Solar boorgat pomp

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Solar boorgat pomp

Post by tau »

Môre Manne

EK is dringend opsoek na twee pompe. Wil nie dieper as 40 m pomp nie. Sal twee grunfors pompe geniet, maar is vir tydelike weiding waar daar gate is, maar nie pompe nie. Wil dus die pompe na so 4 maande weer trek en skuif. Hopenlik kom reen dit dan het ek hulle nie meer nodig nie.

Wat stel julle voor? EK wil in Kaap koop en opsteur na Nam.

Dankie.
Last edited by tau on Wed Aug 10, 2016 2:07 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by kopskoot »

hoeveel water wil jy pomp?

L/uur
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Solar boorgat pomp

Post by Friedland »

Vir n temp DIY is die vinnigste seker maar watermax. Ek het 4 van hulle en 4 Grundfos. Grundfos is baie beter maar Watermax is goedkoper en makliker diensbaar vir DIY
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by tau »

kopskoot wrote:hoeveel water wil jy pomp?

L/uur
Dit is slegs vir skaap suipings so hoef nie mal te wees nie, maar my kennis van hoeveel liter per uur ek gaan nodig hê is beperk. Daar is nie damme by die gate nie!!!!
Friedland wrote:Vir n temp DIY is die vinnigste seker maar watermax. Ek het 4 van hulle en 4 Grundfos. Grundfos is baie beter maar Watermax is goedkoper en makliker diensbaar vir DIY
Baie dankie dit is waarheen ek mik. Ons het ook 'n Grundfors en ek besef hoe goed hulle is, maar die droogte en planne maak is nie meer so vreedsaam op die sak vir die boerdery nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Solar boorgat pomp

Post by Friedland »

Ken daai ene. By ons is dit baie droog so verdamping is rof. Ek werk op 10l per skaap per dag as jy die pomp size. 50l per bees vir groot bees. Bel Watermax in PE direk (google Allpower) hulle sal afhangende van die liter per dag jou adviseer op pomp size en panele.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by tau »

1000l /uur
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by tau »

Friedland wrote:Ken daai ene. By ons is dit baie droog so verdamping is rof. Ek werk op 10l per skaap per dag as jy die pomp size. 50l per bees vir groot bees. Bel Watermax in PE direk (google Allpower) hulle sal afhangende van die liter per dag jou adviseer op pomp size en panele.
Dankie ek het hulle gekontak.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
LDV
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Sun Jul 06, 2014 12:52 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by LDV »

Allpower.
Hul pompe hou heelgoed en hul hou parte an.
Jy kry daai cheapies wat baie goedkoper is ma hul hou nie en as hy breek hoor jy die fabriek is toe dan sit jy.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by tau »

Hier is ek weer, hiers ek weer.

Manne ek moet water diep uit sout/kal water gat pomp.

Grunfors is volgens my bure steeds die beste en hou in die swak gehalte water, teen die pad en naby re-settlement plase is die diefstal risiko te hoog vir so 'n duur stel.

Watermax se naam kom steeds sterk op by manne en dan die Indiese CRI pompe.

EK verstaan die CRI pomp is soos 'n klein mono pomp en gaan nie hou van droogloop nie, hoekom sal ek 'n pomp wil laat droog loop? Ons het in hoek van plaas reën gekry waar daar 2 ou gate is en geen pomp nie. EK wil so vinnig moontlik pompe daar op sit. Ek moet et eers iemand uitkry om gate te meet, toets en kyk of die lining nog veilig is om pomp in te sak.

SO my opsomming:

Grunfors:
- Uitstaande kwaliteit
- kan sout/kalk water hanteer
-kan diep pomp
-kan generator op hom koppel as water agter raak vir een of ander rede of meer diere op suipings.

Blykbaar sukkel sommiges met naverkoop diens en as hulle hom steel is dit baie groot skade.
Dink om een op gat in die middel van plaas te sit waar diefstal risiko kleiner is en water versprei kan word na meer as een punt uit dam.

Watermax:
- uitsekende diens
-Koste
-kan droog loop

Negatiewe:
kan net op sonpaneel loop
nie sterkste pomp nie
gaan hy in sout/kalk hou?

