VOERTUIG "RIG"

Post Reply
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by britsman »

Ambessa,
            Slim-man die "body size" BOET. :D :D ;D

brittie
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Ambessa

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Ambessa »

Hallo Britsman

Laaste stasie, Reg, Oor...

Ambessa
Ambessa

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Ambessa »

Hallo Britsman

Happy returns on Sunday.

Have many skuimkoppe of B&C or whatever is needed... but stay indoors.

Ambessa
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Hi Britsman,

Jammer ek reply nou eers - sukkel om orde te skep hier in die plek na SATAWU strike, ver agter met aflewerings...

Krag toe voer op stoel is in. Stoel draai op genuine, regte, egte, splinternuwe, Toyota Hi-Ace voorwiel bearing en hub met break disk en al. Ek glo hy sal hou  ;) Sukkel net om die briek "caliper" in te bou in die beknopte spasie - my pikante vingertjies is nie dun genoeg nie. ;D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by britsman »

Hi Ambessa,
   
Ambessa wrote: Happy returns on Sunday.
Have many skuimkoppe of B&C or whatever is needed... but stay indoors.
Moenie worry nie -Ek sal nie uit die kraaines val nie
        Delta/Alpha/Nov/Kilo/Indi/Echo -Hoe ver is jy van die big 6 /Zero? -Of is jy klaar daar
    brittie
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Ambessa

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Ambessa »

Hallo Britsman

In 2011. Happy returns untill then.

Ambessa
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Jaco Bezuidenhout »

More Ben

Wa het jy die bakkie lat plak? Nr ook asb.

Grute

KKat
0836909823
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Dag manne, ek weet julle wag nou al lank vir hin reply op die skiet stoel projek. Dit is my voorreg vandag om aan julle die prototiepe model van die "fsenekal conversion" voor te stel. Jammer dit het solank gevat maar my program oor naweke is redelik bedrywig. Hier is hy dan nou... ;)

Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image

Jammer oor die swakkerige foto kwaliteit maar ek moes maar my selfoon gebruik aangesien my kamera op die plaas is en ek julle nie langer wou laat wag nie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Louis102 »

Freek

So 'n stoel verdien beter foto's!  Het hy al aksie gesien?  Ek soek so een vir my TV-Kamer - net vir ingeval Carte Blance waag om daardie program te herhaal!

Bravo!
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by tafjak »

Freek

Wat 'n pragtige stoel!  Die jakke gaan bars. Onthou net om die cd-speler en dimmer nie van dieselfde kragbron af te werk nie.

Voorspoed.

Taffie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Louis102 »

Freek

Ek weet nie of ek al die foto's gekry het nie, maar wat van ene waar jy in die stoel sit en aanl? - jy en die roer op hulle plek?  Verduidelik ook bietjie man - is daai ronde ding 'n giro (of wat noem 'n man die aparaat wat skeepskanonne en tenks se kanonne op teiken hou so in die ry?) of is dit 'n CD-speler?  Hoe werk jou kragbron - is in een van daai boksies 'n battery of trek jy dit van die kar se battery af?

Vertel man!
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Dankie vir die komplimente kerels, dit word waardeer. Louis, jy's reg wat die foto's aan betref mens kan nie baie mooi sien nie. Ek sal sodra my kammera weer terug is oordentlike foto's neem en plaas. Kom ek begin verduidelik, gaan my bes probeer om alles te cover maar ek mag 'n punt hier en daar mis. Help my maar reg as dit gebeur. Ek gebruik Tewis se roeper met draagbare CD speler om vlekkie in te lok.

1. Die stoel bout met 4 x 10mm boute agter op die bakkie se bak vas.

2. Daar is 'n aparte krag lyn wat deur getrek is van die bakkie se battery af met 'n 30A fuse. Op die bak is daar 'n Hella Female plug waaraan die hoof krag toevoer koppel. Op die stoel se basis (onder die voet ring) is daar ook 'n Hella Female plug wat die krag in die stoel invoer. Sodra die stoel agter op die bakkie gemonteer is gebruik jy 'n konneksie koord(met 2 hella male plugs) om die krag toevoer na die stoel te koppel.


3. Ek het maar gebruik gemaak van "altenator" slip ringe en borsels wat onder aan 'n Opel Astra se agterwiel "bearing" gemonteer is om die krag deur die roterende gedeelte van die stoel te voer. Bo-op die stoel is daar 4 x 12V kragpunte vir ligte (3xHella en 1x12V Lighter socket). So daar is genoeg plek om jou ligte aan te koppel. Dan is daar ook 'n CD speler "mounting" bo-op die skiet tafel (dit is nou die vlieende piering wat julle op die foto's sien.). Die een 12V Hella krag punt is tussen die voorste rifle rest en CD speler geplaas, om jou geweer lig aan te koppel. Die res van die kragpunte is aan die heel regterkantste/agterste gedeelte van die tafel geplaas, meer en deels om hand ligte en soek ligte aan te koppel.

