Lig op die geweer of op die stoel

User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Lig op die geweer of op die stoel

Post by Kopskoot 1 WP »

Hi Almal

Ek was vir 'n tyd nie aktief betrokke by die forum aangesien ek baie gevra en min gedoen het,  het toe onderneem dat ek eers weer sal betrokke raak sodra ek my eerste jakkals geskiet het,  wel dit het die naweek gebeur en ek het met my tuisgemaakte caller en eie onstabiele stoel daarin kon slaag om 'n nuuskierige teef op 100m te skiet,  nou is ek gehook.  Vinnig my tekortkominge,  stoel het geraas as dit draai,reeds besig met nuwe ontwerp,  het tweede aand op ander plek geroep en o? het saam ingekom,  een paar groen en ander geelerig,  hulle was egter ver en teen 'n randjie en toe ek lig het hulle skaam-skaam op die rand van die ligstraal aanhou by my verby beweeg,  ek kon hulle nie identifiseer en kon dus nie skiet.  Die begin nou vir my  -  ek gebruik 'n 15 000 000 -hahaha los lig met 'n rooi filter en 'n klein cesna landing light sealed beam wat op my stoel gemonteer is,  laasgenoemde skyn ok naby,  maar doen niks op 200m nie, die groot lig skyn goed,  maar is swaar.  Ek bly nie in 'n omgewing waar 'n klomp van ons bymekaar uitkom soos ek in sekere van julle gesprekke aflei wel die geval is nie en kan dus nie prakties my ligte met 'n Lifgtforce van 'n p?l vergelyk nie.  Raad,  het enige van julle ondervinding van die 15mil lig wat ek gebruik,  indien wel,  is dit voldoende?  Dis een van die herlaaibare goed wat jy by camping winkels koop

Gaan 'n lightforce 'n groot verskil maak indien enige en indien jul wel so dink,  wat koop ek 170 vir bo-op geweer of 'n 240 vir die stoel?

Caller,  my caller is baie beperk en die cd het begin skip,  ek het afgesien van die idee van 2-rigting radios modify op jou advies,  jy het aangedui dat jy vir my 'n plan het,  ek weet redelik hoe om 'n soldeerbout te hanteer,  maar het ook beperkinge in die verband,  laat weet asb as jy raad het,  ek dink ek moet vir eers een probeer saamvlans en eerder 'n goeie lig koop en 'n mp3 gebruik in plaas van die cd speler.  Weet iemand wat 'n Tewis kos,  ek wil nie graag nou 'n Foxpro en 'n lig koop nie,  daar is te veel ander gate om te stop. 

Enige opbouende raad sal opreg waardeer word.

Groete

KS1WP 
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! ;D
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Yalair »

KS1WP
Met lightforce kan jy nie verkeerd gaan nie, selfs die 140 wen enige ander lig ek gebruik die 240 op my stoel gemonteer, hier is foto van mounting bracket. Anders gebruik ek 170 op my teleskoop. Jy kan gerus ook in 'n dimmer bele, wil amper se jy moet dit he. Met roeper moet jy maar uithaal en wys en 'n ordentlike een koop. gooi daai stoel dadelik weg en kry een wat nie raas nie, jou sukses sal baie verbeter. Geluk met jou jakkie en hou so aan

Ben

Image
Image
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Janjak »

Ben,
wat se grein skiet daai pyp? ;D
Ek het n 50 kaliber A-max punt van 750gr en ek dink hy gaan "wabble" deur daai geweer.

vertel bietjie wat werk waar op jou stoel?
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Louis102 »

KS1WP

Sit 'n Lightforce 170 op jou scope, stel hom reg en pas hom op - dan is jy klaar gekoop.  Speel met die diepte wat jy die gloeilampie indruk sowel as die diepte wat jy die "reflektor" indraai.  Maak ook seker jou bedrading/kraglewering is 100% - meet die krag wat by jou lig gelewer word.  Dun twinflex draadjies werk nie.  Die verstelling op die lig en goeie bedrading maak die w?reld se verskil.  Die groot lig is puik - ek het een maar verkies die nogtans die 170 op my scope.  As hy reg is lig hy 'n hond (of is dit nou 'n jakkals?) uit 'n bos uit.  'n Dimmer is in my opinie noodsaaklik.  Gebruik die rooi lens vir 'n asbak soos Sir T s?  ;)

Anders kan jy eerder na die slimmer manne luister.  Wat ook al jou besluit - geniet dit!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Kopskoot 1 WP »