CRI
- waarde vir geld
-klein mono pomp
- goeie diens

Negatiewe:
-kan nie droog loop nie

Dan is daar manne
wat inverter op paneel sisteem inkoppel en gewone 220v tipe mono boorgat pomp gebruik wat heelwat goedkoper is as Sonpompe. So oorspronklike instilasie in duur, maar as pomp gaan is vervangings koste minder/.

Soos ek noem is ons sout/kalk vlakke in van die gate baie hoog en stainless en plastiek is al wat sal hou.

Die buurman glo net in Grunfors pompe want hulle oorleef die sout water. Hy is wel van die opinie dat Windpompe naby paaie en probleem areas wen vir diefstal voorkoming.

ENige extra informasie word waardeur.

Lekker Dag
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Solar boorgat pomp

Post by Nella »

Ek het al klomp van hulle ingesit...al die fabrikate.
Van Lorenz af regdeur.
Lang storie kort. ..daai Cri is bitter goeie waarde..
Van al die pompe wat ek al gedoen het hulle my by verre weg die beste diens gegee.
O ja...hulle kom met 'n "float level switch" wat jy saam hom in die gat sit...skakel hom af as water laag raak.
Nog 'n bonus is hy kom met 'n spaar "wurm", moes nou die dag 'n wurm op 'n Lorenz vervang...het meer gekos as 'n kompleet Cri instelasie
Just smile and wave boys >:D
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by tau »

Nella doen jy instalasies vir ander mense?

Baie dankie vir die info, no weet ek nog minder wat om te doen :)

Die diefstal ding en Grunfors pla my wel baie.

Bly om te hoog daar is switch op CRI, verskaffers by my baie gretig oor hulle goeie diens.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Solar boorgat pomp

Post by Nella »

tau wrote:Nella doen jy instalasies vir ander mense?

Jip...my inkomste draai maar hoofsaaklik rondom sonkrag/pomp stelsels.
Nog 'n ding wat ek vergeet het is dat op die cri het jy 'n "pot" wat jy kan draai om jou water lewering meer of minder te kan stel.
Moet dam ook noem dat 'n paar ander vervaardigers ook daai funksie het.
Werk baie lekker vir sement damme wat jou krippe voer...jy stel hom net totdat hy jou dam mooi konstant volhou.
Die "fls" sorg dat jou pomp nooit droog hardloop nie...en skakel hom ook weer aan sodra daar water is.
Het van hulle op 'n plaas anderkant alldays waar daar net syferwater is
Enigste pompie wat op daai 1700h plaas vir die wild water gee. Hulle reguleer hulself volgens die beskikbare water in die gat.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by tau »

Nella wrote:

Môre Nella

Baie dankie vir hierdie waardevolle info. Die manne wat CRI aan my voorgestel het het nie die funksie genoem nie, so dit is great nuus. Ons water is bitter swak en sout. Van die gate is nog vrek diep ook anderkant 100m. Ek wil uit gat in damme en tenk uitpomp en dan bietjie bees, maar meestal Springbokke, Gemsbokke, Kudu en Zebra's water gee. Die eind doel is om beeste van plaas te verwyder en net wild te los. DIt is maar bitter lae drakrag area.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Dawid S
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by Dawid S »

"CRI
- waarde vir geld
-klein mono pomp
- goeie diens "
Hou nie van die goed nie.
Buurvrou gebruik een en die rubber koppeling tussen die motor en wurm breek gereeld.

"Nog 'n bonus is hy kom met 'n spaar "wurm", moes nou die dag 'n wurm op 'n Lorenz vervang...het meer gekos as 'n kompleet Cri instelasie"

Ek sal eerder gaan vir die ALL POWER pompe.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Solar boorgat pomp

Post by Nella »

Tau hoe diep is jou water vlak in die gate wat jy wil toerus.
Moet sê daar is net drie verskillende pompe van cri wat ek gebruik.
Niks fout met all power se pompe nie...maar kan ook sê dat van hulle pompe is rebranded cri..
Maar OK , maak nie saak nie
Elke man het sy voorkeur en ek respekteer dit
Just smile and wave boys >:D
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by tau »

Nella wrote:Tau hoe diep is jou water vlak in die gate wat jy wil toerus.
Moet sê daar is net drie verskillende pompe van cri wat ek gebruik.
Niks fout met all power se pompe nie...maar kan ook sê dat van hulle pompe is rebranded cri..
Maar OK , maak nie saak nie
Elke man het sy voorkeur en ek respekteer dit
Nella ek is nie seker oor 2 gate nie, ek is in die proses om man te kry om gate te meet en of hulle skoon is. Ek sit 680km weg van die plaas. En 'n grenspos weg.

