Watse Rondte skiet jy?
- Gideon Burger
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm
Watse Rondte skiet jy?
Goeie More Lede
Ek wil graag beter verstaan hoekom jy skiet wat jy skiet. Wat maak jou besluit om die rondte wat jy skiet te skiet as dit by bosveld jag kom.
Ek vind my self altyd aan die gesles oor die volgende 3 en soek meer informasie oor hulle gebruik en wat jy dink is die beste.
Ek dink die aplikasie sal wees van Rooibok tot Eland en als tussen in as biltong jagter.
Monolithic bullets (Barnes ttsx, Peregrine etc)
Bonded bullets (Accubond, interbond etc)
Non bonded (SST, Nosler ballistic tip etc)
Ek lees graag saam julle en sal nog informasie gee soos julle vra.
Groete
Gideon Burger

- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Ek en George het gepraat oor Hornady Interlocks die naweek.
In my 30+ jare van jag en baie diere wat wissel van Steenbok tot en met Koedoe en Rooi Hartebees het ek alles behalwe twee BWBste en een Ribbok, almal met een skoot gedood met .308 150grein Interlocks uit my 308 Winchester. Die Ribbok was 'n nekskoot met 123 grein 6.5 Nosler BT (Creedmoor, GROOT uitsondering om nie blad te gaan nie). Een BWB met 150grein .308 Rhino, twee skote. Ander BWB 150grein .308 Hornady Interbond een skoot. Vlakvarke by die dosyne met dieselfde 150grein Interlocks.
Dit sê vir my dat sogenaamde non-bonded jagpunte (in die Interlock klas) 100% is teen minder as 2800 fps.
Ek moet bysê dat ek n baie versigtige jagter is. Ek skiet nie as daar eers n geringe kans is dat dit nie n goeie skoot gaan wees nie. Ek maak baie seker van skoot plasing en skiet nooit verder as 200m nie. Ek skiet ook nie op die knoppe nie maar eerder die blad.

The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Vir helmethoue so sag punt as moontlik, die skrapnel red n ou soms as die trefpunt nie 100% is waar dit moes wees. Bonded vir lyfhoue. Verder skiet ek graag rondtes brannie en rumpampi in my keel af.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
My jag geweer is my 375H&H en word met tans met barns ttsx en tsx 250 en 300gr onderskeidelik gelaai. Rede is ek skiet blad met die roer en die vleis skade is basies nigs, en ek weet ek het genoeg slaankrag.
vir springbokke sal ek maar sagte non bonded koeëls gebruik uit my 243

Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Watse Rondte skiet jy?
308 met 150 barnes tsx.
Hier in die bosveld is jou skoot plasing maar baie keer beperk tot wat die dier vir jou gee.
Of die skoot nou mooi agter die blad...op die knoppe of n skuins skoot van agter af...daai barnes gaan sy werk doen ongeag of dit n duiker of n eland bul is....10m of 300m...
Vir kop en nek skote werk sagte koeëls weer beter.

Just smile and wave boys 
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
In die 30-06 skiet ek 168gr Spartans. Baie min vleis skade en die akkuraatste koeel wat ek nog in die geweer geskiet het. Op die skietbaan skiet ek 180gr Pro Amms. Hulle skiet basies op dieselfde plek as die Spartans so ek hoef nie te stel aan my teleskoop nie.
In my 7x57 is die 175gr Sierra Gamekings.
Groete.

J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Watse Rondte skiet jy?
.375 330gr A-Frame, 30-06 180gr Accubonds, 7x57 170gr Norma Oryx.
Ek skiet punte wat nie gaan opbreek teen bene nie, om selfs 1 uit 100 bokke as kwesbok te verloor is net te duur.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
In die 30-06 is dit 150gr of 168gr TTSX.
Geen van my bokke (bosveld) het meer as 2 tree gegee nie met lyf skote.
1 vark het gehardloop, met n bloed spoor wat n blinde man kon volg.
Uiters skade aan die ingewande en min op die vleis.
Ek is baie vir die TTSX.
Die 7x57 is weer lief vir 175gr Interlocks.