Dankie Ben,  Janjak en Louis102

Point taken,  170 op die scope,  sal die groot lig dan maar op die stoel mount,  as daar 'n dimmer op die scopelig moet kom,  aanvaar ek dieselfde geld vir die stoellig.  Ek hoor ook die asbak ding Louis en moet s? dat ek beter sien in die witlig,  maar ek is bereid om na alle raad te luister in die verband.  Sien Lightforce verkoop ook 'n dimmer,  daar is dus 'n keuse op die stadium,  Tewis dimmer,  Bloemfontein dimmer en die lightforce,  oj'a,  ek het 2 Landrovers so een van my beste vrinne het 'n scrapyard (moet asb net nie nou 'n Landy ding begin nie,  my ander gear is nou vir eers belangriker),  ek het ook die Mazda 323 besigheid se dimmer iewers raakgelees,  so dit is ook 'n opsie.

Nou vir die caller,  ek was al by waar 'n Foxpro deur 'n leek gebruik is,  die ding werk goed, (die foxpro),  net die prys pla op die stadium, ek vertrou nog dat daar iewers 'n alternatief van een van die ou hande sal vorendag kom, ek sal graag self wil aanmekaarsit,  maar staar my nie blind teen die nie. 

Die stoel gaan ek self bou, ek oorweeg twee van daardie goeters wat soos bearings lyk met ore aan,  dink mens noem dit pillow-blocks of so iets.  Ek sal vra soos ek vorder en prentjies wys as daar iets aan die gang is.  Hier is 'n knaap op ons dorp wat met sulke snaakse o? na my oudste dogter kyk wie gister sy oom se auto electrician plek oorgeneem het.  Ek is seker dat die slipring besigheid dus nie 'n te groot issue kan wees nie. 

Ek hou van die pypraam idee en twee goed voor aan wat lyk soos daardie swingarms waarop jy jou landrover se spaarwiel aan die tailgate laat uitswaai,  waarop ek die rus vir die geweer wil monteer, ek sal die presiese werking daarvan nog probeer uit figure. 

Goed,  dit nou eers genoeg van my kant.  Dankie vir jul hulp sov?r.  Laaste gedagte,  moet s? dat ek kan sien dat die besigheid verslawend kan raak,  ek sien keer op keer daardie eerste beweging van my eerste jak in die lig,  die skuinsdraai,  die skielike hartklop toe ek positief die teiken in die kruishaar identifiseer,  die skoot en die raakplof.  O'ja,  vergeet om te noem dat my vrou en buurvrou saam was en plat voor my op die grond gesit het.  Die compensator op die 30-odd was net mooi bo hul koppe toe die skoot klap en ek kon hulle nie waarsku nie.  Al wat buurvrou kon uiter was:"black-sam!" en my vrou wie van babatjie dae nie vleis eet nie, wou weet of dit raak was.

Groete

KS1WP 
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! ;D
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Ja3 »

Ben
Ek wou nounet ook so opmerking maak.
Jy kan altyd ligfakkels skiet deur daai pyp as die lig nie daarop is nie. ;)
Hy lyk ook seker baie dikker op die foto ne..
Janjak wrote: Ben,
wat se grein skiet daai pyp? ;D
Ek het n 50 kaliber A-max punt van 750gr en ek dink hy gaan "wabble" deur daai geweer.

vertel bietjie wat werk waar op jou stoel?
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by britsman »

Naand KS1WP,
             
                  Ek weet nie van die ander ouens maar bly weg van die Lightforce dimmer....... myna het na 'n maand opgepak en Kloppers het dit weg gestuur ..... maar weer foutief.

        groete,
                      brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Yalair »

Janjak/Ja3
Gewone 20 mm gatemake tubing met die mounting vir lig wat op scope kom op, werk lekker en is uit die pad uit as lig daarop is, partykeer is die lig op scope innie pad. Al ander verandering op my stoel s ek het net 'n 20mm flatbar op die pyp naby my linkerhand gesweis om die dimmer op te sit, nou is als byderhand.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Mac »

Brits,

My first lightforce dimmer worked for 2 years before the switch packed up, I then ordered another, and have been using this one for just under 2 years now, so am waiting with bated breath.