Die een gat het ek met spieel gekyk en dit is diep seker 100m+ ons kon water hoor met klippie. Soos genoem met droogte is die deel van die plaas nou vol gras en die gedeelte waar daar wel windpompe is het niks reën gekry nie. Die area is soos die Kraai vlieg 5.8 -9.9km van water af.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Solar boorgat pomp

Post by Nella »

Laat my weet as jy weet hoe diep is jou watervlak dan kan ek vir jou probeer van my kant af aanbevelings maak.
Ek pm vir jou my cell nr.
Groete
Just smile and wave boys >:D
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by tau »

Nella wrote: Fri Jul 19, 2019 8:31 am Laat my weet as jy weet hoe diep is jou watervlak dan kan ek vir jou probeer van my kant af aanbevelings maak.
Ek pm vir jou my cell nr.
Groete
EK het naweek gate gaan meet.
Gat 1 water is op 30 meter en gat meet 50m.
Gat 2 Water is op 19 meter en ek kon op 100m nog nie die bodem kry nie.

Ek wil wild suipings maak nie vee suipings nie. My grrotste probleem na die sout en kalk is diefstal. Grunfors kan nie eend by die hek in nie dan steel hulle hom :laugh: :laugh:

Baie raad reeds gekry en is vrek dankbaar, maar meer info is altyd beter en ek moet nog planne maak om sisteem diefstal afweerbaar te wees.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by tau »

Ek het nou die raad raak gelees

Vir ons is dit nou tyd om oor te skakel sonkrag toe, maar die sisteem is natuurlik kwesbaar vir diefstal. Alhoewel die verkoopsmanne sê dat die nuwe panele onbruikbaar vir meeste huishoudelike applikasies is, hoor ek tog van ten minste een boervrou wie se hele sisteem, insluitende die pomp, onlangs gesteel is. Wat maak mens? Ek dink dis redelik eenvoudig om die pomp te bekerm. Maak hom net met `n plaat toe wat met daardie moere vasdraai wat hulle op magrims gebruik. Maar die panele?

• Bou die panele in die middel van die dam op en ghries die paal? Het al gehoor dat dit nie werk nie.
• Bou die panele op `n baie hoë paal? Mooi, totdat ek self daaraan wil werk. En hoe hoër die paal, hoe makliker waai (of stoot) hy om.
• Sweis die panele in `n lekker swaar raamwerk vas? Kan dalk werk, maar miskien sal die dief die hele lot breek voor hy agterkom hy kan dit nie verwyder nie?
• `n SMS alarm? Indien daar `n netwerk op die pos is (in hierdie geval is daar), indien MTC betroubaar is (in hierdie geval is hulle nie) en indien mens altyd onthou om die airtime vol te hou is dit `n opsie. Dit werk gewoonlik net aan die begin en geen alarm wat ek ken nie is in staat om te laat weet as sy airtime laag word.
• Elektrifiseer die boonste leersport. Goeie plan, totdat ek myself daarmee vang.

Ken iemand dalk uit ervaring `n beter plan?

En dis ons oplossing:

Panele kan net gesteel word wanneer die dief hulle kan bereik.
• Dus installeer hulle hoog. Wanneer hy hulle nie kan bykom nie sal hy:
• probeer om op die raam te klim, dus draai ons `n paar lae lemmetjiesdraad om sy plan.
• probeer om die raam af te saag, gebruik dus dik pype en vul die onderste helfde met beton. `n Ystersaag en beton meng nie.
• probeer om die raam om te trek, plant dus die pale diep, betoneer hulle goed en sit `n spoorstaaf binne-in die pyp.
• `n leer gebruik. By die tyd hoop ek hy is so keelvol dat hy maar eerder sy eie panele gaan koop. Die panele is wel met "allen key counter-sunk" boute vasgetrek en met Evo Stick se "Sticks like sh*t" vasgegom. Al kom hy die panele by, hy sal hulle nie loskry nie sonder om hulle te breek.

