Shad resep
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Shad resep
Ons gaan Desember KZN Suidkus toe en as alles goed gaan hoop ek om n paar Shad te vang.
Ek is n papgooier en weet nie veel van die groot dam se vis nie. Google is your friend en ek is nou al op hoogte met die lengte en kwota en gerei, maar kry nie n resep wat lekker klink nie.
Wat beveel julle aan sodat ek die vis nou nie heel verwoes nie. Party mense se dis n benerige vis.
Groete

- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3636
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Shad resep
As jy hom mooi fillet bly die meeste grate aan die rugstring agter.
Meng Inna Paarman se vis spesery met koekmeel. Rol die vis in geklopte eier en rol dan in meel mengsel. Bak in pan met vlak olie.
Lekker eet
Meng Inna Paarman se vis spesery met koekmeel. Rol die vis in geklopte eier en rol dan in meel mengsel. Bak in pan met vlak olie.
Lekker eet
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Shad resep
Die grootste geheim van Shad is dat hy vars moet wees. Hy moet sommer nog half skop oppad pan toe.
Ek hebruik altyd egte botter en Aromat. Jy kan bietjie knoffel bysit net voor jy hom afhaal.
Die tweede grootste geheim van Shad is moet nie hom vrek bak nie. Sodra hy begin skif moet hy bord toe.
Geniet hom!
Water my bek nou.

The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Re: Shad resep
Dankie vir julle resepte. Ek gaan hulle beslis probeer. Ek sien op die internet die appelkooskonfyt,sout,olyfolie en kruie smeer is gewild maar ek wil die vis proe, nie konfyt nie. Ons sal hulle maar daar eet want hulle vries glo nie goed nie.
Die familie moet maar hulle vislus hou want n vars vis gaan Witbank nooit vars haal nie
Die familie moet maar hulle vislus hou want n vars vis gaan Witbank nooit vars haal nie
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Shad resep
Dis hoe ek myne ook braai - uit die see na die braaipan op die strand. Blikkies dis darem ma lekker.....airhunter wrote:Die grootste geheim van Shad is dat hy vars moet wees. Hy moet sommer nog half skop oppad pan toe.
Ek hebruik altyd egte botter en Aromat. Jy kan bietjie knoffel bysit net voor jy hom afhaal.
Die tweede grootste geheim van Shad is moet nie hom vrek bak nie. Sodra hy begin skif moet hy bord toe.
Geniet hom!
Water my bek nou.
Ai hoe verlang ek nou na First Rocks by St Lucia.....
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3636
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Shad resep
Ek stem saam dat hoe varser hoe beter maar selfs na ‘n jaar in die vrieskas proe hy nog beter as enige winkel vis. In my jonger dae as die shad loop het jy gou te veel gehad om dadelik te eet. Dan maar vrieskas toe.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Re: Shad resep
Vries jy hom op n spesiale manier bv. toegedraai in kombuis papier of net in n sakkie? Ek wil verhoed dat hy pap raak as hy ontdooi. Dit sal regtig gaaf wees as ek n paar kan saambring.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3636
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Shad resep
ZipLock sakkie werk 100. Ek sit hulle twee twee bymekaar met die vel teenmekaar. Maak net seker dat jy al die lug uitpers voor jy hom seël. Ontdooi hom net by kamer temp en nie in mikrogolfoond nie
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
honda2
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm
Re: Shad resep
Jy kan hulle ook in n roker sit as jy een byderhand het. Haal sy skubbe af maar los die vel aan. Smeer dit so bietjie olyfolie en lekker growwe sout. Soos hier bo genoem - hoe varser hoe beter.
Sent from my SM-A530F using Tapatalk
Sent from my SM-A530F using Tapatalk
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Re: Shad resep
Ek gaan dan beslis n paar saam bring. Nou moet hulle net gevang word.
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Re: Shad resep
Ek gaan dan beslis n paar saam bring. Nou moet hulle net gevang word
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 626
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Shad resep
Ek praat nou onder korreksie, maar is die shad seisoen nie gesluit nie?
- Omnia
- Sr. Member

