bees steak

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

bees steak

Post by Francois Briedenhann »

Mense eks nou raad op ek wil lekker bees steaks maak en het al yt gevra oor dit en die meeste mense se ek moet hom laat le tot hy begin mif!!??kan julle my help vir n lekker stukkie steak om op die kole te sit?
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: bees steak

Post by Christo Els »

Steak hoeja

Francois 'n lekker steak word gemaak.
Ek persoonlik hou van 'n steak wat so 2 tot 2 en 'n half weke lang hang in 'n koel plek hang. Dit is nou 'n bees se hele t-bone steak.

Dan syn 'n man hulle so 'n duim na 'n duim en 'n half dik.
Gaarmaak : baie warm kole of gasplaat en net met sout en pepper.

meduim tot rare en hy loop dan soos stroop.
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
Danie Lombard .243

Re: bees steak

Post by Danie Lombard .243 »

Heel eerste vereiste vir lekker steak is die graad van die vleis, en dan natuurlik moet dit 'n kalm en rustige bees gewees het voor hy geslag is. Nie rondgejaag en wild op 'n lorrie gery is nie.

A3 en A4 is sommer lekker steak. Lekkerste vleis wat ek al geeet het was Angus, Sussex en Bonsmara. Hereford was nie vir my lekker nie. Eenjaar 'n vreeslike vet spierwit baie swaar karkas Bhraman koei geslag, was 'n C6 of dalk C7 vet gewees,  daai antie se vleis was soos botter sag gewees.

Net soos Christo se, rypmaak is ook 'n geheim met steak, tussen 3 en 6 grade in 'n koel kamer, yskas, so heel stukke as moontlik, nie gesny of gesaag nie, die hele rump, sirloin, T bone of fillet.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: bees steak

Post by BLOK »

Net sommer vir interresantheid as jy gevriesde steak braai moet hom nie eers ontdooi nie braai hom net so gevries. As hy klaar ontdooi is le al die bloed sappigheid en geur onder in die bord en is jou vleis gewoonlik droog. Seel n gevriesde steak vinnig aan altwee kante op die plaat of kole en braai hom dan soos gewoonlik om al die geur en lekker in te hou.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
HUNTER
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm

Re: bees steak

Post by HUNTER »

FRANCOIS,

TEN EERSTE GLO EK AN 'N VET STEAK, MAER=TAAI. Ek stem saam met die ryp maak, ek vekies net 3 dae, naby 1" dik gesny. Dan doen ek die volgende: Kry die poeiermengsel: 6 gun grill sauce, meng +/- 1 eetlepel poeier per steak met gewone kookolie, genoeg om jou steaks te bedek wanneer jy dit inle. Daarby meng ek Worcestersous, Peper en klein bietjie sout want poeier het reeds sout in maar na my smaak te min en so eetlepel knoffelflokkies en so tripple tot skoon Brandewyn. Meng alles goed en die inlesous behoort so dikkerig te wees. Vat 'n lekker groot plat bak en gooi bietjie van jou sousmengsel onder in en pak jou 1ste laag steak, meng sous en gooi bo-oor.  Tussen en bo-oor elke steak gooi jy sous. laat staan vir 24h00 en dan braai jy jou steak wat jy elke nou en dan kwas met die sous wat in die bak agter bly. Die kole moet warm wees en die brandewyn in die sous sal maak dat hy so bietjie vlam moet nie laat die vlam te lank brand nie want dan raak dit bitter, braai gaar soos jy van jou steak hou en enige steakhouse se M@ER.

Groete en lekker eet

Hunter
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: bees steak

Post by Hugov »

Magtig raak ek nou lus vir so vet steak!!!!
Dit is darm nooit te vroeg vir n braai nie  ;D
Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
grumpy

Re: bees steak

Post by grumpy »

En wanneer drink jy die sous met die brandewyn? Jy kan dit mos nie mors!  ;D
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: bees steak

Post by Christo »

HUNTER wrote: 6 gun grill SPICE
Die heel beste spice wat nog gemaak is vir alles.

Nog iets - Chicken spice is great steak spice
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
HUNTER
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm

Re: bees steak

Post by HUNTER »

Grumpy

Na jy die tripple in die sous gegooi het gesels jy maar verder met die res van die bottel. Net nie oordoen nie anders sal dit in elk geval nie saakmaak wat of hoe jy dit braai nie.

Groete

Hunter
grumpy

Re: bees steak

Post by grumpy »

Mooi man! Kan net lekker wees om so te sit en politiek te gesels met die ou steakie!
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: bees steak

Post by Christo Els »

Die probleem van steaks oor die algemeen is dat mense dit te gaar maak of droog braai.

Steak moet vinnig gese?l raak op baie baie kole en die steak moet die kole net net nie raak nie.
Die steak moet vinnig so geseel raak en dan so een of twee om gedraai word dit is nou 'n steak wat 'n duim dik is

Ek oersoonlik is nie 'n man vir souse en marinades nie, want dit laat die vleis gewoonlik melerig proe/smaak. So sleg
sout en pepper as hy klaar gebraai is.

oo ja eet hom dadelik as hy van die rooster afkom anders l? en stoom hy en alles is tot niet.


eK IS 'N STEAK LIEFHEBBER
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: bees steak

Post by Problem Animal Control »

Manne
Net gou my 2c ook ingooi,die lekkerste wat ek al n steak gebraai het is as volg: 3-4kg A-graad heel rump gevacume pack,laat hom vir so drie tot vier dae onder in die yskas. Draai hom so dikwels as moontlik sodat die bloed nie op een plek onder vir te lank le nie.Na jou rypmaak haal jy vir hom uit sy plastiek en droog hom af,dan smeer jy hom met olyfolie en gooi medium growwe- of seesout en gemaalde swart peper op en sny die buite kant sulke blokkies soos n rib. Sit nou daai heel stuk steak in n weber met kole op die kante(nie reg onder die vleis nie). Draai hom elke 20min om en toets na so n uur en n driekwart met n mes wat jy in die middel in steek sodat die punt amper in die middel van die vleis eindig,los die mes daar vir presies n minuut en trek hom uit,raak dan met die mes se punt vinnig aan jou lip,as hy jou brand haal die steak af en laat vir omtrent 5 minute "rus" teen kamertemperatuur. Sny hom skywe en eet jou vingers af,binne in die middel sal hy so lig pienk wees(nie rou vleis kleur nie) en gaar. Dit wat oorbly as jy dit kan regkry om oor te los gaan goed af op n toebie of as n midnight snack.
Geniet hom
PAC
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
Post Reply