Die pomp is natuurlik net so kwesbaar. Hier het ek sluitmoere vir "mag wheels" gebruik. Soortgelykes is by Cymot beskikbaar, in M12x1.5 en M12x1.25, in moer- of boutkonfigurasies. Dan het ons `n stewige stukkie pyp om hulle geswys sodat hulle nie met `n bobbejaan verwyder kan word nie. Die pyp in aan die plaat vasgeswys en kan nie gedraai word nie.

Hierdie is ons beste plan. Ek hoop die botsotsos het nie `n beter een nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
hierswolf
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by hierswolf »

My panelle was al 2 keer gesteel en die grunfos een keer. Ek was suur, maar nie so suur soos die ou in die omgewing wat 30 panele in een aand verloor het nie.

Ek en my bure het nou n nuwe taktiek en sover lyk dit of dit werk, touch wood. Hou die panelle uit sig uit. In my geval het ek my panele in n donga opgestel maar van die bure le die panele sommer plat op die grond, soms in sement. As jy nie baie voete het deur jou grond nie kan hierdie werk.

Vir die pomp het ek n ou geyserbad gevat, n gleef gesny waar ek die pyp deur kon gly tot in die middel, en hom beton gegooi. Dit en die pyp vol water is te swaar om met die hand op te tel.

Die probleem met n paal, tenminste in ons wereld, is dat jy jou panele adverteer vir n 5km radius. Hulle hoef hom ook nie te klim nie, en kan hom net af saag met n grinder, wat hulle al hier gedoen het. Dit mag dalk werk as jy n dik paal het en vol beton maak tot bo.

Hoogte werk ook nie altyd nie. So paar jaar terug het hulle n buurman sin gesteel van n lekker hoe paal af deur een van sy 4m heke af te haal en as n leer te gebruik. Dit sou hulle ook verby lemmetjies draad gekry het as daar was.
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Solar boorgat pomp

Post by B Five »

My water le so van 80 na 100 meter.
As jy bo op jou plastiek pyp so 2 lengtes staal pyp opsit, dan kan hulle maar los. Hulle sal hom nie met hand kan trek nie. Hy is net eenvoudig te swaar. Werk soos n bom.
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by blaser »

sal so n pomp uit n 100m gat kan pomp en dan nog 150 teen n built op
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by tau »

hierswolf wrote: Mon Feb 17, 2020 6:57 pm My panelle was al 2 keer gesteel en die grunfos een keer. Ek was suur, maar nie so suur soos die ou in die omgewing wat 30 panele in een aand verloor het nie.

Ek en my bure het nou n nuwe taktiek en sover lyk dit of dit werk, touch wood. Hou die panelle uit sig uit. In my geval het ek my panele in n donga opgestel maar van die bure le die panele sommer plat op die grond, soms in sement. As jy nie baie voete het deur jou grond nie kan hierdie werk.

Vir die pomp het ek n ou geyserbad gevat, n gleef gesny waar ek die pyp deur kon gly tot in die middel, en hom beton gegooi. Dit en die pyp vol water is te swaar om met die hand op te tel.

Die probleem met n paal, tenminste in ons wereld, is dat jy jou panele adverteer vir n 5km radius. Hulle hoef hom ook nie te klim nie, en kan hom net af saag met n grinder, wat hulle al hier gedoen het. Dit mag dalk werk as jy n dik paal het en vol beton maak tot bo.

Hoogte werk ook nie altyd nie. So paar jaar terug het hulle n buurman sin gesteel van n lekker hoe paal af deur een van sy 4m heke af te haal en as n leer te gebruik. Dit sou hulle ook verby lemmetjies draad gekry het as daar was.
Ek huil my dood as hulle so baie moet steel.

Ek het vanag planne gemaak en dinge gebou in my kop, ek het vanoggend eintlik arc eys van al die sweis!!!

