Keuse van SD ammo

User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Keuse van SD ammo

Post by Jaco vdW »

Ek wil graag julle gedagtes hoor rakende SD ammunisie.

Vir die doel van die gesprek wil ek spesifiek die gewig van die punte, asook die ladings bespreek.

Om die speelveld bietjie kleiner te maak, kom ons kies 9mm Parabullum, en Winchester Ranger ammo. Tans is daar 127gr +P+ en 147gr beskikbaar. Prys is gelyk.

Bied die een 'n beduidende voordeel bo die ander?
Is een beter vir 'n wapen met 'n lang / kort loop?
Gestel ons kies 'n Glock as wapen, sou daar verskillende keuse van ammo wees vir die G19 met sy 102mm loop, vs die G43 met sy 86mm loop. (Die 16mm klink my na hare kloof, hoe groot is die effek?)
Hoe sal dit die terugskop / hanteerbaarheid beïnvloed? (Ligter punt, warm lading vs swaar punt, std lading)

Ek sien uit na julle insette!

Sent from my ALE-L21 using Tapatalk
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Keuse van SD ammo

Post by Swede »

Enige van die twee Rangers sal perfek wees!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Ratel »

Ek sien die slim mense verkies 'n swaarder koeel uit 'n kort loop.
https://thefiringline.com/forums/showth ... p?t=456735
Dit maak sin dat 'n swaarder koeel meer momentum het en dalk beter sal penetreer.

My mening is dat die gewig my nie so baie sal pla nie maar eerder die betroubaarheid van die ammunisie in jou wapen. Rangers is beslis 'n goeie keuse. Vir dieselfde prys sal ek die 147gr vat vir G19 en G43, maar altwee sal werk.
Maak 'n verskil
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Supacow »

Ek dink ook nie +P is so goeie idee in so klein wapen soos die 43
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Harambe »

Hierdie ou het daardie einste vraag gevra:
https://www.youtube.com/watch?v=6UP7p3fxgzE
Of so iets
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Jaco vdW »

Dankie, n paar goeie idees sover.

Ek is ook van mening dat die effe swaarder punt met standaard lading minder gaan skop veral in die G43. Die laer lading se ontbranding sal ook meer volledig wees in die korter loop.

Die swaarder punt teen laer snelheid sal sekerlik ook stadigger vervorm, so beter penetrasie tot gevolg hê.

Sal vannaand die video gaan kyk...

Sent from my ALE-L21 using Tapatalk
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Jurgen Visser »

Jy kan kyk na Hornady se critical Duty ammo in 135 gr , ek gebruik dit as carry amo , werk baie lekker in my BHP , weet nie van die glock nie
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 561
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Dumbluck »

Ek dink nie enige van die groot name gaan "slegte" SD ammunisie maak nie. Ek sal nogsteeds die koeël gaan skiet en seker maak oor akkuraatheid.

Dis nou nie carry ammo nie maar my Glock 19 G4 hou niks van Sellier Belllot standaard 50pak ammunisie nie. Op 10 meter skiet hy 'n A4 bont terwyl ek met standaard PMP hulle almal om 'n kol kan sit. So elke pistool het ook ma sy favourite.

Ek dra Hornady Critical Defense 115gr, hulle groepeer ook so mooi soos die PMP's maar wil die swaarder critical duty 'n slag probeer.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by OosKaapJagter »

Ek hou nogal van Paul Harrell se Youtube videos.

Dit wil voorkom asof die keuse van fabrikaat tot fabrikaat verskil.

As algemene reël maak die vinniger ligter holpunte meer effektief oop vir 'n groter wondkanaal. Die swaarder en dus stadiger koeëlpunte penetreer beter maar is dikwels geneig om nie oop te maak nie en kan selfs oorpenetreer.

Koop 'n pakkie van albei. Kyk wat maak hulle wat betroubaarheid en akkuraatheid betref. As jy 'n skoot in 'n drom water inskiet sien jy sommer wat maak die projektiele ook.

Gaan kyk gerus na Paul Harrell se videos. Hy toets die goed prakties en laat jou self sien wat maak die projektiele. Dikwels is hy nie te beïndruk met veral van die duurste ammunisie wat met groot aansprake en bemarking verkwansel word nie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Ds J »

Enkele van die bekende instrukteurs en sportskuts sê dat 'n swaarder koeël minder terugskop laat voel. Dit is omdat die swaarder koeël stadiger trek en die glystuk stadiger beweeg.
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Kaalvoetthysie »

Soos Jaco hier bo ook genoem het is die ontbranding 'n groot deel daarvan. Die slim manne sê die ligter punt (vinniger) verlaat die kort loop te vinnig vir al die kruit om te ontbrand en dan is die koeël oneffektief. Die swaarder (stadiger) punt gee genoeg tyd vir die kruit om te ontbrand en werk dus effektief.

Die ouens kla noggal oor die +p+ se terugskop, selfs op vol groote pistole, so ek dink dit gaan glad nie aangenaam wees in 'n G43 of Shield nie.

Ek weeg ook remington se ultimate defence 147gr kom uit in "full size handgun" en "sub-compact handgun" of so iets. Ek het nog nie navorsing gedoen oor wat die verskil is tussen die twee nie.

Sent from my F8331 using Tapatalk
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Ratel »

Ds J wrote:Enkele van die bekende instrukteurs en sportskuts sê dat 'n swaarder koeël minder terugskop laat voel. Dit is omdat die swaarder koeël stadiger trek en die glystuk stadiger beweeg.
Ek het altyd 180gr in my 40S&W geskiet en toe gelees dat die 180gr eintlik vir die 10mm ontwerp was en nadelig is vir die 40SW se sluitstuk op die lang duur. Ek skiet nou 165gr.
Maak 'n verskil
User avatar
Piet375
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Sat Jul 27, 2019 8:02 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Piet375 »

Die 127gr +p+ is spesafiek ontwerp vir die NYPD om te voldoen an hulle specs geskiet teword uit 'n glock 17. Hy is baie hard en maak nie maklik oop in korter pistoole nie. Baie hoe druk rondte.
Use enough gun.....
22 Krico
223 Stag arms
243 AI Howa
7x57 Mauser
303 BSA
308 Remington 700
300 Win mag Howa
375 Ruger m77 African
12g Berreta A400
9mm H&K p30
9mm Colt 1911 commander
40 S&W M&P
357 S&W
44 Ruger
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Aceofspades »

Piet375 wrote:Die 127gr +p+ is spesafiek ontwerp vir die NYPD om te voldoen an hulle specs geskiet teword uit 'n glock 17. Hy is baie hard en maak nie maklik oop in korter pistoole nie. Baie hoe druk rondte.
Is jy seker?

Ek weet van die gekanseleerde '95 Q load kontrak en dan het hulle nou al vir 'n geruime tyd 124gr Gold Dots gebruik. In 2018 is daar weer 'n 5 jaar kontrak uitgegee vir Speer vir 124gr +P Gold Dot Duty.



Kriek
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Capt. Yoda »

Bq Ranger History


Will just keep this one the subject of the Ranger hand gun ammo and not address the shotgun and rifle Ranger products.

The Ranger is a whole product line of what Winchester wants to be a LE only loads. Winchester does actively try to keep this ammo to LE and has fired many Distributors that do not restrict the sale of this product line.

Starting at the beginning with the SXT load. It was repackaged Black Talons in a white 20 round box. The bullet was black lubalux with a nickle case. Product numbers often were RA#SXN and RA#SXT depending on when the ammo was made.

Some time around 1996 they did a spec change and the Ranger SXT graduated to a fifty round box. Most had the black lubalux with a brass case. There was also variants that had no lubalux and a nickle case but they are rare and in the hands of collectors. Product numbers RA#SXT

In 1998 the Ranger T-Series started faze in and the SXT was discontinued. It was a total redesign of the SXT so the product number changed. Winchester created a lot of confusion because they still put SXT on the box since the T is a SXT. Product number RA#T

2002 Winchester started production of a higher end Ranger hand gun load. Due to pricing this never really caught on and the Ranger Partition Gold stopped production in 2004. Product number RA#P

In 2004 the Ranger Bonded hit the streets. Since then it has had three generations. The product numbers are all the same. Visually you can see the generations. The first two looked like a run of the mill jhp. The first had a very shallow hp. The second was a noticeably deeper hp. The third looks like a SXT. Product numbers RA#B

The third generation is also available for regular commercial sales under the name of Supreme Elite PDX1.

2008 There was a spec change to the Ranger T-Series. The product number remained the same. Visually the most notable thing is they finally stopped putting SXT on the box.

I will not list everything but as a example I will show some of the other loads.


Ranger products the end in jhp are just standard jhp.
RA9JHP is a 9mm 115gr jhp
RA9JHP+ is a 9mm 115gr +P+ load

Products that end with fmj are just that, fmj
RA9147FMJ is a 9mm 147gr encapsulated fmj
RA9124N is a 9mm 124gr fmj NATO Spec

Products that end in SF are frangible loads.
RA9SF is a 9mm 100gr frangible

Products that end in B are a Bonded load
RA9B is a 147gr bonded jhp
RA9BA is a 124gr +P bonded jhp
RA40B is a 40 cal 80gr jhp
RA40BA is a 40 cal 165gr jhp
RA45GB is a new product 45 230 gr GAP Bonded jhp

Products that end in T are a T-Series round
RA9T is a 9mm 147gr
RA9TA is a 9mm 127gr +P+
RA9124TP is a 9mm 124gr +P

You can also find any Ranger load with a Q and four digit number instead of RA. This is Government contract loads so the spec may be different than the RA loads.
Q4368 is a new load 40 cal 135gr jhp

Z ammo is a catch all. It may be contract over runs, left overs, or cosmetic rejects. Right now there is a lot of first and second generation bonded and first generation Ranger T-Series available under the under the Z ammo.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Aceofspades »

Thanks Cappie

Die ding is, meeste ammunisie vervaardigers ontwerp eerder om die FBI standaard as vir 'n spesifieke instansie. Behalwe vir die weermagte en dan die FBI.

Kriek
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by savage(P Coetzer) »

Ek dra die 127gr rangers. Het een aand n bosvark beer op 6m geskiet en daai rangers het presies gelyk soos op die advertensie. Albei het deur die borskas gegaan en onder die vel gestop. Sal hulle vol vertroue aanbeveel.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Capt. Yoda »

Die rangers werk baie mooi op "sagte" vleis en soos ek verstaan ook glas en selfs iets soos n kar deur, ek het al bitter baie diere verlos met hulle en n paar koels herwin wat presies lyk soos op die internet as die ouens hulle in gel in skiet maar as hy een probleem het veral in korter lope is dit laat hy maklik plug met swaar klere...dink overalls en n baadjie. Die 147s is ook taamlik lank so maak maar seker hulle voer mooi in jou wapen, die 147s is te lank vir my pistole maar ek het nog nooit n probleem met die 127s gehad in n wapen nie, ek sal nie om gee om Federal se 124gr HST te probeer as ek n paar pakkies erens kan kry en as dit dam beskostigbaar nie maar tot dan is dit maar die rangers. My 357 is vol Gold dots en dit is net so bitter netjiese koel wat ek met gemak in n pistool sal dra maar die tyd toe ek SD ammo gesoek het was daar basies net Rangers en ook net Rangers wat jy genoeg van kon koop om darem n klomp deur jou pistool te skiet en nog n pak of so in die kluis oor te he.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Aceofspades »

Nou dat jy die 147gr'e noem.

Iets wat baie mense nie aan dink nie is dat nie alle 9mm lope 1:10" twist is nie. Ouer Sig en Ruger is 1:16" en dan is daar ander wat tot 1:18" gegaan. Die nuwer 9's kom meerendeels uit met 1:10" lope. So, met die lang holpunt is die swaarder SD koëels ook nie altyd die beste opsie nie. Hulle kan maklik begin tuimel as jy vleisies tref en nog nie ordentlik begin oopmaak het nie of as hy bietjie verstop geraak het.

Kriek
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Harambe »

Vir 'n korter loop sou ek eerder 'n swaarder rondte verkies want daar is minder kruit agter en dus sal dit beter verbrand. 'n Merske groot vlam voor by die loop uit help niks. Maar aan die anderkant is 127gr seker die beste uit 'n langer loop want dis die een wat die meeste energie dra. ek het gou vinnig op Google gaan kyk en hier rondom 124gr tot 127 kry jy die hardste impak vergeleke met die 115gr en 147gr.
Of so iets
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Wouter Roets »

Boys

Net iets om oor te dink. Ek is gladnie n boffin as dit kom by handwapen laai nie, maar ek is seker unversieele herlaaipraktyke sal ook hier van toepassing wees. Met ligte koeels word vinniger verbrandende poeier gebruik en met swaarder koeels stadiger verbrandende kruit. Langer lope is meer voordelig vir stadiger verbrandende kruit. So logies gesproke sal ligter koeels in my opinie meer gepas wees vir korter lope. Verder is recoil direk gekoppel aan die energie van die rondte wat maar net n funksie is van die massa van die koeel en die spoed waarmee hy gelanseer word. Al is drukvlakke in die een rondte hoer as in die ander sal die energievlakke nog steeds die bepalende faktor wees met recoil.

Ek het n klomp van Hornady se 135gr gekoop en is baie beindruk met wat ek tot dusver met hulle beleef het. Betroubaarheid is tops in 4 pistole wat ek hulle in gevoer het sowel as akkuraadheid. In twee van die 4 pistole het ek voer probleme ervaar met die 115gr Rangers. Die inligting op die net oor hulle in die terminale fase is ook baie goed so vir eers is my soeke na die idiale SD amminusie verby.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Capt. Yoda »

Wout ek het nie n clue nie maar ek vertou jy sal weet, ek koop die goed maar kla gerol
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Arnold »

Wouter, as jy so bietjie met die sportskut manne gesels sal hulle jou ook vertel dat recoil op die swaarder koeels minder is vir dieselfde energie as 'n ligte koeel. Dit het te doen met die spoed waarteen die sluitstuk terugkom wat proportioneel is aan die koeel se spoed.

Nou die ouens wat regtig goed is wil nie die swaar vir kaliber koeels skiet nie want hulle se die sluitstuk se siklus is dan te stadig en hulle moet wag om die volgende skoot te skiet ... ek is nog baie ver van daardie vlak maar kan saamstem dat die swaarder koeels makliker skiet teen dieselfde energie en daarom word swaarder koeels gewoonlik vir kortloop pistole aanbeveel.

Hierdie was vir my 'n baie interessante ondervinding toe ek jare terug self so bietjie pistool geskiet het en die grysbaarde aanbeveel het dat ek swaarder koeels skiet vir minder recoil.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Ds J »

Wouter Roets wrote:Met ligte koeels word vinniger verbrandende poeier gebruik en met swaarder koeels stadiger verbrandende kruit. Langer lope is meer voordelig vir stadiger verbrandende kruit. So logies gesproke sal ligter koeels in my opinie meer gepas wees vir korter lope. Verder is recoil direk gekoppel aan die energie van die rondte wat maar net n funksie is van die massa van die koeel en die spoed waarmee hy gelanseer word. Al is drukvlakke in die een rondte hoer as in die ander sal die energievlakke nog steeds die bepalende faktor wees met recoil.
Wouter, die keuse van swaarder koe"els in handwapens het met die kort looplengte te doen, en ook met die terugskop van die handwapen. Ek verstaan nie die wiskunde agter die redenasie nie - dit gaan ongeveer daaroor dat n geweerloop baie langer is, en daarom kan n mens baie meer energie opbou met die beskikbare hoeveelheid kruit. By n handwapen se kort loop is die koee"l en kruit uitgeblaas voordat daar n behoorlike lang en stadige drukkurwe kan opbou. Kruitverbranding in n lang loop ( geweer) is blykbaar baie meer presies as in n kort loop.

Dit gaan ook daaroor dat n swaarder koee"l meer energie, slaankrag en penetrasie het. Dit mag dalk net n bietjie wees, maar daardie bietjie help dalk.

Dit is werklik so dat die terugskop van n swaarder koee"l heelwat stadiger voel as die van n ligter koeel, veral as n mens met warmer ammunisie skiet. Die ervare skuts se^ dat hulle vinniger opvolgende skote kan skiet met swaarder koee"ls.

Die laaste ding om in gedagte te hou is dat skootplasing in n SV-situasie baie kritieser is as met n langgeweer tydens n jagtog. Handwapens het nie werklik slaankrag nie - ten minste nie wanneer dit met langgewere vergelyk word nie. Dit is dus soveel belangriker om die kritiese teikenareas (heupe, hart, kop) raak te skiet.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Keuse van SD ammo

Post by Wouter Roets »

Dankie Manne

Daar leer ek ook nou iets wat heeltemal teen die teorie van interne balisties indruis. Ek het nie die pistool se sluitmeganisme en die uitwerking daarvan op recoil in ag geneem nie.

Groetnis
Wouter
Post Reply