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
"Ek skiet punte wat nie gaan opbreek teen bene nie, om selfs 1 uit 100 bokke as kwesbok te verloor is net te duur."
Ek stem saam met dit. Hierdie jaar was die eerste jaar met die 30-06 en Spartans. Sodra ek al die Game Kings in my 7x57 uitgeskiet het gaan ek ook na n beter loodvrye koeel skuif. Dit voel net vir my of bokke effens verder hardloop met die Spartans as wat hulle gegaan het met die SGK s met dieselfde skootplasing. Vleis skade is baie minder en daar is n goeie bloed spoor om te volg, maar my hart wil gaan staan totdat ek die bok sien le.
Ek stem saam met dit. Hierdie jaar was die eerste jaar met die 30-06 en Spartans. Sodra ek al die Game Kings in my 7x57 uitgeskiet het gaan ek ook na n beter loodvrye koeel skuif. Dit voel net vir my of bokke effens verder hardloop met die Spartans as wat hulle gegaan het met die SGK s met dieselfde skootplasing. Vleis skade is baie minder en daar is n goeie bloed spoor om te volg, maar my hart wil gaan staan totdat ek die bok sien le.
- Gideon Burger
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Baie dankie aan almal wat tyg gevat het om vir my te se wat julle skiet.
Ek is n groot op Barnes en met die post kan ek sien dat ek nie alleen is nie.
Wat ek wel wil weet is hoekom kies mense Barnes ( of ander mono) of n bonded rondte. Dit wil vir my voor kom of jy is vir die een of vir die ander een. Amper soos die Stormers teen die Bulle. Jy sal nie iemand wat vir een die die spanne support ooit kan vertel die ander is beter nie.
Ek lees graag verder.

