Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by win270 »

My Musgrave .308 Vrystaatmodel (gekoop in 1973) het 'n probleem as die patroon gelaai word - veral die patrone wat aan linkerkant (van bo-af gekyk) in die magasyn is. Dit lyk of die "claw" nie die dop mooi gryp/vasklou nie en as mens dan die slot vorentoe stoot, gly die patroon nie mooi op na die kamer toe nie. Hoop ek verduidelik goed genoeg. Laai van patrone aan die regterkant van die magasyn het nie so 'n probleem nie.

Ek woon in Randburg. Watter geweersmid in my onmiddellike omgewing is die regte man om hierna te kyk en te herstel indien nodig? Is daar dalk iets wat mens self kan doen om die probleem reg te stel? Ek is nie te onhandig om dinge uitmekaar te maak nie, maar wil ook nie my uitgee as 'n kundige met die soort van take nie.

Hoop iemand met soortgelyke probleem in die verlede kan advies gee . . . Dankie by voorbaat.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by tripodmvr »

Magasynveer wat veerkrag verloor het? Ek rek ou vere om weer krag terug te sit. Wees net versigtig as dit 'n plat veer is dat hy nie breek op die buigpunte nie. Maak sommer die magasyn binne skoon. Dit kan die werking vertraag. Gebruik grafiet om smering te verkry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3604
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by Fanta300 »

My 300WM met K98 aksie doen dieselfde. Myne se lippie aan die linkerkant van die aksie is geslyt en hou nie die patroon mooi vas nie. Sal foto probeer neem. Het hom al met Pratley opgebou vir ‘n toets en daan werk hy 100 maar pratley breek af. Soek spesialis swyser om hom vir my op te bou
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by win270 »

Baie dankie vir die antwoorde, groot waardering. Fantie, as ek ook jou foto's kan sien, sal dit my moontlik help.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by win270 »

Hierdie video gee ook 'n baie goeie leidraad ivm moontlike oorsaak. . . kyk gerus:

https://youtu.be/kXTRC7FKc-s
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by Askari »

My 1951 model Husqvarna 9.3x62 doen presies dieselfde. Ek hou hierdie draad fyn dop.
Gooi lood!!!!
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3604
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by Fanta300 »

D3F8356B-E090-4D2A-B381-4B3C98BE4B3D.jpeg
292391D7-1AF0-47AC-A15F-89970A604C02.jpeg
Ek sukkel om mooi foto’s te neem maar daar is nog ‘n stukkie Pratley op die aksie. Net daai stukkie help al dat die rondtes mooi voer
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by win270 »

Baie dankie vir die moeite met die foto's, Fantie. Ons gaan die naweek my geweer goed bekyk en hierdie kennis ook byderhand hou.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3604
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by Fanta300 »

Kon julle toe agterkom waar die fout lê?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by win270 »

Ons het die kolf verwyder, die plaat effens gebuig soos in video hierbo aangedui. Ons het ook die magasynveer effens gebuig vir meer veerkrag. Ons het alles goed bekyk en bevoel, maar kan sowaar nie vasstel wat die probleem veroorsaak nie. Ek wil so graag ladingontwikkeling doen en die geweer gereed kry vir vlg jagseisoen. Dit lyk my goeie geweersmid is sy voorland.

Is daar nog iets wat ons dalk kan probeer? Ons gebruik PMP doppe en SPARTAN koeels ("ballistic tips"). Ons het selfs die totale patroonlengte effens korter gemaak om te probeer vasstel of dit 'n invloed het. Watter geweersmid in Randburg-area is die aangewese een om die Musgrave heen te neem? Geweer het nog nie baie skote geskiet nie . . . ek skat nie meer as sowat 300 skote nie.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by Hein M. »

Skuus, dom vraag dalk, maar wat soort veer het jou magasyn? Is dit die plat M-vormige staalveer of die draad-tipe?

Hoor graag!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by win270 »

Dis die plat M-vormige staalveer.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by Hein M. »

win270 wrote:Dis die plat M-vormige staalveer.
Olraait, dankie. Die draadvere wat Musgrave destyds in sekere gewere se magasyne gesit het, was nie almal baie stabiel nie. Die vloerplaat het dan skuins gedraai as 'n patroon gevoer word, met die gevolg dat dit skuins gekamer word. 'n Frustrerende gemors. Die M-vormige staalvere werk baie beter - maar is duidelik ook nie perfek nie.
'n Peter ou by K-Mag het destyds ons Musgrave se probleem uitgesort deur 'n ander veer te maak.

Baie sterkte!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by win270 »

As jy dalk kan help met kontakbesonderhede van die man by K-Mag, sal ek dit waardeer. Dis nou die tyd van die jaar wat mens natuurlik moet wag vir die nuwe jaar voordat enige werk verrig sal kan word.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by OosKaapJagter »

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by Hein M. »

win270 wrote:As jy dalk kan help met kontakbesonderhede van die man by K-Mag, sal ek dit waardeer. Dis nou die tyd van die jaar wat mens natuurlik moet wag vir die nuwe jaar voordat enige werk verrig sal kan word.
Peter Kissmer

H.K.Precision c.c.
Manufacturers & Distributors of K-MAG Magazines
P.O Box 9069
Hutten Heights
2956
Newcastle
KZN
South Africa

Tel/Fax: 034 312 1717 Business days Monday to Friday 07h30 – 17h00
Mobile: 082 443 7357 Business days Monday to Friday 07h30 – 17h00
www.k-mag.co.za
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by win270 »

Baie dankie vir die inligting. Waardeer jou hulp!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave .308 Vrystaatmodel - laaiprobleem

Post by Hein M. »

win270 wrote:Baie dankie vir die inligting. Waardeer jou hulp!
Plesier. Hoop jy kom reg. Hulle is maar duur, maar die diens is puik ;)
Post Reply