Ons probleem is dat die wêreld of berg of plat is, my boorgate is in die vlak se hulle staan uit. Daar is reeds windpomp torings by die gate en ou damme. EK dink die pyp met concrete in gaan hulle die meest moeilikheid gee. 'n Hek as leer!!! dan sal ek die paneel moet vas bou in angle yster frame.
B Five wrote: Mon Feb 17, 2020 10:39 pm My water le so van 80 na 100 meter.
As jy bo op jou plastiek pyp so 2 lengtes staal pyp opsit, dan kan hulle maar los. Hulle sal hom nie met hand kan trek nie. Hy is net eenvoudig te swaar. Werk soos n bom.
Louis het vir my dieselfde raad gegee. Dink dit is 'n wenner. Koppel jy dan die plastiek pyp onder aan die "windpomp" pyp met 'n nippel? My probleem is mos sout en kalk en dus die rede dat windpomp pype nie hou nie.

Dankie manne vir al die raad. EK besef al hulle wil sal hulle kan steel, maar hulle moet sukkel en hopenlik 'n kamera raak ry wat hulle afneem in hulle sukkel.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Dawid S
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by Dawid S »

Manne ek het baie panele gehad.
Twee 38Kw stelsels.
Hulle het na sowat 'n jaar en 'n half begin steel. 4 keer in twee weke. 23 X 300w panele , 4 panele met pomp, en nog 'n pomp. Vas weld het nie gehelp nie.
Ons het gereageer op 'n wild kamera wat half een die oggendvir my 'n foto gestuur het. Baie "ROOK" het hulle weg gehou vir 'n jaar en half. Toe ons weer reageer op alarm was dit weer stil. Hulle kon 2 weg kry.
Wat help is as jy reageer op 'n alarm. Ek het 7 beweging sensors en 'n elektriese draad gekoppel op 'n alarm stelsel wat my SMS en ek word snags gebel as die alarm af gaan. Ons het die panele om soom met lipkanaal en die is aan die raam gesweis. Dit hou hulle besig sodat jy kan jaag na die panele. As daar nie 'n alarm gekoppel is nie het hulle heeldag tyd om af te breek. As hulle dit nie las kry nie breek hulle die panele. Ons panele is gedra vir 12Km. Op vorige plaas is twee volledige 4 paneel stelsels met pomp van die windpomp toring gesteel. Gooi 'n olie drom vol sement bo op die pomp om die pomp te beskerm. Jy kan dit altyd met 'n trekker af lig.
Dit die moeite werd nie. Die STRESS is net teveel.
Plaas verkoop.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Solar boorgat pomp

Post by tau »

Dawid S wrote: Tue Feb 18, 2020 1:54 pm Manne ek het baie panele gehad.
Twee 38Kw stelsels.
Hulle het na sowat 'n jaar en 'n half begin steel. 4 keer in twee weke. 23 X 300w panele , 4 panele met pomp, en nog 'n pomp. Vas weld het nie gehelp nie.
Ons het gereageer op 'n wild kamera wat half een die oggendvir my 'n foto gestuur het. Baie "ROOK" het hulle weg gehou vir 'n jaar en half. Toe ons weer reageer op alarm was dit weer stil. Hulle kon 2 weg kry.
Wat help is as jy reageer op 'n alarm. Ek het 7 beweging sensors en 'n elektriese draad gekoppel op 'n alarm stelsel wat my SMS en ek word snags gebel as die alarm af gaan. Ons het die panele om soom met lipkanaal en die is aan die raam gesweis. Dit hou hulle besig sodat jy kan jaag na die panele. As daar nie 'n alarm gekoppel is nie het hulle heeldag tyd om af te breek. As hulle dit nie las kry nie breek hulle die panele. Ons panele is gedra vir 12Km. Op vorige plaas is twee volledige 4 paneel stelsels met pomp van die windpomp toring gesteel. Gooi 'n olie drom vol sement bo op die pomp om die pomp te beskerm. Jy kan dit altyd met 'n trekker af lig.
Dit die moeite werd nie. Die STRESS is net teveel.
Plaas verkoop.
Ag nee man Dawid. Dit is vreeslik. My probleem is ek gaan so min op die plaas kom en daar is nie iemand naby wat kan "spoed opvolg " doen op alarm nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply