300wm and IMR 7828

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

300wm and IMR 7828

Post by Gideon@1 »

Goeie dag,

As iemand my kan help sal dit net wonderlik wees!!

My probleem.

S385 Lot 14 (68.8gr) het goed gewerk in die 300wm met 212gr Eld-x (gem 2705fps)

S385 Lot 15 (67.7gr) is egter hopeloos in die kombinasie. Ek kom op dieselfde spoed van gem 2705 uit ,
maar die SD is hier by 48 en groepe is 'n hele A4 bladsy vol.

Ek het toe IMR 7828 gekry met die hoop dat dit my probleem kan oplos.

Sien asb aangehegte dokument vir al die inligting.

Ek het probeer om die data hier te laai maar ek kry net 'n ERROR en Contact the Administrator..


By voorbaat dank!!

Groetnis

Gideon
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 300wm and IMR 7828

Post by Gawie(13mm) »

Jy moet asseblief die TPL vir ons verskaf, soos gemeet van die basis van die dop tot by die punt van die koeël. Die mate tot by die ogief is van geen waarde omrede QL nie voorsiening maak daarvoor nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

Re: 300wm and IMR 7828

Post by Gideon@1 »

Oops!!

Jammer daaroor!

Hier is die data

Maks TPL is 92.95mm vir die 212 Eld-x
TPL gelaai is 91.90mm

Dankie vir die moeite!!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 300wm and IMR 7828

Post by Gawie(13mm) »

Gideon, ek gaan net 'n paar algemene opmerkings maak voordat ek my berekeninge deurgee. Die meer gekonfyte manne moet my reghelp as ek tjol praat.

Daar is 'n wanopvatting dat jou node spoed dieselfde sal bly, ongeag watter kruit jy gebruik. Wanneer die brandspoed tempo verander, verander die druk en spoed gewoonlik om jou weer by die Optimale loop tyd te kry. Die Optimale loop tyd(OBT) is die enigste konstandte in die QL vergelyking. Ons manipuleer die brandspoed tempo om 'n korrilasie tussen die lading en die spoed te bewerkstellig, wat ons dan inlyn bring met die OBT.

Hierdie stelling van my, spreek dus jou eerste opmerking oor die verskillende lotte van dieselfde maak kruit aan. Het iemand jou met QL gehelp om die data te verifieer?

Nou, wat die IMR aanbetref; as ek na jou snelheids trajekte kyk sou ek ook sê dat daar 'n node rondom 2710vps lê. Ons het mos al almal gehoor dat daar 'n effense afplatting of selfs 'n afname in spoed voorkom rondom 'n node. In die geval is dit 'n "valse voorwendsel". ;D As ek na die QL grafiek kyk lyk dit eerder na 'n afplatting in spoed agv. 'n oorgang in druk rondop 50 000 psi. Die slimmer manne sal meer lug daarop kan werp.

Met jou gegewe data sal ek eerder voorstel dat jy kyk na 72.7 grein IMR7828 @ 2772 vps, by die kroon.

Druk is 54649 psi. Die verbrandings tempo van die betrokke kruit is heelwat laer as die van die S385. Druk is amper 3000psi laer, alhoewel die spoed amper 70vps hoër is.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

Re: 300wm and IMR 7828

Post by Gideon@1 »

Gawie,

Baie dankie vir jou moeite!!
Waardeer dit opreg!

Ek gaan jou voorgestelde lading laai en ek glo hy sal werk!



Nou hoekom het ek dit gedoen wat ek gedoen het?

Ek het reeds die 0.5gr inkremente gelaai en spoed gemeet om 'n idee van 'n node te kry.
Dan verder in daai afplatting "node" van spoed vs lading in kleiner 0.1gr inkremente te laai.

Dis in kort waar die 2 grafieke vandaan kom.

Omrede ek nie QL het nie, het ek die "10 shot load development" probeer.

http://www.65guys.com/10-round-load-dev ... dder-test/

Volgens dit het ek slegs gefokus waar die lading vs spoed afplat, "node".

Die 6.5 guys se model, toon dan reeds dat die "node" rondom 2700-2710 fps moet wees.

Ek dink die OCW load development werk op dieselfde beginsel.

https://www.primalrights.com/library/ar ... evelopment

Enige stelsel (QL, OCW, Ladder test) vir lading ontwikkeling is tog veronderstel om min of meer op dieselfde "lading" uitekom?


Ek is nou so deurmekaar dis nie eers snaaks nie!!!

Gawie, weereens baie dankie!!
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

Re: 300wm and IMR 7828

Post by Gideon@1 »

Net bietjie terugvoering.

Gawie baie dankie!!

Jou QL lading was in die kol!

Gem spoed was 2770 fps met enkel syfer SD en ES.

Weereens baie dankie!!!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 300wm and IMR 7828

Post by Gawie(13mm) »

Groot plesier.
Dus baie lekker wanneer ding reg uitwerk.
Geniet hom.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply