Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Groot Rooikatte is al 'n topic.Kom ons kyk watse size Jakkies is daar buite.
Het hierdie wa in 'n hok gevang wat naby die pad gestel was,eintlik vir die kat.
Hy het wel bietjie kos gekry,sy maters se leftovers.Het die lammetjies wat opgetel word wat gevang is vir hom gevoer.
Last edited by Arno on Thu Jan 22, 2009 6:22 pm, edited 1 time in total.
Arno
jou voorste "img" word in hoofletters gedruk en jou laaste in kleinletters. Dit is hoekom jou fotos nie uitkom nie. Jy kan net die een adres vir forums bulletin boards gebruik.
Groete
Hein
Ek pos 'n foto namens Greyhound. Wat skat julle hierdie jakkals se gewig?
Dit is nou nie 'n vasvrae wedstryd nie, maar hy sal graag julle skatting wil hoor.
Greyhound op foto
Last edited by Ja3 on Fri Sep 04, 2009 1:23 pm, edited 1 time in total.
YES JA3
LAAS WAT EK GEMEET HET 1,74 M. EK HET VOOR LAASWEEK TWEE TEWE GELAAI OP EEN AAND VAN 10.5KG ELK. HULLE HET NIE NAASTENBY DIE LENGTE VAN DIE KNAAP GEHAAD NIE.
OOK MOOI EEN. DIT IS MOEILIK OM TE SKAT, HET AL JAKKIES GEKRY WAT GROOT LYK AS HY INKOM EN IS HOOG OP DIE BENE MAAR AS JY HOM WEEG DAN KAN JY AMPER NIE GLO DAT HY SO MIN WEEG 8-9 KG. WAT EK WEL AL GESIEN HET IS DIE OU MANNETJIES SE NEKKE BEGIN DIK RAAK EN SY BORSKAS DIEPER IS DAN TREK HY DIE SKAAL SO BIETJIE EKSTRA. JA3 JOU AMPER NIE ERKEN OP FOTO. O JA DIE ANDER DAG DA TUSSEN GROOTVLEI EN VILLIERS GEJAG BY N OU OOM, HY VERTEL DAT DIE GROOSTE JAKKALS DA JARE TERUG GEVANG IS WAT 28 POND GEWEEG HET DIS 12.72KG EN HULLE SPOOK AL JARE MET HULLE. MAAR SOOS DIE VISSER MANNE KRY JY ALTYD DIE GEVAL VAN DIE GROOTSTES WAT WEGGEKOM HET. DEESDAE VAT EK MAAR ALTYD MY SKAAL SAAM DAN WONDER EK NIE.
GREYHOUND wrote:MAAR SOOS DIE VISSER MANNE KRY JY ALTYD DIE GEVAL VAN DIE GROOTSTES WAT WEGGEKOM HET. DEESDAE VAT EK MAAR ALTYD MY SKAAL SAAM DAN WONDER EK NIE.
Pragtig. Great. Hoekom vat almal nie soos jy 'n klein skaaltjie (melkskaaltjie) saam veld toe en weeg die karkasse nie?
Terloops, selfs 'n badkamerskaal sal doen om te weeg. Sorga dat dit net op 'n stewige oppervlak soos bakkie se bak staan om te weeg. [Mens plus rooijakkals (of rooikat)] minus [mens alleen] = dier kg.
Ambessa wrote:
Terloops, selfs 'n badkamerskaal sal doen om te weeg. Sorga dat dit net op 'n stewige oppervlak soos bakkie se bak staan om te weeg. [Mens plus rooijakkals (of rooikat)] minus [mens alleen] = dier kg.
As ek so waarneem sal dit 'n baie stewige badkamerskale moet wees wat redelik massa kan hanteer! Kry 'n mens sulke sterk badkamerskale?
...dink jy ons moet nou na heavy duty skale of kooperasieskale beweeg? Is dit nou meer vir die "mens" as die dier bedoel? Nie geweet diere raak so groot nie? Lekeer dik gevreet aan die baie shieps
...nie eintlik nie. Ek meen, as 'n man moet weeg moet hy weeg en dan moet die toerusting reg wees en werk. Onthou, as 'n kooperasieskaal nie werk nie kan 'n mens altyd oorweeg om op te gradeer na block and tackle. Maar weeg moet die diertjies geweeg word. Hoe ander sal ons weet hoe groot is hulle? Daar was 'n voorstel dat hulle gemeet word maar dit is klaarblyklik ook geweeg en deur almal te lig bevind? Weet nog van niemand wat gemeet het nie. Het in elk geval nog niks data gekry nie...
As ek so na die stories luister dink ek dit is tyd om die 243 weg te pak en die 505 gibs uit te haal, hierdie Jakkalse raak nou baaaaie groot en swaar...