.308 Browning X-bolt - Back to square one

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 721
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

.308 Browning X-bolt - Back to square one

Post by obasch »

Die QL manne,

Help asb:

Die geweer is 'n Browning X-bolt.

Chronograaf 5m van bank af.

Kaliber: 308Win
Dop: Lapua
H2o: 57,6gr
Slagdop: CCI BR2
TPL: Sien hierna
Magasyn kas Lengte: Genoeg
Loop Lengte: 22" (1:12" twist)
Kruit: S335

Koeel: Nosler Ballistic Tip - TPL 70,8mm
Koeel gewig: 150gr

Slegs een skoot met elke lading as volg:

40.0gr S335 - 2604fps
41.0gr S335 - 2666ps
42.0gr S335 - 2749fps
43.0gr S335 - 2824fps

Koeel: Swift Scirocco - TPL 72,4mm
Koeel gewig: 150gr

Slegs een skoot met elke lading as volg:

40.0gr S335 - 2635fps
41.0gr S335 - 2693ps
42.0gr S335 - 2801fps
43.0gr S335 - 2879fps

Ek luister nog steeds by die radio. :)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: .308 Browning X-bolt - Back to square one

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê.

1. 40.7 grein S335 @ 2649 op die chrony, vir die BT's. Dopvulling = 93%

2. 40.3 grein S335 @ 2652 op die chrony, vir die Swifts. Dopvulling = 89.8% :(

Jou hoër ladings se brandspoedtempo neem eksponensiël toe soos jy nader aan maksimum druk kom en die hoër nodes is nie moontlik met die 22 duim loop nie.
Dopvulling in albei gevalle effens laag. S321 gaan nie veel beter doen nie, maar is wel 'n opsie. Met 'n 165 grein koeël gaan jy omtrent 50 vps aan spoed verloor, maar dopvulling gaan beter wees een miskien beter konstandheid op die teiken wys.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 721
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: .308 Browning X-bolt - Back to square one

Post by obasch »

Dankie Gawie,
In 165gr het ek Nosler Partitions, Ballistic Tip en Solid Base. Wat sal my beginlading en maksimum wees as ek na hierdie 165's oorskakel?
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 721
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: .308 Browning X-bolt - Back to square one

Post by obasch »

Gawie,
Uiteindelik vandag jou ladings soos hierbo gaan chrony, as volg:

40.7gr S335 agter 150gr Nosler Ballistic Tip - 2683fps gem. ES 43 Vier skote raak mekaar.
40.3gr S335 agter 150gr Swift Scirocco - 2674fps gem. ES 27 Vier skote 1.5" groepering.
Post Reply