Naute dam buite Keetmanshoop

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Naute dam buite Keetmanshoop

Post by Lourens Potgieter »

More manne....voel vreemd om hengelvraag hier te vra, en nie op ons hengelforums nie...die dam is in Namibië en daar is bykans geen inligting beskikbaar nie. Daar is groot hengel toere wat oppad is soontoe, so dit gaan nie net oor aas nie, maar hoe die dam se bodem lyk. Mens wil darem nou nie op dag een van 'n week al jou lyn in die water los nie. Sal waardeer as iemand enige inligting het, of dalk kontak het met manne wat wel die dam hengel.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Naute dam buite Keetmanshoop

Post by FHM »

Deeg, probeer die vereniging:NAMIBIAN FEDERATION FOR FRESH WATER ANGLING
Tel: +264 81 206 3435
Email: president@namffa.com
https://namffa.com/
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Naute dam buite Keetmanshoop

Post by Krobb »

Deeg
Ek het jou ge pm met n vriend van my se no. Hy ken die gate daar
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 671
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Naute dam buite Keetmanshoop

Post by Nico de Jager »

Stefan Fourie kom in.....Stefan kom in....!
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Naute dam buite Keetmanshoop

Post by Stefan Fourie »

Lourens, Naute is naby my tuisdorp, waarmee kan ek help?
Kan al vir jou sê dat die grootste gedeelte van die hengel areas se bodem meestal modder en sanderig is, die rotsagtige areas is maar min. "Bootbaai" waar die meeste hengel kompetisies gehou word se bodem het bietjie platklip, net genoeg om jou soms te laat vas sit, maar te min om te sê dis rotsagtig. Karp en baber is volop, onderbek en kurpers byt ook. Gegeurde floaties werk mooi saam met deeg en die meeste geure.
Daar is nie ingerigde kampplekke nie, maar as jy genoeg water saamry dan kamp jy lekker daar, jy kan met 'n sedan tot daar ry. Daar is een plek, die duin, waar jy 4x4 nodig het, maar die spasie vir kamp/hengel word ongelukkig ingeneem deur riete, jy gaan nie meer 'n groot groep mense daar akkommodeer nie.
En Naute is net 100km van die Visrivier Canyons af..
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Naute dam buite Keetmanshoop

Post by Lourens Potgieter »

Stefan, dis vir SAVOHV(SA oewerhengel) se toer na Namibië. Sal spanne wees wat kompeteer, maar daar is geen info nie. Ek verstaan julle kan nie regtig help nie, die manne gaan onder andere teen Namibië se spanne ook hengel, en mens ondersteun darem jou eie mense. Jou info help baie, gee darem die manne idee van gerei(jy kan net soveel saamvat), hulle sal hulle self uitsorteer.

Dankie waardeer.
Post Reply