n Paar lesse geleer!
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Re: n Paar lesse geleer!
Hoe gaan dit met die sny aan jou vinger? Dit lyk of hy nogal kwaai gebloei het.
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: n Paar lesse geleer!
Nee wat niks erenstig nie. .eintlik maar n klein snytjie.Charles7x57 wrote:Hoe gaan dit met die sny aan jou vinger? Dit lyk of hy nogal kwaai gebloei het.
Maar ja ...hy het baie gebloei.
Laat mens se oë oop gaan van hoe gevaarlike skerp hulle eintlik is.
Weet my bullietjie hanteer hulle met baie meer respek..sy pa ook!!.
Just smile and wave boys 
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: n Paar lesse geleer!......OPVOLG! !
Kry donderdag aand n oproep van Sakkie af ..."tjomma julle Zebra is weer terug op die voer...James het my nou net gebel en gesê dat hy hom vanoggend gesien het by die sement dam se hide."
Onmiddelik word daar reelings getref. .ek en seun moet vrydag oggend vroeg genoeg op die plaas wees dat ons sommer saam met die trekker kan uit gaan as hulle gaan voer.
Ons is so net na 11 vrydag oggend op die plaas..net betyds om saam die trekker te gaan.
Terwyl hulle voer laai kom ou Jim na my toe en vra asb...die bobejaan hulle pla baie in die land..
Ek kry hulle ook eintlik maar jammer. ....veld is bitter droog en kos is maar skaars, as dit net nie vir hulle vernielsugtige geaardheid was nie ..
Skiet jy net om hulle skrik te maak dan is hulle binne n uur of twee weer terug. ..en ander ding wat pla is die Nyala kamp is reg langs die land en bobejaan se kind beskou mos nyala lammers as koning kos.
Daars n klompie wyfies met kleintjies en ek maak seker dat die een in my kruishaar nie n kleintjie het voordat ek skiet nie.
Die epps bring sy kant en die jong kees lê net daar waar die kriek sy werk gedoen het op net so onder die 200m. Geweer is reg ...ek en Henrico klim die trekker oppad hide toe.
By die hide aan gekom laai ons gou ons twee bottels water en stoelle af...reg vir die lang wag.
Die wild is honger en onmiddelik begin die koedoe bulle versigtig inkom. . Die blouwildebeeste en rooibokke is nie so versigtig nie en kom sommer al snorkend in gehardloop.
Ek bietjie bekommerd oor die wind...hy dwarrel baie en ek weet die zebras is baie versigtig vir die hide..
Ons het nie 5min gesit toe Henrico fluister "daar kom die zebras pappa "
Vir die eerste keer in n lang tyd voel ek hoe stoot die bok koors in my op...
4 zebras kom sy aan sy in geloop en ek kan die teleurstelling proe toe ek duidelik sien ons zebra is nie daar nie.
Geen teken van mank loop of gebreekte been nie niks.
Terwyl ek my geweer veilig maak vra James my..."boss jy gaan hom nie skiet nie?"
"Hy is nie daar nie James" antwoord ek baie teleur gesteld.
"Hoeveel donkie hulle is?"
" daars vier James "
"Dan hy is daar!" kom sy antwoord.
James staan versigtig op om nie n geraas te maak nie en beloer die 4 zebras wat 15m voor ons sy aan sy staan en vreet.
"Daars hy!" Fluister hy en ek kan my hart in my ore hoor klop
" daai een by die kant " en hy beduie na regs.
"Kyk by die been die bloed"
Ek maak toe reg en wag om n veilige oop skoot op hom in te kry.
n Rooibok gewaar my beweging in die hide en maak alarm ...dis net bokke en zebras in alle rigtings soos hulle hardloop.
Gelukkig nie te vêr nie en die gekweste zebra steek mooi skuins vas.
Daars bietjie takkies wat pla maar ek sien n oop kol deur die teleskoop wat my uitgangs gat op die ander kant se blad sal plaas.
Skoot loop en onmiddelik weet ek ek het my skoot n fraksie te vêr agter geplaas, maar ek darm seker die skoot sal werk.
Dis net diere wat in alle rigtings spat ...en deur die chaos kry ek darm die zebra met die oog gevolg tot hy weg raak tussen die bosse.
Hy het binne n paar meter weg gebreek van die trop en heel lings begin hardloop.
James sê...." luister...daar val hy ek hoor die takke breek "
Gaan net daar op my knee en bedank ons GOD vir die tweede kans en vra mooi dat daai dier plat sal wees.
Gee toe n paar min kans..vat spoor en met GOD se Hand in die werke kry ons my bul se Zebra.
Mense ons SKEPPER is waarlik almagtig.!!

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Just smile and wave boys 
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: n Paar lesse geleer!
My bul se skoot plasing was toe glad nie te sleg nie....
En ek moet erken dat ek hom gesê het skiet hom mooi laag op die blad. ..
My raad moes liewers net mooi agter die blad gewees het
Die zebra het nie heeltemal plankdwars gestaan nie...sy skoot is mooi in op die regter blad...en uit op die linker blad waar die nek en blad by makaar kom.
Hier hang die zebra by die slag plek...ingangs gat en nek is na regs.. Hierdie is die uitgangs kant. ..nek is nou na lings Hierdie is een van die opvolg skote gewees. .. Na ons die zebra gekry het het ons terug geloop hide toe om te wag vir die trekker.
Terwyl ons oop en blood gesit het. ..het n paar koedoe bulle reg rondom ons geloop totdat een nou mooi gat vol vir ons geraak het omdat ons by sy voerbakke sit...hy is honger en het toe by n bakkie skaars 20m weg van ons maar begin vreet...

Kyk hierdie bul se uitsonderlike diep draaie ....hy is nog nie n ou bul nie
Hy gaan defnetief mooi meet oor n paar jaar. Hier is Sakkie se laai bank idee werk soos n bom.
Skadu net is net om die vel te beskerm Ek het nog n paar lesse geleer.
Ek moes eers vir seun baan toe gevat het met die epps om te sien of hulle makaar mooi verstaan.
Henrico is gewoond aan die 308 met knaldemper en baie minder terugskop.
Die epps is glad nie so vergeeflik soos wat die twee 308 is nie en rerig moeliker geweer om mooi meer raak te skiet.
Henrico skiet hom nie te sleg nie maar hy bly laag met hom skiet. ..moes eers op die baan gaan kyk het.
Daai hings was toe n merrie. ..
Hy gaan defnetief mooi meet oor n paar jaar. Hier is Sakkie se laai bank idee werk soos n bom.
Skadu net is net om die vel te beskerm Ek het nog n paar lesse geleer.
Ek moes eers vir seun baan toe gevat het met die epps om te sien of hulle makaar mooi verstaan.
Henrico is gewoond aan die 308 met knaldemper en baie minder terugskop.
Die epps is glad nie so vergeeflik soos wat die twee 308 is nie en rerig moeliker geweer om mooi meer raak te skiet.
Henrico skiet hom nie te sleg nie maar hy bly laag met hom skiet. ..moes eers op die baan gaan kyk het.
Daai hings was toe n merrie. ..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Just smile and wave boys 
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: n Paar lesse geleer!
Baie mooi! Dis vir my altyd 'n verligting as mens so 'n "minder lekker ervaring", op dié manier kan afsluit!
Groetnis
Philip
Philip
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: n Paar lesse geleer!
mooi bly daar is 'n mooi uitkoms!
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: n Paar lesse geleer!
Onthou waar jy n muisvalletjie sit en as jy dit nie gebruik nie, maak dit VEILIG.
Ek haal iets uit die kas in my motorhuis en toe klap daai ding vir my. Het nie geweet dit slaan so seer nie, maar die skrik was meer.

Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: n Paar lesse geleer!
Heinz. ..jy het my nou lekker laat lag!
Dankie Ruaanb en Phillip.
Ek is rerig baie dankbaar ons kon die zebra kry .
Dankie Ruaanb en Phillip.
Ek is rerig baie dankbaar ons kon die zebra kry .
Just smile and wave boys 
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: n Paar lesse geleer!
Hallo Nella...
Altyd lekker as dinge mooi uitwerk...al is dit 'n dag of twee later.