- Posts: 303
- Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am
Re: Shad resep
Shad is 'n vis wat jy vandag vang en sommer vanaand braai . As jy extra het maak vis wors , 75% vis 25% skaapstert as jy kan kry met swart peper en sout .... loop soos 'n jet !!!
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22
_________________
" Plans are of little importance , but planning is essential "
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22
_________________
" Plans are of little importance , but planning is essential "
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3636
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Shad resep
Van 1 Okt tot 30 Nov mag jy nie Shad (Elf) vang nie. Res van jaar is oop
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Shad resep
Vis, enige seevis, kry net sout en peper. Maak vooraf vir jou 'n broodjie met mayonnaise, knoffel, appelkooskonfyt, Aromat, visspeserye, ens. en eet dit as jy vuur opsteek.
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Shad resep
Is reg Chevs. Vir jou 3000 posts sal on net so maak.Chevvy SS wrote:Vis, enige seevis, kry net sout en peper. Maak vooraf vir jou 'n broodjie met mayonnaise, knoffel, appelkooskonfyt, Aromat, visspeserye, ens. en eet dit as jy vuur opsteek.
Ons binnelanders is maar swak opgevoed in seekos voorbereiding.
Ek gaan die sout en peper op my volgende Hottie probeer.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- Morkel
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm
Re: Shad resep
Van kundsbeen maar gekyk hoe my oupa en toe my pa die ding doen.
Vir braai los die skubbe aan. Die vis word gevlek. Dws sny teen ruggraad deur tot in pens kop aan en split hom ook. Haal kiewe en binnegoed uit en as jy fancy wil wees trek met n skerpneus tang die maag beene uit. As dit n Galjoen, stinkvis of blue of hottentot is los die wit harde vet in die maag.
Nou gooi jy growe sout en hang daai vis dat hy goed windroog word. As die vuur mooi loop so 4,5 tellings op jou hand op die hoogte wat jy braai dan is jou vuur gereed. Vis moet nou net voor jy daai toets doen afgewas word n olie gesmeer word aan die vel om te voorkom hy sit vas, want hy gaan as jy dit nie doen nie.
Vel kant vuur kant laat hy loop. Die vis verkleur van glaserig na wit toe en dan begin die vis vog borrel egalig oor die hele vis. In die proses het jy nou gesout en peper. Dis dan wat jy hom draai en n tan gee vis kant bir so n min of twee. As dit nou n vet vis was soos genoem skep ma met n lepel en verspry oor hele vis soos daai vet smelt.
Die jag visse soos snoek, elf cob is maar aan die droe kant dan help ek met n botter en suurlemoen om hom nat te hou.
Jy kan garlic in die sous of apelkoos fyn konfyt ook inwerk, veral op snoek werk hy mooi. Dan kan jy hom ook verf met mayo, en net n suurlemoen oor hom uitdruk in jou bord.
Eksperimenteer met opsies , elf rook uitstekend en so ook snoek.
My geheim hang hom vars dat hy windroog word. Doen daai toets en almal sal die wind droog kies as beste smaak en tekstuur.
Sent from my iPhone using Tapatalk

Die resepte kan lyk my vir enige seevis gebruik word. Hou dit so eenvoudig as moontlik sonder enige souse en speserye wat die vissmaak verdoesel. Ek het nie geweet van die olie op die vel as jy braai nie. Dankie vir al die goeie raad.
Groete.
Groete.
- Barry Loock
- Full Member

- Posts: 165
- Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm
Re: Shad resep
If all else fail.
Aromat op vleis kant. Los skubbe aan.
Vleiskant eerste na kole in toeknip rooster tot wit begin verkleur en draai hom om.
Sien hoe bak in sy eie baaidjie tot perfeksie.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Charl Burger
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Fri Sep 16, 2016 10:26 am
Re: Shad resep
Jy kan vis in clingwrap toedraai en vries. Ek doen dit as ek Hentiesbaai toe gaan. Jou vis hou goed so.
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Re: Shad resep
Bietjie terugvoer oor ons Shad poging.
. Ons het begin met die tradisionele manier van sinker en prop om die aas te lig maar nie n byt gekry nie. Eenkant op die rotse het n local gesit en die Shad een na die ander uitgetrek. Ons het gou ons eindgerei verander na n drift trace soos syne en daarna het die vis mooi uitgekom. Ek kan regtig Adcan Marine se aas aanbeveel. Elke Sardien is in sy eie sakkie gevries wat dit maklik maak om te hanteer. Dis nie n blok gevriesde vis nie. Dit het elke dag gereen maar ons het ons kwota maklik vol gevang. Elke oggend 5 uur was ons in die reen,op die rotse. Die eerste dag se vis is gevlek en gaar gemaak in botter net met sout en peper. Die 2e dag se vis was bietjie speserye by. Geen grate en vrek lekker. Ons het n paar saam gebring,toegedraai in gladwrap en koerant papier en hulle het Witbank nog kliphard gevries gehaal.
Baie dankie vir julle raad. As julle Suidkus toe gaan,geniet dit. Die Shad loop..
Baie dankie vir julle raad. As julle Suidkus toe gaan,geniet dit. Die Shad loop..