KS1WP,

Allan Truter verkoop n' ordentlike dimmer, en sy prys is meer as billik, gee hom n' pm of bel hom, sy nommers is in die advertensie thread. Ek wil jou nou nie onnodig gaan staan en geld kos nie, maar ek het al twee stoele vir myself gebou, en gister het ek by Allan n' stoel gaan afhaal wat ek by hom bestel het nadat ek een van syne by Kruger gesien het. Ek sal nie daardie stoel kan bou vir die geld wat dit my gekos het nie, om nie eers te praat van die tyd nie. ek kan hierdie stoele nie genoeg prys nie, en die gehalte van die werk self is uitstekend.

Cheers,

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by britsman »

Graham,
          You must be icthing to use that stool for the jakkies. Did Allan build a possie on the stool for your GSP? :D : :D

  Almal
        Hoe kry julle LF geweer gemoteerde lig in focus met die scope te bly? Moet julle elke keer re focus as 'n jak in kom?
         
              brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Mac »

Brits,

I am only hunting jackal again on the 14th, so I will have to be patient. As for the light, the mounting bracket is solidly mounted on the scope, and the light slots into the bracket, so you in essence have a fixed mounting for the light. On the first cast of the night, check that your scope and light are looking at the same point, (+/- 100yds) and then forget about it, you almost never have to adjust.

Regards,

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Kopskoot 1 WP »

Hi Graham en Brits

Ek sal jul raad volg oor die light force dimmer.  Graham,  ek sal graag die Allen stoel wil koop,  maar ek sal moet prioritiseer.  Op die stadium is die caller en waarskynlik die lig vir my die belangrikste,  ek kan steeds my bestaande stoel bietjie lube dat hy nie raas nie,  maar ek kan nie heelnag in die koue sit en my klank en lig speel op nie.  Ek moet jul s? dat ek klaar is met 'n cd speler,  ek sal graag 'n caller wil koop wat klank op die caller het of ten minste met 'n mp3 werk.  Ek sal maar kyk wat die aand oplewer.  Is jou callers al gereed,  indien nie,  weet iemand wat 'n Tewis kos,  dit wil my voorkom asof daar redelik baie is wie daarvan met sukses gebruik maak,  maar as ek dit reg het werk joune soos die foxpro en syne met 'n remote mp3,  is dit so?

Groete

KS1WP
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! ;D
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Louis102 »

Kopskoot

Soos jou naam s? het jy die skoot lekker hoog deur, n??  En die pret begin nou eers!

Ek s?, bou jou eie stoel!  Die planne maak, bou proses en eindresultaat gee groot satisfaksie.  Dit is nou as jy so iets geniet.  Ek het my stoel self gebou en veruil hom nie maklik nie.  Hy pas my soos 'n handskoen - al wat spyt is oor my stoel, is my vrou en die jakkalse.  Ek sien minder van beide, my vrou omdat ek te veel jag en die jakkalse omdat hulle begin opraak. ;) :D  As die bou proses nie pret is nie, koop 'n stoel waarvan jy hou.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by MEERKAT »

Kopskoot

Hier by ons is 'n Tewis met mp3 beskikbaar indien jy belangstel.
Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Kopskoot 1 WP »

Louis

Ek neem jou raad vir eers tot ek moontlik in die nabye toekoms bietjie van die "aan my van my" geskenke betaal het,  dan kan ek dalk 'n Allen-stoel aanskaf.  Ek het Freek se stoel projek noukeurig en met belangstelling gevolg,  bietjie na myne gekyk,  gisterand veral.  Ek moet net sy swaai meganisme uitsorteer dat hy stil en bietjie meer stabiel is,  ek dink die pillow bearings? kan die ding doen,  dan my meganisme verfyn waarop my geweer tans rus,  dat hy ook op en af kan stel vir as mens in hoogtes skiet, dan dink ek kan ek weer 'n ent gaan,  dankie vir die bemoedeging,  die skoot is erg hoog deur.

Meerkat,  ek weet nie lekker hoe die kontak tussen lede werk nie met pm en sulke goed,  laat my weet oor die Tewis op manier wat vir jou gemaklik is en wat julle wil h? daarvoor en waar julle is.  Ek stel belang.

Groete

KS1WP   
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! ;D
tafjak

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by tafjak »

Graham

Laat iemand vir jou 'n tockle switch insit en dan werk hy vir 5jaar.

Taffie
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Mac »

Thanks Taffie,

Ek het dit met die eerste een probeer, maar dan is hy nie waterdig nie, het toe n' short veroorsaak, en die hele pc board gekook, ek het een wat ek self gebou het as n' spaar, maar as my huidege LF dimmer kalf, kry ek maar een by Allan, hy se as syne kalf, vervang hy hom onmiddelik vir jou. Kannie n' beter deal as dit kry nie reken ek.

