9.3x62 Revolusie

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by DWB »

Skier wrote:Limpopo vlakvark - FN 9.3
Aitsa! Bly om te sien jy leef nog :) :)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by DWB »

Flip nel wrote:Gelukkig gewees om gister weer 'n grote te skiet 447 kg uitgeslag.
Genade Flip! Monster!

Ek moet my 9.3 nou ingewy kry!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Landcruiserman
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Wed Sep 07, 2016 3:39 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Landcruiserman »

So ek is nou ook deel van die familie! - Nogal my eerste lang geweer! Het so twee jaar gelede skietkoors gekry by 'n geweerwinkel en 'n Fabarm take-down gekoop waarvan een van die lope in 9.3x62 is. Kaartjie het na lang gespook uiteindelik gekom en ek het gehoop om nog hierdie seisoen in die jagveld te gaan draai met hom. Rail is nou al gemonteer, moet nou nog op die scope besluit en dan kan ek laat waai!

Het baie goeie goed gehoor so sien groot uit daarna om hom teen die skouer te he!
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2488
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Flip Nel »

Landcruiserman wrote:So ek is nou ook deel van die familie! - Nogal my eerste lang geweer! Het so twee jaar gelede skietkoors gekry by 'n geweerwinkel en 'n Fabarm take-down gekoop waarvan een van die lope in 9.3x62 is. Kaartjie het na lang gespook uiteindelik gekom en ek het gehoop om nog hierdie seisoen in die jagveld te gaan draai met hom. Rail is nou al gemonteer, moet nou nog op die scope besluit en dan kan ek laat waai!

Het baie goeie goed gehoor so sien groot uit daarna om hom teen die skouer te he!
Baie Geluk, welkom tot die bende
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Apie »

Lekker manne!

Monster Eland daai!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Skier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Skier »

DWB wrote:
Skier wrote:Limpopo vlakvark - FN 9.3
Aitsa! Bly om te sien jy leef nog :) :)
Yep Deon, sal bietjie meer gereeld inloer die kant!
Boomstomp
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Boomstomp »

Ekt self so 2 weke terug weer bloed getrek met myne... (op so 185m)

https://i.imgur.com/7BB0Fzt.jpg


geniet my CZ Fullstock verskriklik! Al nadeel is met die 20.5" loop kry ek maar so 2365vps met 250gr Barnes TTSX'e... bokke kla egter nog nie
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2488
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Flip Nel »

Boomstomp wrote:Ekt self so 2 weke terug weer bloed getrek met myne... (op so 185m)

https://i.imgur.com/7BB0Fzt.jpg


geniet my CZ Fullstock verskriklik! Al nadeel is met die 20.5" loop kry ek maar so 2365vps met 250gr Barnes TTSX'e... bokke kla egter nog nie
Nice baie geluk
User avatar
OomMatt
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by OomMatt »

Goeie Dag

Ek sien S & O het Norma Oryx 325gr vir die 9.3 en hoor Wildman het ook nou
Het iemand al dit probeer en wat was die resultate.

Soos julle weet het ek 320gr getoets met ons kruit , soos ook ander manne , en die druk was maar aan die hoe kant.
Nou wonder ek nou maar net , net nuuskierig , met die Yankies se kruit hoe vaar die 325gr
Ek wil dit graag probeer maar luister eers op die radio
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Wouter Roets »

Hallo Matt

Wat sal die rede wees hoekom n mens so n swaar vir kaliber koeel wil gebruik? Penetrasie was nog nooit n probleem by die 9,3 nie. n Groter wondkanaal ja, maar n mens kort genoegsame spoed om dit te verkry wat ek twyfel of dit enigsins moontlik gaan wees in die 9,3x62. Hierdie koeel is dalk heel moontlik vervaardig met die 9,3x66 en 9,3x64 ingedagte wat wel die nodige spoed sal kan genereer. In my oe is n mens nog steeds beter af met 286 of 293gr koeel in die ou staatmaker.

