Toyota betroubaarheid

Post Reply
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Toyota betroubaarheid

Post by tau »

My Pa se Hilux is verkoop eergister met 50 000km op
2016 Double cab
4x4
2.8 auto
32400 km het transfer case gegaan
36500km Het die diff gegaan en nou op 49500km het die diff weer gegaa.

Dit is 'n Auto hoe hard kan hy werk en "abuse" word? Ons het ander voertuie wat ons gebruik vir speel en op plaas werk dit was 'n dorps bakkie die.
My Pa kamp nie meer met die kar nie so hy dra nie vrag in wilde plekke nie.
Werklik skokkend. Toyota het vir alles betaal, maar mens moet nie blind vaskyk in Toyota betroubaarheid nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by Harambe »

As jy hom omdop dan staan daar seker Made In China op die onderstel
Of so iets
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by Apie »

My 2016 2.4 het die laaste 30000km BAIE hard gewerk.

110000km geen soos in geen pyne


Sent from my iPhone using Tapatalk
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by Harambe »

Jy gaan seker nou vir ons wil vertel Glocks gee ook probleme
Of so iets
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by jankraay »

tau wrote:My Pa se Hilux is verkoop eergister met 50 000km op
2016 Double cab
4x4
2.8 auto
32400 km het transfer case gegaan
36500km Het die diff gegaan en nou op 49500km het die diff weer gegaa.

Dit is 'n Auto hoe hard kan hy werk en "abuse" word? Ons het ander voertuie wat ons gebruik vir speel en op plaas werk dit was 'n dorps bakkie die.
My Pa kamp nie meer met die kar nie so hy dra nie vrag in wilde plekke nie.
Werklik skokkend. Toyota het vir alles betaal, maar mens moet nie blind vaskyk in Toyota betroubaarheid nie.
Baie snaaks John. Ek het n 2016 2.8 4x4 handrat gehad en het hom 120 000km gery sonder probleme. Het nou n 2.8 Double Cab Auto 4x4 Dakar en het al 30 000km gedoen en geen strond.

Daai moes n Vrydag bakkie gewees het.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Toyota betroubaarheid

Post by Nella »

Het dan ook n vrydag hilux gehad. ..
Voor hy 80000km gehaal het....moes ek..agter wiel laers, harnas, ecu, cv, "steering rack", ac evaporator "injectors" x3 keer..en toe sommer die engine ook.
So ja. .toyota kan ook breek
Just smile and wave boys >:D
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 960
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by OosKaapJagter »

My broer het weens Toyota "betroubaarheid" 'n Corolla nuut gekoop. Hy sal nooit weer 'n Toyota koop nie………

Ek het weer in 2012 'n 3 liter D4D Fortuner nuut aangeskaf waarmee o.a. 'n Jurgens Exclusive gesleep word. Die voertuig is al verby 246 000 km en benewens diensitems is daar al 'n agterste dakliggie en die agterste klap se "gaslift struts" vervang. Alles werk nog soos die dag wat die voertuig gekoop is.

Baie mense is lief vir hulle Ford bakkies. 'n Vriend het 'n vloot van die 3.2 outomatiese dubbelkajuit bakkies aangeskaf vir sy besigheid. Die goed was meer in die werkswinkel as op die pad. Hy het so pas die laastes ingeruil op Toyotas.


Dit laat my net dink aan 'n wyle vriend wat nooit naby 'n merry-go-round wou kom nie. Sy pa was 'n werktuigkundige. Dié het vir hom gesê as 'n mens 'n ding bou, dan breek dit. Hy het al aan enigiets van 'n Beetle tot 'n Rolls Royce gewerk.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by tau »

Ek ry ‘n 3.2 so glo my ek ken worry, tenminste is dit lekker as ek my waentjie s hak. Hy het 140 000 km op en het al ‘n Turbo gekry agv wastegate wat foutief was. En Ford het betaal.

Ek is glad nie brand biased nie. Ek ry ook Toyota 2.4 by werk en het ‘n 2.2 Ford wat my mechanics probeer breek, maar op 85000 km het hy nog nie ‘n slag genis nie

My Pa se 3.0 het op 120 000 km 2 x ratkaste, stel injectors en 1x clutch gekry. Dit was wel sy toer en werks bakkie en hy het gewerk. Die 2.8 was meer ‘n dorps kar.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181214/ba8c9a6c8f85169bd9f811f48fd6a636.jpg

Ons het wel nou 2 x 2.8 hard getoets in die noorde van Namibie en so auto se ratkas kook mooi as hy hardwerk in highrange
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by tau »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181214/fdd3b7958a2f99e81396d16864d21f54.jpg

Die bakkie het hier 3800 km opImage
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by tau »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181214/10d6603a837f62291d82aa7a09f340dd.jpg
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by tau »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181214/3455cfbd0a195eee2160598a8c6134ca.jpg
Hopenlik hou die volla
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Toyota betroubaarheid

Post by tau »

Harambe wrote:Jy gaan seker nou vir ons wil vertel Glocks gee ook probleme
Image
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by Alwin »

My ou Hilux plaasbakkies trek nou op onderskeidelik 535 000 en 595 000 km. Ja, daar was al onderhoud gedoen, maar die enjins en ratkaste is nog oorspronklik. Nee, hulle is nie te koop nie!

Dan is daar my buurman se Nissan bakkie met 750 000 km op. En 'n vriend se Isuzu met 600 000 km.

My slotsom is dat een swaeltjie nie 'n somer maak nie, of meer tegnies gestel, een datapunt maak nie goeie statistiek nie.

Wat vir my belangriker is as individuele voertuie se nukke, is hoe die agente jou probleem opgelos het. Ek dink dit is waar die grootste verskille tussen die onderskeie fabrikate kan wees.
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by Basie2 »

Stem saam Alwin. Ek het 2.4 diesel Hilux 2003 model met 396000km. Gereelde dienste en een stel injectors en clutch.


Sent from my iPad using Tapatalk
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Toyota betroubaarheid

Post by Vleisie »

Ek het so 2006 Ford Ranger 2.5tdi gery, het hom.op 252 000km verkoop, met geen probleem nie, dit is ook vam daardie modelle wat bekend was vir Ratkas probleme. Hy het ook my studente jare oorleef wat vir my ongelooflik baie sê want jong manne wil mos net spin.
Ek stem wel saam dat hoe die agente jou help met 'n probleem die deurgewende faktor is, daar het Toyota nou met ñ paar manne in my geweste gefaal, diens was nie wat wonders nie, genoeg dat die manne na die Ford agente toe is en eerdee daar geld gaan spandeer het.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: Toyota betroubaarheid

Post by StefL »

tau wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20181214/3455cfbd0a195eee2160598a8c6134ca.jpg
Hopenlik hou die volla
Dis mos nou n bakkie! Image

Live on the edge, otherwise you're wasting space
Live on the edge, otherwise you're wasting space!
Post Reply