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Daar is opmerkings van die soort koeël vir bladskote, daardie soort vir kopskote. Dan een vir naby skote en 'n ander een vir vêr skote.
Die probleem is dat die jagveld nie 'n skietbaan is nie. Ek het al geloop en soek vir koedoes en 'n niksvermoedende springbok met 'n kopskoot op 12 meter neergevel. Op 'n ander geleentheid, op soek na takbokke, het 'n koedoebul 'n goeie skoot gebied wat verder as 300 meter was.
In sulke gevalle is daar nie tyd om patrone te ruil en dan te probeer onthou watter een groepeer waar nie. Deesdae gebruik ek Barnes TTSX koeëls of Krieke. Geeneen van die bokke wat ek geskiet het was meer dood as dié wat deur familielede met 150gr bruinboks pmp's in hul 308's geskiet is nie.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Hallo Gideon
Ek skiet Barnes al van die vroee 90's in my gewere van 7mm af en op. Die meeste van hulle het nog net Barnes in hulle hele leeftyd gesien so ek voel redelik veilig as ek die stelling maak dat ek al n redelike idiee het hoe hulle presteer. Ek het begin met die oorspronklike Barnes X en later oorgeskakel na die TSX. Ek het nog nooit met die TTSX geskiet nie. In die groter kalibers is my voorkeer in soliede koeels die Barnes Banded Solid flat nose, alhoewel hulle nou ongelukkig nie meer vervaardig word nie, so ek is geforsseer om die round noses te laai.
Jy vra hoekom ek spesifiek die Barnes TSX gebruik? Eerstens gaan dit vir my dat ek n koeel gebruik wat ek n dier uit alle hoeke kan skiet en nog steeds genoegsame penetrasie het om by die vitals uit te kom. Tweedens is vleisskade beperk en heel aanvaarbaar as n mens hierdie vereiste in ag neem. Penetrasie vind ook oor die algemeen in n reguit lyn plaas wat belangrik is as n mens die eerste vereiste in ag neem vanuit alle hoeke skiet. Derdens is trajekte gewoonlik platter met die gebruik van mono koeels, want n mens kan ligter koeels gebruik vanwee die feit dat die koeels nie gewig verloor in die terminale fase nie en dus nie inboet op pentrasie nie. So dit maak skoot plasing aansienlik makiliker waar n langer skoot hom voordoen. Onthou ons praat hier van loop/bosveld jag waar daar nie tyd is vir n rangefinder en dial van n scope nie.
Hierdie vereistes is natuurlik nie beperk tot Barnes nie en geld vir die meeste monokonstuksie koeels. Kom ons wees ook nou eerlik en se monokoeels het ook nadele en die grootste vir my is sy verlaagde doodmaak vermoe teenoor konvensionele koeels. Ek kompenseer hiervoor deur met groter kalibers te skiet, maar dit bly n feit en iets wat die meeste mense vang die eerste keer as hulle monometaal koeels gebruik.
Daar is nie iets huidiglik soos die perfekte koeel nie, maar huidiglik kom die Barnes vir my die naaste daaraan vir bosveld jag.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Baie goed gestel Wouter.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Middag oom Wouter.Wouter Roets wrote:Hallo Gideon
Ek skiet Barnes al van die vroee 90's in my gewere van 7mm af en op. Die meeste van hulle het nog net Barnes in hulle hele leeftyd gesien so ek voel redelik veilig as ek die stelling maak dat ek al n redelike idiee het hoe hulle presteer. Ek het begin met die oorspronklike Barnes X en later oorgeskakel na die TSX. Ek het nog nooit met die TTSX geskiet nie. In die groter kalibers is my voorkeer in soliede koeels die Barnes Banded Solid flat nose, alhoewel hulle nou ongelukkig nie meer vervaardig word nie, so ek is geforsseer om die round noses te laai.
Jy vra hoekom ek spesifiek die Barnes TSX gebruik? Eerstens gaan dit vir my dat ek n koeel gebruik wat ek n dier uit alle hoeke kan skiet en nog steeds genoegsame penetrasie het om by die vitals uit te kom. Tweedens is vleisskade beperk en heel aanvaarbaar as n mens hierdie vereiste in ag neem. Penetrasie vind ook oor die algemeen in n reguit lyn plaas wat belangrik is as n mens die eerste vereiste in ag neem vanuit alle hoeke skiet. Derdens is trajekte gewoonlik platter met die gebruik van mono koeels, want n mens kan ligter koeels gebruik vanwee die feit dat die koeels nie gewig verloor in die terminale fase nie en dus nie inboet op pentrasie nie. So dit maak skoot plasing aansienlik makiliker waar n langer skoot hom voordoen. Onthou ons praat hier van loop/bosveld jag waar daar nie tyd is vir n rangefinder en dial van n scope nie.
Hierdie vereistes is natuurlik nie beperk tot Barnes nie en geld vir die meeste monokonstuksie koeels. Kom ons wees ook nou eerlik en se monokoeels het ook nadele en die grootste vir my is sy verlaagde doodmaak vermoe teenoor konvensionele koeels. Ek kompenseer hiervoor deur met groter kalibers te skiet, maar dit bly n feit en iets wat die meeste mense vang die eerste keer as hulle monometaal koeels gebruik.
Daar is nie iets huidiglik soos die perfekte koeel nie, maar huidiglik kom die Barnes vir my die naaste daaraan vir bosveld jag.
Groetnis
Wouter
Wat beteken dit as oom sê die mono koeëls het minder doodmaakvermoë? Ek laai net loodkern en bonded punte so het geen ondervinding met mono nie. 'n Paar van my jagters skiet wel peregrines en dit vaar baie goed in die bosveld.
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Hallo Eduard
Monokoeels in die terminale fase het n paar aspekte wat hulle "doodmaak vermoe" kelder. Eestens maak hulle stadiger oop as n konvensionele koeels en dus word minder energie in die fase aan die dier oorgedra, tweedens gee hulle nie sekondere projektiele af in die fase nie en derdens is hulle diameter van ontplooing tesame met hulle frontale area gewoonlik kleiner as konvensionele koeels en dus is die permanente wondkanaal vanselfsprekend kleiner. Dit alles dra saam dat die skade aan die dier se organe en weefsel minder is en dus vat die dier langer om dood te gaan. Vanadaar my stelling dat hulle doodmaakvermoe kleiner is as konvensionele koeels.
Wat weer wel vir hulle tel is dat hulle gewoonlik n ingangs wond sowel as n uitgangswond los wat baie keer help met n beter bloedspoor al is daar minder interne skade. Dit help ook soms dat die longe vinniger platval, maar ek dink hierdie laasgenoemde stelliing is meer akademies van aard as wat dit in praktyk beleef word.