Groetnis
Wouter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by tripodmvr »

Baie veilige spoed wat bereik kan word is in die orde van 2200vps en S355, S341, 203B en URP is almal bruikbaar en drukke van 47-51K is moontlik. Sekerlik goeie buffelmedisyne.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Hennie Oelofse »

Stem saam met Wouter. Ek is deur daai oefening. Het so 3 jaar terug 325gr oryx punte gelaai en n Zebra daarmee gejag. Die "expansion" van die punt was minder as die 285gr Oryx, die penetrasie was ook swakker as wat ek al gesien het met die 285gr Oryx. Dit sal wees as gevolg van die stadige spoed. As ek reg kan onthou het ek net onder 2100 fps gekry. Ek vermoed die 325gr punt is bedoel vir die 9.3x64 & 9.3x66 soos Wouter genoem het.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Wouter Roets »

Dankie vir die terugvoer Hennie. Jy beaam wat my vermoede was.
User avatar
OomMatt
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by OomMatt »

Hennie Oelofse wrote: Fri Feb 28, 2020 11:29 am Stem saam met Wouter. Ek is deur daai oefening. Het so 3 jaar terug 325gr oryx punte gelaai en n Zebra daarmee gejag. Die "expansion" van die punt was minder as die 285gr Oryx, die penetrasie was ook swakker as wat ek al gesien het met die 285gr Oryx. Dit sal wees as gevolg van die stadige spoed. As ek reg kan onthou het ek net onder 2100 fps gekry. Ek vermoed die 325gr punt is bedoel vir die 9.3x64 & 9.3x66 soos Wouter genoem het.
Dit is presies die soort terugvoer wat ek voor gewag het met opinies.
Dankie manne , ek bedoel dit.
Ja Wouter , het al baie diere gejag met 250gr TSX en dit is wat ek tans gebruik en by sal bly vir algemene jag (nog so 350 oor), het ook lank 286gr gebruik , en ook vir Kobus van Rhino gevra om vir my 270gr te maak wat ek getoets het wat baie mooi werk.
Ek het my Buffel met die 270gr Rhino's met sukses en sonder sukkel laat val.
Beplan weer Buffel hier na die einde van die jaar toe , as alles goed verloop , maar soos ek in my draad gese het "ek is nuuskierig". Wil graag iets roer met die koeels. Het nog 320gr Woodleigh's oor van vorige toetse wat ek nog eendag wil gebruik.
As die verveeltheid my beet bak dink ek al die snert uit , en hou daarvan om toetse en eksperimente te doen. As jy dit nie probeer nie , hoe gaan jy leer.
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Wouter Roets »

Mat

Geen probleem om met nuwe dinge te eksperimenteer nie, as dit tog nie daarvoor was nie sou verbetering en vordering nooit die orde van die dag gewees het nie. My skrywe het absoluut gegaan oor wat die rede daavoor sou wees met betrekking tot die aanspreking van n ervaarde probleem of tekortkoming in die kaliber. Verder wou ek ook net uitwys dat die spesifieke koeels moontlik nie die spesifieke rondte in gedate gehad het met sy ontwikkeling nie. Hennie het ook nou sy ondervinding gedeel en die wyse man leer tog nog altyd uit ander se ondervindinge, nie waar nie?

Groetnis
Wouter
Desperatezulu
Full Member
Full Member
Posts: 189
Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Desperatezulu »

The 320/325gr are intended for the 360 nitro express.

I have also experimented with the 320gr Woodleighs - velocity is low though. Accuracy was fine.
As Wouter pointed out, if the 286gr penetrates just fine, what does the 320 offer over and above?
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Hennie Oelofse »

Net n plesier oom Matt.

Ek het self nou al n bietjie navorsing gedoen oor die beste punte vir 9.3x62. Daar is al n hele paar studies gedoen daaroor deur n paar ouens. Dit blyk vir my asof die beste twee keuses vir groot wild, soos Kameelperde, Elande, buffels ens is die barnes TSX en Swift a frame 286gr. Die Swift A Frame is in my opinie en ook in die studies wat ek nou al gesien het die beter van die twee. Teen 2400fps gaan jy nie beter 9.3x62 buffel medisyne kry nie.

Laat weet my of oom die studie informasie soek, ek is seker ek kan dit iewers uitkrap.

Groete,

Hennie
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Apie »

My 9.3 is my eerste roer wat ek vat as ek jagveld toe glip!

Dinsdag oggend gou kans gehad om bietjie in die veld te wees.

Al wat ek kan sê is dat bosveldjag nie jou maat in die somer na goeie reëns is nie!

Kon hierdie lekker vet koei na so uur en ‘n half in die veld en so 30minute se bekruip klits.

9.3x62
286gr Rhino
Skootafstand 26tree
Hartskoot
Sy het net 13tree gevorder...

Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2488
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Flip Nel »

Apie wrote:My 9.3 is my eerste roer wat ek vat as ek jagveld toe glip!

Dinsdag oggend gou kans gehad om bietjie in die veld te wees.

Al wat ek kan sê is dat bosveldjag nie jou maat in die somer na goeie reëns is nie!

Kon hierdie lekker vet koei na so uur en ‘n half in die veld en so 30minute se bekruip klits.

9.3x62
286gr Rhino
Skootafstand 26tree
Hartskoot
Sy het net 13tree gevorder...

Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
Mooi bees baie geluk

Sent from my SM-G610F using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by DWB »

Lekker! My Mauser moet nog bloed trek!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Johan Nel »

DWB wrote: Sun Mar 01, 2020 7:33 pm Lekker! My Mauser moet nog bloed trek!
Jy kyk te veel in die .404 se oë!... O0
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by DWB »

Ek kan dit nie eers as 'n verskoning gebruik nie!!!!!!!!! Het al die Mauser bos toe gehad, maar bietjie gestoei met die oop visier, maar dit bly lekker!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
OomMatt
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by OomMatt »

Dankie Wouter / Hennie & Apie

Apie , soos my seuns se as ons veld toe gaan en ek vat die 9.3 dan kom die woorde " Daar kom die , Pa vat al weer die 9.3"

- ***** Vir die manne wat 300gr Rhino's getoets het , kan ons by julle hoor en julle opinies kry en n bietjie meer op ruseltate. *****

Ek stem saam met almal rondom 286gr , en ek se weer , ek hou van speel en eksperimenteer. Na ons nou weer alles bespreek het , Marius en ek , het ek nou finaal besluit om enige verdere toetse met 320gr & 325gr's te stop. Soos Desperatezulu se , spoed is maar net te laag , dan ook die druk wat hoog is , is net nie die moeite werd nie
Ek het al 270gr Speer getoets (net vir sommer) , 270gr Rhino's laat maak , 250gr Rhino , 286Rhino , 286 Swift , 286 Pro Amm , 286 Nosler Partition
en moet die volgende , net my opinie deel, beste akkuraatheid ondervind met 286gr Nosler. Omdat ek n Barnes man is en al my ander gewere ook skiet met Barnes , het ek besluit op 250gr TSX en dit is wat ek gebruik.
Nou die ou argement , met al die koeels hier bo (behalwe die Speer) kan enige van die groot wild gedood word met sukses( het nou al Buffel , 3x Elande , 3x Groot Koedoes , Kameel Perd , 5xBWB ens.) Ek wil nou maar net bietjie swaarder met die volgende Buffel en dit toets.
My seun (PH) gaan in elk geval die geweer by my moet oor vat een van die dae , dan hou ek net die ver skieter vir voorsit of bakkie jag , die ou lyf wil nie meer nie.

So asb manne , julle wat al die 300gr Rhino's getoets het , ek luister graag
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Pappabeer »

My 300gr Rhinos was te hard om teen die 9,3 se spoed oop te maak. Dit was die ronde neuse. Die Rhino 300gr Spitser is te lank om genoeg dop spasie te los, en as jy hom te lank uit seat pas hulle nie in n standaard A-graad Oberndorf Mauser se magasyn nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 9.3x62 Revolusie

Post by Smitstertjies »

Middag manne. Ek moet n 9.3 aan die skiet kry en die 2 poeiers tot my beskikking is S365 of N540. Dit is vir n 286gr Swift Aframe. Nou QL wys belowende resultate vir S365 asook N540 (ek sit die screenshots van QL by). My bekommernis is dat die enkele data op die draad wat ek raakloop oor S365 heeltemal verskil met QL se voorspellings. Ek dink spesifiek aan Nico Harris se lading baie vroeer in die draad. Ek weet die manne gebruik graag S355, maar om eerlik te wees gee S365 beter dopvulling teen nogsteeds matige druk en goeie spoed volgens QL.

Kyk ek iets mis?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Post Reply