4. Dan is daar die groot ronde ring 400mm onderkant die basis van die sitplek wat dien as jou voet rus en ook om die stoel te "menouver" (kan 360 grade in die rondte draai.) Ek het ook 'n voet briek in gebou vir indien 'n mens half teen 'n skuinste staan en die stoel redelik stremming op jou bene plaas om die "rig" stil te hou indien jy wil skiet. Jy plaas net jou regter voet op die briek en hy skop solied vas, dan kan jy beter konsentreer op die skoot.

5. Die sitplek en rug leuning kissings raak stewig aan mekaar om te verhoed so veel as moontlik dat die koue buite lug 'n man se niere negatief aantas. Dan het ek ook 'n CD en algemene houer aan die linkerkantste arm leuning aan gebring vir al daai goed wat moontlik in die pad kan wees tydens die jagtog.

6. Laaste maar nie die minste nie, mens kan die stoel gemaklik en gerieflik binne in jou eie huis voor die TV gebruik. Die voorste rifle rest kan gebruik word om die remote vas te hou en die ingeboude skinkbord en koffie beker houer kom handig te pas indien jy sommer daar wil eet en Carteblance kyk...  ;D My vrou wil natuurlik nie byt aan hierdie voorstel nie, kan dit net nie verstaan nie dit maak tog prakties sin. Ek sal vir haar ook 'n TV stoel bou met liefde, dan hoef ons nie te baklei nie... ;) :D

O ja voor ek vergeet, daai bekker/glas houer is eintlik daar geplaas om so bietjie warm maak goed vas te hou vir hierdie laaaang koue winters nagte.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Janjak »

Freek,
mooi man, daars nou n parmantige stoel. Hy moet net met bietjie jakkals bloed gesmeer word.
Wanneer gaan jy hom toets?

Dit lyk sommer of hy kan werk voor die tv, maak maar n voorstel dat jy die sitkamer gordyne sal vervang met canvas gordyne -dan pas alles mos. Miskien byt die vrou dan? ;)
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

LOL!!!!!! Janjak, wil jy nou dat ek saam met die jacrussel buite slaap. Nee man daai stoel gaan binne kort vir sy regte toets. Sal julle op hoogte hou.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Janjak »

Freek,
jy kan daai stoel diekant toe stuur dan toets ons hom vir jou. ;D
Ek het juis besef dat ek bietjie aan my stoel moet werk. Weet nog nie wat gedoen gaan word nie maar heel waarskynlik gaan ek my mikke sommer een aand tussen die jakkalse ingooi en n blad soos joune bou as ek by die huis kom. Hy bring nog sy kant maar dis ook mar net-net.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Janjak, jy moet leer om minder te sukkel... laat ek vir jou die stoel somaar reg bou van die begin af ;D

Dan kan jy nogsteeds konsentreer op die jagtery terwyl ek met die ysters sukkel. Sal jou nie 'n plaas se prys charge nie en ek waarborg jou hy werk bedonnerd. Dit is vinniger om op die ou einde van die dag net jou ou stoel af te haal en dan die nuwe op die bakkie te sit, as wat jy nou nog tyd wil mors om self die ding te loop staan en bou - glo my dit vat tyd. Nou-nou kry die jakkalse kans om aan te teel en te "gain" op jou terwyl jy tyd in die workshop mors met die gebouery... ;)

Ek oorweeg dit om my stoel te adverteer - het nogal gehook geraak toe ek die ding aan mekaar begin sit. Hoe lyk dit met die ander manne, sal julle belang stel in so 'n "rig"?
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Ja3 »

Sies man Freek

Jy soek nou net 'n verskoning om jou vrou se kar permanent buite te laat staan. :D
Freek wrote: Ek oorweeg dit om my stoel te adverteer - het nogal gehook geraak toe ek die ding aan mekaar begin sit. Hoe lyk dit met die ander manne, sal julle belang stel in so 'n "rig"?
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

JA3 jy het 'n baie belangrike punt beet wat ek alreeds oorweeg het. Jy sien in ons huis werk dit so, die hele huis behoort aan my vrou om te maak en te breek hoe en waar sy wil. Die eenigste plek waar ek toegelaat word om alleen tyd te kan deur bring is of in die garage voor my herlaai tafel of in die toilet waar ek gewoonlik my idees form, ek noem dit toilet oomblikke. My beste beplanning word daar gedoen, daar waar 'n man ontspan op sy eie sonder enige onderbrekings en baie diep kan dink. ;)