Baie dankie vir die verduideliking. Dit maak nou mooi sin.Wouter Roets wrote:Hallo Eduard

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Ek gebruik wat beskikbaar is wanneer ek weet kruit en koeels koop.
Op die oomblik skiet ek met Pro-ams geherlaai in my 270 150gr, werk baie goed nog geen proebleme gehaad nie.
9.3x62 gebruik ek 286gr Pro-ams werk goed.
in my 300 Win het ek lank 180gr Pro-ams gebruik maar wil graag 165 Nosler partitions gebruik sal kyk wat hulle doen.
In my 338 gebruik ek 225gr Sierras werk baie goed kannie kla nie.
Het in die verlede barnes X gebruik maar weet van niemand in Namibia wat hulle verkoop nie ,maar sal hulle graag gebruik, het op 'n tydstip met hulle in Eldorade fabrieks ammo geskiet in 308 het great gewerk, en OPM het in 1996 vir my 286 gr barnes x gelaai in my 9.3x62 het ook baie goed gewerk.

- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Ek verkies loodkern bonded vir jag. Ek skiet engin kamer en daarvoor verkies ek so waar prakties moontlik al verloor ek spoed. In my 6.5x55 skiet ek 156gr Norma Oryx teen net onder 2550ft/s en ek is gemaklik met hulle tot op 300m. Vir my werk dit en is dit vir eers genoeg vir hoe en waar ek jag.
Trajek is nou nie great nie maar ek ken hom al goed. Zero op 100m gee my 12 klieks op 200m zero en nog 16 klieks vir total van 28 klieks op 300m.
Vereseker is daar plek vir mono en ek het al met groot sukses Krieke gebruik op springbok en Gemsbok en sal weer as ek moet maar in my hart verkies ek maar loodkern vir nou.

nols
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Mon Jul 11, 2011 8:46 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Ek verkies ook 'n bonded koeel ! Hy is harder as 'n gewone loodkern koeel
en sagter as 'n mono koeel.
Ek is baie bang vir oor penetrasie veral in die bosveld,daar kan jy baie maklik
nog 'n bok raakskiet(mono koeel). 'n Mono koeel is ook nie 'n goeie koeel om
'n breinskoot te skiet nie,as jy die bok se brein net mis dan is die kans goed
dat hy weer gaan opstaan ,waar die bonded koeel bietjie breek en dalk die
bok se brein meer beskadig.'n Mono koeel is 'n goeie koeel om mee lyf skote
te skiet.As ek net een tiepe koeel moet kies om mee te jag dan sal ek 'n goeie
bonded koeel kies.
Dit is my keuse.

Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Watse Rondte skiet jy?
Vir my werk die som as volg
As jy 'n kaliber skiet wat baie vleisskade maak met bv Bruin boks PMP kyk na Mono of Bonded.
Barnes/Kriek/Spartan etc blom beter teen vinnige snelhede.
Soos Wouter hierbo noem, jy kan met 'n ligter mono dieselfde of beter werk doen as 'n konvensionele loodkern.
Voordeel is platter trajek en baie keer minder terugskop.
Ek hou van die Rhino reeks omdat dit volgens my die beste van al die wêrelde het.
Soliede koper gatkant soos mono
Loodpunt wat bonded is voor.
Al pyn wat ek het is die laaste batch Rhino 286gr in my 9.3 blom nie so mooi soos die van n paar jaar terug nie.
Asof hulle neuse nou harder is.
Penetrasie bly fantasties
Ek gaan of 200gr Krieke teen probeer 2800fps skiet of dalk Nosler Partions probeer teen 2250fps
Sent from my iPhone using Tapatalk

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Watse Rondte skiet jy?
Skiet die jagkoeël wat die akkuraatste in jou geweer is. En sorg dat jy KAN RAAKSKIET!!!
'n 50" sagtepunt deur n duiker se sterthare het minder effek as n 303 "staalpunt" deur n buffel se hart. Daarmee probeer ek geensins aanbeveel dat iemand kanse moet waag nie; ek wil daarmee sê dat akkuraatheid oor die algemeen baie belangriker is as koeëlkeuse.
Grootgeword met 308 en 180gr Nosler Partitions. Weens kostes oorgeskakel na 180gr Sierra Pro-Hunters.

Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Watse Rondte skiet jy?
Ek stem saam met Ds J. N goeie jagpunt is vir my n moet, veral as jy na vandag se wildpryse kyk. Ek moet egter toegee dat as daai jagpunt nie op die regte plek geplaas word nie kan dit net sowel n klip wees. Kies die beste punte wat werk in jou geweer en maak seker jy skiet waar dit saak maak daarmee.