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Izak H »

Naand Kopskoot,
Ek sal m?re `n paar foto`s van my stoel neem en vir jou stuur. Ek het hom ook self gebou nadat ek Heinrich se stoel gesien het. Ek gelukkig taamlik afval yster op die plaas gehad, daarom het hy my minder as R1000 gekos. Hy hou nou al meer as 3 jaar en werk nog goed, so met die tyd het ek hom aangepas met die grinder en welder soos wat nuwe idees in my kop opkom.
Wat die res vas die toerusting betref wil ek net die volgende beaam, mp3 werk goed saam met my "Tewis" model soos jy dit noem, dimmer `n moet(Tewis of Allan), ekstra gloeilampies(hy groet op onmoontlike plekke en tye), en warm klere(genoeg).
Izak H
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Izak H »

Hi Graham,
Fasten the bottom screw of the light-bracket properly. Every time I go out I set the light by looking at the remote, put the crosshair on the reflector tape(if you have a piece on your speaker) and look along the side to see if the speaker is in the middle of the light. If the bottom screw is fastened properly you only check to confirm not to set.
Izak H
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Kopskoot 1 WP »

Hallo Izak

Ek sal die fotos waardeer en neem kennis van die Tewis,  dit lyk my of heelwat van die manne die toerusting van hom gebruik as 'n caller.  Ek wag net op 'n antwoord van Meerkat want hulle het skynbaar een.  Ek is redelik angstig want my tyd raak min aangesien ek oor twee weke weer bietjie plaas toe wil/kan gaan en dan moet die toerusting verkieslik in plek en reeds ge trail-run wees. 

Groete

KS1WP
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! ;D
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Janjak »

KS1WP
kyk by jou "My Messages"

Jannie
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Izak H »

Hi KS1WP

Image

Die eerste foto: stoel van agter. Kragbron agter onder stoel met `n kragdraad na die Dimmer links van die geweer, regs bo is die Transmitter met kabeltjie af na die MP3 op regter armleuning. Bo-op die transmitter antenna het ek `n stukkie lint vir vlaggie/wind rigting.

Image

2de foto: Ek het die voorste hub van `n ou bakkie gebruik vir `n draai punt, net 2 nuwe tapper bearings in gesit. Die battery rak kan jy ook beter sien.

Image Image

3de foto: Geweer raam, ek maak die geweer met `n 40mm velcro strap vas, voor onder die teleskoop. Die dimmer is by my linkerhand.
4de foto: Die `skarnier`, die 2 vertikale boute(16mm) laat die gweer vorentoe en agtertoe beweeg, die horisontale bout (onder die geweer) laat die geweer op en af beweeg. Die horisontale bout is op die vertikale een se kop vasgesweis. Daarom kan ek so met die geweer vas in die raam skiet.
Izak H
Last edited by Izak H on Mon Jul 06, 2009 10:00 am, edited 1 time in total.
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Kopskoot 1 WP »

Dankie vir daardie fotos,  ek gebruik van jou idees,  ek kan vir jou 'n Stormers vlaggie stuur vir bo-op die stoel,  hier l? deesdae baie van die goed rond ;D.  Hoe vind jy daardie 10x Lynx wat op die roer is,  ek het my oog redelik op so een,  sou graag die 20x wou aanskaf,  maar hy is dubbel die prys.  Ek bewe deesdae elk geval ook so dat iets groter as 10x vir my gevaarlik raak.

Groete

KS1 WP
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! ;D
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by britsman »

Almal,
      Ek is besig om my quad te op knap as 'n Jag Rig, wat 'n skiet raam, groot 12v batt, gemonteerde swivel Light Force ens.Ek soek nou 'n sterk koplig wat ek van die groot battery,  of 'n draagbare een, as ek weg van die quad is.
        Weet iemand wie so 'n koplig maak en waar ek een in die hande kan kry? 

        Dankie,
                    brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Lig op die geweer of op die stoel

Post by Mac »

Brits,

I have a light that I use to collect dead jackal, it has a mount that clips over a 25mm scope tube, and runs on a 12v m/cycle battery in a sling holster. There is a box somewhere that it came in. I will try to find it. I also use it at night on my .22 to shoot monkeys. it works great. My brother bought it in some gun shop, but we will now never know where. Maybe if you scratch on the net you can find it. Effective range is about 120 - 150 yds.

Cheers,

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Post Reply