Vleis Confit

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
Methos
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Vleis Confit

Post by Methos » Wed Oct 30, 2019 11:38 am

Hi

Ek het gedink ek sal 'n baie bekende Franse resep met julle deel en dit ook aanpas vir Suid Afrikaanse winkels.

Die proses kan basies met enige vleis gedoen word. Die bekenste in Frankryk is met eend of gans maar omdat dit maar taamlik skaars is in SA sal ons die resep met hoender doen.

Wat is Confit? Dis om te konfyt - om kos te preserveer in of suiker, olie, sout, asyn etc. In hierdie geval VET!!! Baie lekker vir die Keto ouens.

Tradisioneel word die confit gemaak met 'Canard gras' Vet eend. Dis die eende wat gevoer word vir foie gras (vet lewer). Dit is 'n kontroversiele tradiesie om eende te force feed met mielies tot hulle so vet word dat hulle lewer amper 'n derde van hulle gewig uitmaak. Die voël word dan geslag en die lewer word gepreserveer. Dit is heerlik!
Die dye word dan verkoop vir spotgoedkoop elke jaar begin Desember, wanneeer meeste van die diere geslag word voor Kersfees. Dan koop ek gewoonlik so 20 tot 30 bene vir so €2 per kilo en vries helfte en maak ander helfte.

Gewoonlik word die vleis in eend of gans vet gekook. Maar eend vet is vrek duur in SA. So 'n helfte helfte mengsel van olyf olie en Canola olie kan ook gebruik word.

Hier is wat jy nodig het:

8 tot 10 Hoender boud en dye aan mekaar vas.
Eend vet of Olyf\Canola Olie - genoeg om die hoender te bedek.
2 tot 3 eetlepels sout.
1 eetlepel swart peper
paar takkies tiemie en roosmaryn
1 dun gesnyde ui
paar loulier blare
paar heel pepper korrels
paar heel knoffel huisies

Vat jou sout en peper en en meng mooi. Vryf die hoender daarmee en sit die hoender mooi styf teenmekaar in 'n bak met die sout wat oorbly en die ander lekker ruik goed. Sit onder in die yskas vir 24 uur.
Haal hoender uit en spoel mooi af en maak droog.
Hou die lekker ruik goed uit en begin die olie of vet warm maak. Die olie moet so hier tussen 88 en 97 grade wees. Nooit warmer nie. Ons maak Confit - nie KFC nie.

Laat die hoender so aanloop vir so 4 tot 5 ure. Al die water word uit die hoender gekook en word vervang deur die olie.

Mens kan dit ook in 'n slow cooker doen. Laag vir 4 ure en hoog vir 2 ure.

As klaar sit die hitte af en laat die olie en hoender afkoel - nie heeltemal nie net so dat dit nie meer brand nie. Ek vat gewoonlik 'n lekker groot fles en met 'n tang, vis ek die hoender bene SAGGIES uit en laat sak hulle in die fles. Ek sit dan weer takkies roosmaryn en tiemie tussen in en dan gooi ek die olie of eendvet oor dit. Met olie kan jy die hoender vir 'n week so hou. Met eendvet, het ek al myne vir 3 maande in yskas gehou - Al die vleis is bedek deur die vet. Hoe langer hy staan hoe beter word hy. (Maar obviously ook nie vir jare nie). Jy kan dit onmiddelik ook gebruik.

Hoe om dan jou hoender voor te berei...
Haal hoender uit yskas, as jou olie bietjie gestol het om die hoender sit dit fles vir 'n rukkie in warm water. Vis nou weer die hoender uit en sit velkant ondertoe neer in pan. Gooi klompie van die olie by. Sit op höe hitte en laat die velletjie lekker crispy word. Draai om en sit in voor verhitte oond tot deurwarm en EET!

Loop baie lekker met 'n bitterigge tipe slaai, soos mache en rocket. 'n Lekker wyntjie daarby loop baie mooi. Jy kan dit in winter saam met gebraaide aartappls eet of in somer saam met slaai. As jy aartapplels braai - braai hulle in jou hoender olie. Jy sal nie spyt wees nie.

Of jy kan dit vlok en op warm brood eet saam met gerkins of goed soos tacos daarvan maak.

Hierdie proses kan ook gebruik word vir dinge soos skaap of wildskenkels, of enige tipe harde vleis soos brisket bv wat kan doen met 'n lang kook.

Geniet en laat my asb weet as julle dit probeer of julle nog sal belangstel in ander tipe tradisionele resepte.

Post Reply

Return to “Vleis verwerking /beroking van vleis”