Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfontein.

Post Reply
Akkedis
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Sun Dec 08, 2013 8:57 pm

Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfontein.

Post by Akkedis »

Goeiedag

Ek is in proses om vir my Mazda BT50 'n alluminium canopy te laat maak by Ground Zero.

https://www.groundzerocanopies.co.za/

Is daar enige iemand wat so 'n canopy het (maak nie saak op watter bakkie dit is nie) wat 'n opinie kan gee oor die kwaliteit daarvan?

Of is daar iemand in Bloemfontein wat een het waarna ek kan kom loer?

Ek sal enige opinie of hulp waardeer.

Baie dankie.

Akkedis
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfonte

Post by JPS »

Hi,

Goei Vriend van my het een op dubbel kajuit BT50. Hy is van opienie dis beste waarde vir geld maak in SA. Hy is baie gelukkig met syne.

Dis nou nie eerste handse ondervinding nie...
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfonte

Post by Apie »

Ek het een.


Spaar langer en koop liewer n Bushtec.



Jy is welkom om my te skakel by nul 8 2 3 2 3 4878


Sent from my iPhone using Tapatalk
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfonte

Post by Malan123 »

Kyk ook na RSI canopy. Baie lekker!
Akkedis
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Sun Dec 08, 2013 8:57 pm

Re: Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfonte

Post by Akkedis »

Naand manne, baie dankie vir julle insette.
Ek sou graag met my hande wou sien, so indien daar iemand in Bloem is wat 'n GroundZero het sal ek dit waardeer om te gaan loer.
Dis maar moeilik om so op 'n foto 'n besluit te neem.

Akkedis
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfonte

Post by Apie »

Bel my

Ek sal jou presies verduidelik.

Daar is klomp kortpaaie gevat op die GroundZero kappie teenoor die duurder kappies.

Agv het my bakkie se bak gekraak.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfonte

Post by JPS »

Apie wrote:Bel my

Ek sal jou presies verduidelik.

Daar is klomp kortpaaie gevat op die GroundZero kappie teenoor die duurder kappies.

Agv het my bakkie se bak gekraak.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie, dit gebeur met die supports aan die binnekant van die bak geinstaleer?
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfontein.

Post by Apie »

Korrek

Die GZ kappie lê bo op die supports en daar is net spons tussen die kappie en bak.

Jou bak flex en jou kappie is rigied.

Iets moet groet en die kappies is gewoonlik baie stewiger as jou bakkie se bak.

Een van die 'supports' het ook gekraak.
Dit het gebeur met omtrent 50000km op my bakkie waarvan op daai stadium so 95% teerpad was.

Die deure van die GZ kappie is net gebuigde plaat en het nie n raam nie so die deure is baie pap.

Die deure maak nie baie groot oop nie en jy stamp alewig jou kop teen die knippe.

Daar is nie 'n manier jy kan met die GZ kappie se montering sisteem n daktent of iets swaar op jou kappie sit en verwag hy gaan bo bly nie.

GZ het net gesê dis Toyota se probleem dat my bak gekraak het en geen hulp aangebied toe ek probleme gekry het nie.


Koop n BushTech as jy vrede soek.






Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfonte

Post by JPS »

Dankie vir die terugvoer Apie.

Sal maar vir my pêl se om uit te kyk vir kraak plek. Hy het syne darm nou al lank op en is nog baie gelukkig met die koop. Hy gaan minder gelukkig wees as dit sy bak kraak....

Groete
Jan
J P
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Tue Jun 12, 2012 11:10 am

Re: Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfonte

Post by J P »

PM my jou kontak besonderhede. Vriend van my het Ground Zero canopy en ek het 'n RLD. Jy kan na albei kom kyk.
Groete
JP

Sent from my SM-N950F using Tapatalk
Akkedis
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Sun Dec 08, 2013 8:57 pm

Re: Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfonte

Post by Akkedis »

Dankie JP. Pm gestuur.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfonte

Post by Apie »

Na n lang stuk lelike grondpad het my GZ kappie se knippe die rubber seels opgevreet en my agterdeur het oopgegaan elke 1 tot 2 km km.

My vriend met sy Bushtech.... hy lag maar net vir my...


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Info nodig oor Ground Zero Alluminium canopy. Bloemfonte

Post by Apie »

JPS wrote:Dankie vir die terugvoer Apie.

Sal maar vir my pêl se om uit te kyk vir kraak plek. Hy het syne darm nou al lank op en is nog baie gelukkig met die koop. Hy gaan minder gelukkig wees as dit sy bak kraak....

Groete
Jan
Solank hy op die teer bly sal hy reg wees!


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Post Reply