status vereistes verandering

Post by Grenslyn »

JohanvB wrote:Enige instansie waar jy inteken om te skiet, waar daar boekgehou word van die skiet, tel in belang van jou skiete vir jou sport skut status, en moet jy daai besonderhede aanlyn invul in jou " logboek'" by SA JAG. Ek log al my skiete en jagte so, en word my sportskut status elke jaar hernu.
Johan is doodreg. Enige tipe van skiet (tabelle, gong, groepering, ens) is geldig solank dit by 'n geakrediteerde organisasie, klub of skietbaan gedoen is waar voldoende rekord gehou word. Ek log myne ook aanlyn en behou sodoende my status elke jaar.
Hein
Post Reply