Ek gaan nie die stoele in my garage bou nie omrede spasie en geraas 'n probleem gaan veroorsaak. Ek het alreeds 'n werkswinkel op gelein waar ek die stoele gaan bou. Elke klient se stoel sal gebou word volgens sy eie ligaams bou, afmeetings, ens. en ek kan ook verstelbare komponente in bou indien die klient dit so verkies. Julle moet net praat as julle een soek en ek slaan hom aanmekaar soos jy hom soek. Dit is 'n unieke stukie toerusting wat baie handig te pas kom tydens die jagtog en daarom is dit belangrik dat hy reg ontwerp en stewig aan mekaar gesit word. Kwaliteit vakmanskap, van die beste gehalte, sal aan die orde van die dag wees.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Ja3 »

Het jy die stoel al probeer Freek?
Sien die maan raak nou vinning lig.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Ja3 ek het hom Saterdag aand hier naby Heidelberg probeer. Alles werk 100% soos wat ek beplan het, hy sit gemaklik (was so 4 ure in die veld), ligte skyn sonder dat krag verloor word wanneer die stoel 360 grade in die rondte draai, en man kan ek nou vir jou vertel daai koffie beker houer is 'n wenner. Die voetbriek doen sy werk baie goed, het half teen 'n skuinste parkeer en hy hou die stoel mooi stil. Die koffie fles pas 100% in die houer wat op die linkerkanste arm leuning aan geheg is. Enigste probleem is die jakkies wou nie saam speel nie, hulle het geantwoord maar wou nie inkom nie. Buite temperatuur het gelees -3.

Het toe Sondag op die skietbaan gedraai en 'n hele paar skote uit die stoel geskiet,  ek kan myself skop dat ek nie vroer die ding aangeskaf het nie :D ;D Die bakkie word geparkeer en 'n man begin skiet, ek is baie tevrede met die resultate tot dusver.

Ek en Michiel aka Mountainman gaan vir 'n hele week bosveld toe dan gaan ons die stoel op 'n paar wildboere se plase toets. Ons is baie opgewonde om te sien waarna toe hy instaat is aangesien ons hom deur 'n strawwe toets gaan plaas.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Louis102 »

Freek wrote: Ons is baie opgewonde om te sien waarna toe hy instaat is aangesien ons hom deur 'n strawwe toets gaan plaas.
Freek

Klink vir my of daai stoel 'n veiligheids gordel nodig het!  Geniet dit.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Ja3 »

Freek

Bly om dit te hoor. Man, daai fleshouer is nou wraggies oulik.
Jy kan altyd die groter baseplate vassweis en dieselfde gate gebruik, die wyer deursnee sal dan goed werk as 'n support op die oppervlak. ..ook vir die strawwe toets
sterkte en geniet
Ja3
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Dankie manne vir die komplimente en raad. Sal julle op hoogte hou van hoe dinge vorder.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Ja3 »

Hello Almal

Ek het vandag op 'n baie oulike kamoeflering afgekom vir 'n bakkie. Die skakering kom van 'n foto wat geneem is, is vergroot en siedaar.
Het vandag by greyhound 'n draai gemaak en hy's ook nuut op die forum.
Hy's "gerig" om dit ook met honde te doen, en laat ek nou vir julle s? hy't wraggies 'n wenresep wat 'n absolute nis vervul.
Ek het die bakkie deurgekyk. Daar's "gas-assisted" deure wat oopswaai met 'n trek van 'n stang aan albei kante vd bakkie.
Hierdie tegniek kom weer die by wat nie altyd so maklik is nie, en vul definitief 'n leemte. Daar word normaalweg geroep, en i.p.v 'n sneller, trek jy 'n stang,
en daar gat hulle. Alles is 'n kompromie, maar ten minste is dit weer 'n tegniek wat die kombinasie van jag verbreed.
Welkom Greyhound! Ek pos sommer die foto vir jou.
Image
Last edited by Ja3 on Fri Sep 04, 2009 1:25 pm, edited 1 time in total.
Ambessa

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Ambessa »

Hallo Ja3
Ja3 wrote:Ek het vandag op 'n baie oulike kamoeflering afgekom vir 'n bakkie. Die skakering kom van 'n foto wat geneem is, is vergroot en siedaar!
Dit lyk sommer bakgat.
Nog altyd vermoed heelwat ouens op hierdie forum het hul eintlike roeping gemis... ...Vele talente sou ek meen...

Ambessa
Post Reply